Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Let op wat tans in Suid-Afrika aan die gang is - daar word nie meer op grond van die Skrif regeer nie, maar aan die hand van wetgewing wat aan die hand van die Handves van Menseregte getoets word.   In praktyk kom dit daarop neer dat daar nie deur wette nie, maar deur sogenaamde regte regeer word!   Die Hooggeregshof het byvoorbeeld die reg om alle bestaande wetgewing aan die hand van die Handves van Menseregte te toets en selfs nietig te verklaar indien dit die regte van ’n individu skaad. Kan so 'n land nog op God se hulp steun?

DIE WIT HORISON (5)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.

KERSDAG EN 'N ROSSROB

Kort voor Kersdag was drie maal se vassit in die ys op een dag iets doodgewoons. Wanneer ons die water gekloof het, was ons bang ons sou te gou aan die einde van die reis kom, waar ons afskeid sou moet neem van die aangename geselskap van die twaalf waarnemers . . . Wanneer ons vasgesit het en die ander kom oor jou skouer loer om te sien wat jy doen, het hierdie ergerlike huislike toneeltjie jou vir oop water laat bid om die stilte en die onbelemmerdheid van Antarktika te kan geniet en te gebruik.

Dan ploeg die boeg weer lustig deur die jong ys en keer die ysblokke soos sooie op ’n saailand om. Die "vordering” was meesal noordwaarts met ’n westelike boog in ’n poging om 6m deur ondeurdringbare yslae, wat die direkte weg na die suide versper, te kom. Ons het na 12 grade wes gemik, waar ons gehoop het om ’n oop baan na die suide aan te tref.

Die kaptein het gewaarsku dat ons versigtig met die vars water moet werk. Hoewel die see-ys se soutigheid deur die sneeu wat daarop val, uitgeloog is, was dit nie ’n geringe taak om groot klompe vir vars water te smelt nie. Die smeltproses was tydsaam en het baie dieselolie gebruik.

Kersfees was op hande, en ons het in die sitkamer gaan sit om telegramme uit te skryf. Twee-en-twintig woorde is toegelaat teen een rand, en dan wil jy presies soveel woorde stuur om die volle waarde vir jou geld te kry.

"GESEËNDE KERSFEES GELUKKIGE NUWE JAAR

AANGENAME STADIGE REIS DIK YS VERWAG VOLGENDE WEEK BASIS BEREIK LIEFDE PA.”

Toe Nic die telegram lees, sê hy. "Nee, saam met die adres is daar net een-en-twintig woorde.” Na beraadslaging en kopkrap het hy voorgestel dat ek 'BAIE’ voor 'LIEFDE’ sit.

"Nee, man. Ons is al twintig jaar getroud,” het ek teengestribbel.

"Maar dokkie, man, jou vrou sal jou baie liefhê as jy baie’ voor 'liefde’ sit.”

Toe het ek dit maar ingesit, nie om toe te gee nie, maar om die hele rand te benut.

Die homp-ys het hoog wal gestoot om die damme waardeur ons ons weg moes vleg. Om middernag het die son tien voet bokant die suidelike horison gesit, sy strale onderdeur die swart wolkbank geknipoog en hulle ver oor die ysveld gegooi. Sjampanjegeel, sjerrierooi en koninklike pers kleure het die velde in ’n woestyntoneel omgetower. Gedurende die dag was die ysvlaktes bleek en eentonig, sonder persoonlikheid, maar hierdie indruk het van jou eie gemoedstoestand afgehang.

Die sonbeligte nag het die ritme op die boot verander. Party het nag in dag verander en ander dag in nag. Jy het min mense op die boot sien rondloop. Jy het enige tyd van die vier-en-twintig uur die swaar asemhaling en gesnork van die slapendes in die pikdonker kajuite gehoor, as teken van hulle wat probeer het om hul heimwee deur slaap te verminder; die ander was heeltyd op en het uitgesien na die ontmoeting met hul bestemming.

Vroeg in die oggend het miljoene rooi krills op die water gespring, en ’n pikkewyn het agterna geswem.

Jannie was heeldag sonder sy bril in die dowwe lig besig om foto’s te neem. In bewolkte weer is daar groot gevaar dat skade aan die horingvlies en selfs die retina van die oog aangerig kan word. Hy het klein blasies op die ooglidrande ontwikkel en sy oë het gebrand en getraan. Maar met die toedien van steroiedsalf was dit die volgende dag genees.

Oukersdag het redelike vordering gebring - as ’n mens vaart in ’n ander as suidelike rigting vordering kon noem. Suidwaarts was net miershoopys en die geel kaatsing van plaatys op die horison te sien. Nêrens bo die horison was daar die dowwe vaal skynsel van oop water nie. Teen die aand het ons 66 grade suid en 10 grade wes bereik, d.w.s. nog ’n bietjie verder van die basis as die vorige dag.

