Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons tyd is kort; die Bybel sê nêrens dat ons die hele tyd moet preek nie, wel dat ons die hele tyd moet bid. Laat ons dan minder met mense praat en meer met God.

DIE WIT HORISON (6)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.

OUJAARSMAAL EN 'N GORDYN IN DIE WIND

Kort voor middernag die vorige aand het ons ’n radioberig ontvang dat die Erica Dan van die Dene vassit op 60 grade suid en 32 grade oos. Hy was ’n 3,800-ton-ysbreker, kolossaal in vergelyking met ons 486 ton. Dit het ons moed gegee. Ons was darem al 7.5 grade verder suid as hy.

Die Erica Dan was op pad om die Belgiese span by Breidbaai af te los. Daar was vantevore sprake dat hy ons moontlik die volgende jaar sou kom haal. Maar nou het Niek bedenkinge gehad. As hy so hoog noord vassit, wou hv liewer sien dat die Polarbjorn daar naby ons basis bly lê en wag, want wie sê dat ’n boot oor ’n jaar sou kon deurkom?


’n Seeswawel het lustig met kort geklap van sy stompievlerke oor die boot geduik om te kyk wat aan die gang is. Hy was pikswart met ’n vaartbelynde wit V wat van sy nek af terug oor die aanvang van sy vlerke strek.


’n Sneeustormvoel het in die lug gesweef en ’n Antarktiese stormvoel het lank agter die boot gedraai. In Engels word hulle klein Petrussies
(petrels) genoem na die apostel Petrus. Net soos Petrus op die water gestap het totdat sy geloof hom versaak het, so hardloop hulle eers op die water, maar voordat hulle geloof hulle kan versaak, styg hulle op. In ’n klein badjie water links agter het twee keisers rustig agtermekaar geswem. Hulle het geduldig vir die ysblokke gewag om wyer oop te gaan, sodat hulle weer in die dieptes kon afduik om vissies vir ete te kry. Drie Adelies het op ’n afstand ’n kringdans uitgevoer. Toe het hulle lomerig voor die boot gaan lê, en laat die aand was hulle nog daar.


Die admiraal het kom rapporteer dat hy twee krapvreters langs die boot onder die ys sien induik het, maar dat hulle te gou verdwyn het om hulle bewegings op film vas te vang.


Alles het bygedra tot die voorbereiding vir die gemoedstemming wat ons nou moes aanvaar vir die lang wag van die volgende paar dae. Min het ons geweet dat dit die begin van die langste vassit was.


Skuins voor middernag het ek sommer na die brug gedrentel, waar Niek besig was om uit te saai en berigte te ontvang. Dit was ’n plesier om sy behendigheid met die Morse-sleutel te sien, en hoe hy kon ontvang en versend sonder om te luister of te kyk. Tussenin knipoog hy vir sy vriende wat onverwags inloer om te hoor wat in die wêreld gebeur. Hy was die kontakman en daarom die man wat al die nuus en skinderbrokkies van ook die ander Antarktiese bote geweet het. Hy het gesê dat die
Erica Dan nog vassit.


Ons was toe al drie-en-twintig dae op reis. Voor ons vertrek het die een gesê die reis sou tien dae duur, ’n ander veertien dae. Hiervoor het ons met ons leesstof voorsiening gemaak, maar teen hierdie tyd was alles al gelees, tot selfs verouderde koerante waarin pakkies toegedraai was. Die ander boeke was in kiste onder in die ruim tussen die honderde ander kiste gebêre. Die een het nog ’n ou koerant opgediep, ’n ander ’n verflenterde sagtebandboek. Ons het selfs die Noorse tydskrifte bestudeer, al was dit net die prente daarin. Anders het jy die boeke wat jy al ’n paar keer deurgelees het, weer verslind. Dit was seker die rede waarom dinge wat ’n mens gedurende daardie tyd gelees het, so fris in die geheue bly steek het. Almal het na nog leesstof verneem, maar niemand wou sy liefdesbriewe, selfs teen vergoeding, vir so ’n kultuursaak beskikbaar stel nie.