Gedurende die middag is die kosspens van die poolhonde met nog vyf robbe aangevul. Vier was krapvreters met pens vol krill. Krill is die ruggraat van die lewe in Antarktiese waters. Die meeste walvisse, robbe en pikkewyne lewe daarop.

Die vyfde rob was ’n reus van ’n dier - ’n groot bruingryse. Hy is die verste van die boot geskiet, en was vir ons ’n onbekende monster. Hy het omtrent 560 pond geweeg en was sewe-en-’n-half voet lank. Hoewel hy die lengte van die krapvreters was, het hy verskil in sy besondere dikte en groot oë. Net sy oog- en voortande was redelik ontwikkel; die ander was rudimentêr. Al sy tande het geëindig in fyn skerp naalde wat binnetoe gebuig was om sy prooi te keer wanneer hy die water deur sy bek laat stroom. Sy vernaamste kenmerk, buiten die tande, was sy dik, amper vouerige nek. Sy nek was selfs dikker as sy lyf en hy was in staat om sy kop heeltemal daarin weg te trek, seker om sy versonke oortjies warm te hou.

Na naslaan in boeke en na lange bespreking en oorleg het ek en Kosie tot die besluit gekom dat dit ’n Rossrob was. Hierdie aankondiging het groot opskudding op die boot veroorsaak, omdat ’n Rossrob so besonder skaars is. Volgens Bertram is tot 1940 minder as vyftig van hierdie diere in die Antarktiese streek gesien. Hulle kom net in die koue water van Antarktika voor. Van daardie tyd af was daar meer bootbedrywighede in die suidelike waters en is natuurlik meer onaangetekendes herken. Volgens Bertram is sy vernaamste kos seekatte, en selde krill en vis. Hierdie een se maag was dolleeg, en ons kon dus nie ’n aanduiding kry van sy besondere voorliefde nie. Hy is ’n alleenloper, soos in die geval van so baie Antarktikane.

Teen hierdie tyd het ons al drie - die Weddell, die krapvreter en die Ross - van die vier eksklusiewe Antarktiese robsoorte raakgeloop. Die vierde, die jagterrob ("Leopard seal”) het ons nog nie gesien nie, en dit was ook baie onwaarskynlik dat ons een sou raakloop. Daar was darem nog ’n geringe kans om een verder suid op die seeys of op die rand van die ysbank te kry.

Met die vinnige aansleep van die robbe oor die ys het my linkerbeen deur ’n ysbars getrap en ’n oomblik lank het my voet vir die seegediertes in die water gewuif. Toe ek met my bloedbesmeerde mukluks op die boot terugkom, moes ek gewone skoene aantrek omdat ek al my ekstra pare mukluks aan waarnemers uitgedeel het wat net leerstewels gehad het om te dra. Die leerstewels het met die klammigheid so gekrimp dat hulle eelte en blase selfs bo-op die voete uitgedruk het, en verder was hulle so glad op die ysige dek dat sitvlakke meer dikwels as die stewels in kontak met die bodem was. Ek was so gewoond aan die swaar mukluks dat ek met die ligte skoene hoogvoets gestap het soos ’n Kaapse klops op Oujaarsdag.

Om mukluks en klere skoon te maak, was nie ’n kuns nie. Daar was juis ’n sneeustorm aan die gang. Ek het die mukluks net buite in die slag van die wind en die sneeu gehang. Binne ’n dag was hulle skoon. Die klammigheid daarin het hulle kliphard laat verys. Nadat ek die ys teen ’n ysterpyp uitgeklop het, was hulle sag en droog.

Almal was in ’n Kersstemming, veral omdat dit die eerste keer was dat die meeste van ons ’n wit Kersdag sou hê. Die temperatuur is meer geskik vir die drag van ’n Sinterklaas. Dit het ’n stemming gebring anders as wat jy tussen jou eie mense sou hê.

Kosie het met sy bandopnemer rondgestap om te probeer om die atmosfeer op band vir uitsaaidoeleindes vas te lê wanneer hy weer terug in die land is. Johannes was nie bewus dat Kosie die apparaat aangeskakel het nie, toe hy vir hom vra: "How is everything, Johannes?”

Johannes: "E-e-evritieng under control.”

Kosie: "What can we have for dinner?”

Johannes: "E-e-enitieng you like.”

En weke later, toe ons by die basis ingeluister het, het hierdie presiese woorde oor die radio gekom. Dit het Kersdag op die boot weer skerp in herinnering geroep.

Ons het ’n voorpartytjie in die salon gehou. Die kaptein, die eerste offisier, die ingenieurs, die kommandeur en die admiraal was almal daar. Dit was vrolik, huislik en aangenaam. Die kommandeur het die heildronk op die kaptein en sy manskappe ingestel en hoe later dit geword het, hoe meer kere het hy dieselfde heildronk herhaal.

Om sesuur het ons in die twee menasies gaan aansit, die matrose tussen ons en ons tussen hulle. Daar was volop Kaapse wyn en die Nore het dit baie geniet. Sampioensop is deur Blackie bedien, en daarna heerlike kalkoen, aartappels, ertjies en pampoen, afgerond met karamelpoeding met bottersous daaroor, en toe koffie.

Die Kaapse wyn het deurentyd gevloei. Dit was die een aand waar rantsoenering taboe was.

Heildronke is heen en weer op enigiemand en almal ingestel.

"Vivala Amerika!” ter ere van die admiraal, en "Vivala Suid- Afrika” ter ere van onsself deur onsself.

Ulaf, die tweede ingenieur, het in sy diep tenoorstem solo’s gesing, en Tjel het nou en dan met sy hoër stem geharmoniseer. Tjel was in sy seemansdrag met sy vuil ou skewe pet wat deurentyd op sy kop bly sit het. Ons het hom nooit anders geken nie, en so wil ons hom graag onthou. Net voor die ete was hy en Stoppelbaard nog siek aan ’n hewige aanval van gastroenteritis, maar of die vierdubbele dosis medisyne of die wil om daar te wees, het hulle die wyn en die eetmaal laat geniet. Ons het gesing, en hoewel die tale verskil het, was die deuntjies dieselfde. Ons was almal spesiaal vir die geleentheid in ons beste verkreukelde kisklere uitgevat.

Tjel het "Stille Nag” op sy ghitaar uitgetokkel. Sy suiwer tenoorstem het geen begeleiding nodig gehad nie. Gedagtes het ver oor die see van ys, en verder tot anderkant die blou water gedwaal en gedraal. "Stille Nag” het betekenis gekry en jy het ’n aanvoeling ervaar wat sterker was as ooit vantevore. Jy het gedink aan die familiegroepie om die Kersboom by die huis. Verlange en begeerte het een geword. Jy het jou gemoed jou laat oorrompel en met rukke het jy nie gehoor wat om jou aangaan nie. Die stemme het ver weg geklink. Sommige se oë het openlik en vryelik die groot verlange en die klein gemoed verraai, maar ons was almal een en niemand het nodig gehad om selfs sy gemoedstemming vir die ander weg te steek nie. Vir elkeen was daar ’n present. Klein dingetjies met groot waarde. Elkeen se vrou of nooi het skelmpies voor ons vertrek aan Hannes iets gegee om uit te deel. Vir elkeen ’n wolmus wat Mattie, Hannes se vrou, gebrei het. Hannes was trots daarop dat hy eiehandig die tossel vir elkeen gemaak het.

Kort voor middernag het die wolke in die suide skielik gelig om die son op die nuwe dag te laat lag, maar kort daarna het dit weer agter die wolke verdwyn. Om middernag het ’n paar van ons na die brug gestap om die wat daar op diens was, geluk te wens. Dit het stilte en konsentrasie vereis om die neus van die boot in die smal gange tussen die dik ys te hou. Lank na middernag het ek vir Chappie en Kosie raakgeloop en ons drie het die kommandeur gaan wakker maak om hom geluk te wens. Dit was lekker om geluk te wens en gelukgewens te word. Dit laat jou verlange minder voel. Kersfees kom so selde.

Kersdag het triesterig met miswolke en die gesif van sneeu aangebreek. Die dek was met ’n wit kombers oortrek. Die meeste het laat geslaap. Johannes het ’n besondere middagete voorberei, en die koffie het dwarsdeur die dag op die stoof gestaan en nooi. Die gebrande pitte word elke keer vars gemaal in die meultjie wat teen die muur vasgeskroef is, en dit was suiwer koffie sonder sigorei.

Ons het nog steeds noord en noordwes in die oop see, wat vanoggend gebreek het, gevaar. Homp-ys het wit pilare langs die pad laat staan, en vrot ys het teen die boeg gespoel.

Na die Kersete het ek die hulp van Chappie ingeroep om te help om die Rossrob af te slag, sodat ons die pels en die kop aan die Kaapstadse museum kon stuur. Hy moes hier en daar die gebeurtenis op die rolfilm vasvang om, soos hy gesê het, die unieke gebeurtenis vir die nageslag te verewig. Toe ek en Kosie die karkas op sy rug wou draai, het die boot skielik geruk. My voete het op die slymerige bloederigheid onder die half omgekeerde rob ingegly. Ek kon my self nie loskry nie. Kosie het my bene een vir een onder die rob uitgeruk. Met ’n ysterhaak het Chappie die vleis omgedop terwyl ek die vel afslag, die ruggraat agter die kop afsaag en die vinne van die lyf sny. Ons het die vet van die pels afgeskil, en die hele eksemplaar in ’n vleisbalie vol pekelwater gedompel. ’n Groot vonds! Min het ons geweet dat met die terugreis van die Polarbjorn die onstuimige westewindgebied ons nie die voorreg sou gun om hierdie seldsaamheid in die museum te kry nie.

Ver van die kant van die boot het ’n swart gedaante gelê. Niklaas, vir wie die skietlustigheid nou beetgepak het, het dadelik gesê dis ’n Rossrob, anders het hy geweet sou die kaptein nie soontoe stuur nie. Nieteenstaande die versekering van Niklaas dat hy dan selfs die hoekerige tandjies kon sien, het niemand hulle aan hom gesteur nie, maar lekker gelag toe die swart gedaante opstaan en ’n pikkewynkop vertoon! Die grootte van ’n donker voorwerp op die wit agtergrond kon so bedrieglik wees. Die refraksie van die lig het dit verklein of vergroot, sodat jy nooit geweet het of jy ’n ding kleiner of groter moet voorstel as wat hy lyk nie. In die woestyn sou dit skimbeelde wees, hier was dit wanvoorstelling van iets wat werklik bestaan.

Kort daarna het die Kersdag, as laaste gebaar, ons in die gemoedelike ys laat vassit. Met alle mag het ons die ys van die stuurboordkant probeer wegwerk. Toe ons egter die grootste blok uit die pad uit geswoeg het, begin die ys skielik in een groot massa onder ons roer. ’n Groot blok het uit die diepte opgeduik en ons werk van flussies ongedaan gemaak.

"Haai, jy dryf Engeland toe, en jy kan nie eens Engels praat nie,” het iemand geskree. Ons het lag-lag op die boot gespring. Wat help dit om teen die wind te spoeg; dit blaps net in jou eie gesig terug. Na ure lange swoeg en sweet het ons kombuis toe gegaan en Johannes se kerrie en rys geeet.

Ek het by die matrose in hul menasie gaan sit en saam "Stille Nag” gesing. Toe ons halfpad gesing het, het ’n matroos kom sê dat die ys skielik weggeskuiwe het en die boot los was. Die padgee van die ys het ons geselligheid beëindig, maar ’n belofte van vordering ingehou. Elkeen is na sy pos. Die motore het gedreun. Een vorentoe probeerslag om die ys agter die boot met die terugwaartse stroom wat die skroef uitmaal, weg te spoel, toe agteruit en toe vorentoe. ’n Klein bokrammetjie deur ’n smal strook ys in ’n dam oop water in. Dit was maar net ’n vertroosting, want die ent van die dam kon jy sommer hier voor jou tone sien.

Ek was verbaas toe ek die volgende oggend wakker skrik en nog die motore hoor dreun. Dus was daar vordering, al was dit net ’n paar tree per uur. Eers na middagete het ek in die eetkamer opgedaag. Dick het my "Borsstuk a la pikkewyn” met sampioene bedien. Ek kon nie eintlik sê dat dit lekker was nie. Op Dick se vraag hoe dit smaak, het ek geantwoord: "Iets besonders.” Gelukkig het hy nie gevra wat ek daarmee bedoel nie. Elkeen wat daar was, word na sy terugkeer uit Antarktika gevra hoe pikkewynvleis smaak. Dis nie nodig om te sukkel om dit te proe nie. Dis nie die moeite werd nie. Dis bloederig rooi, baie hard, droog en taai soos vergete biltong. Miskien sou dit beter wees as dit eers in asyn of melk gelê het, of as dit ’n paar dae op die dek in die son of in die warmte van die stoof gehang het om gedeeltelik te ontbind en sagter te wees. Ek het nie om ’n tweede porsie gevra nie.

Na middagete het die kwaaiste vassit van alle tye gekom. Hoe die kaptein in daardie plek beland het, weet nugter alleen. Alleen vemuf kon dit regkry. Agter ons, aan bakboord en stuurboord en voor ons het die yshompe sommer regte ysberge opgestoot. Die toekoms was duister.

Na drie uur se gewoel, gekreun van katrolle en gedans van Tjel op die los stukke ys wat ons van tyd tot tyd afgebreek het, was die boot los, maar dit het niks gehelp nie. Die motore was skaars aan die gang toe ons weer vassit. Toe het ons ook maar gaan sit, en die kaptein het gaan lê. Hy ken die ys te goed om ongeduldig of haastig te word en onnodige energie en tyd te verspil.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2940 gaste aanlyn