Baarde het gegroei, party dik swartes, party s’n net donserige veertjies wat soos ’n paar droogtegeteisterde grashalmpies in die wind waai. Maar baardgroei is Antarktiese tradisie, en baarde wou hulle laat groei. Die broeke was nie volgens maat gemaak nie, en die skoene was te groot en het om die voete rondgeflap. Die wat nog netjies wou lyk, het hul broeke verstel, die ander het maar laat pap hang.


Terwyl ons eenkeer op die ys besig was, het ’n Sei-walvis in ’n poeletjie dertig tree van ons af twee keer geblaas. Dit was so naby dat ons die stink walm van sy asem mislik in ons kele voel afsak het. Hy het sy lyf bokant die water uitgeboog. Sy skerp, sekelvormige rugvin het twee voet hoog gestaan. Hy het onder die ys weggeduik en sowat ’n honderd tree verder in ’n groter poel weer sy wasem in die lug opgeblaas. Daarna het hy vir goed verdwyn.

Ys het aan bakboord opgehoop tot gelyk met dolboord. ’n Groot blok ys het ’n paar voet van die boot agter die naaste pakys egalig aangedruk en reëlmatig stukkies voor hom laat uitrol. Op die horison het een-en-twintig ysberge, waarvan drie swart was, gelê.

Maandag, 28 Desember, was die koudste van alle dae. Die wind het sterk van die boegkant af gewaai en deur die klere gesny. Die ys het nog twee voet hoër as die vorige dag teen bakboordkant opgestapel en kort-kort het ’n stuk op die dek geval en in klein brokkies gespat.

"Die Filistyne val ons aan,” het Marten gesê terwyl hy met drie paar lompe handskoene oormekaar die stukkies bymekaarmaak en weer teruggooi. "Die vervlakste goed is net so glad soos piesangskille. Wat het die ou gesê toe hy op ’n piesangskil gegly het?” Ek kon nie dadelik sien wat agter die strikvraag lê nie.

"Niks,” het Marten ingelig. "Hy het sy nek gebreek.”

Nog vyf ysberge het hulle by dié van die vorige dag geskaar. Die eerste offisier het verduidelik dat die ys om die boot so ophoop omdat die wind teen 25 knope uit die suidooste waai, terwyl heelwat noord ’n noordwestelike wind die ysplaat in die teenoorgestelde rigting aanstoot. Dit het veroorsaak dat die ys aan bakboord ophoop en aan stuurboord nie padgee nie. Aan geen kant van die boot was daar nie die geringste gaping tussen hom en die ys nie, en die vooruitsig vir loskom het hoe langer hoe skraler geword. Die uitsig was boonop deur digte mis tot 400 tree beperk.

Daardie middag het ons oor die radio gehoor dat die Erica Dan al twee dae op dieselfde plek vassit. Dit het ons gepaai. Die Japanse boot die Soya was ook op pad na Antarktika en het al 66 grade suid, 44 grade oos bereik, en vaar daar stadig teen ses knope deur die ys. In die oop water kon hy sewentien knope haal.


Rondom op die horison het die ysberge in groter magsvertoon gemonster. Daar was nou al een-en-dertig. Die drie swartes was nog daar, en aan die suidoostelike kant, omtrent vier myl weg, het een met bruin kolle en strepe gelê. Hierdie kolle en strepe is klippe en rotsblokke wat deur die ys vasgevat word wanneer die gletser, waarvan die ysberg uiteindelik sal ontstaan, op vaste bodem in die klowe van berge begin vorm. Dit duur jare der jare vir so ’n blok ys om ’n ysberg te word, omdat hy weens sy greep op die aarde onder hom baie stadig see toe beweeg. Die naaste berge aan hierdie kant van Antarktika is ’n honderd myl van die ysbankfront af, en so ’n gletser beweeg maar ’n paar honderd tot ’n paar tree per jaar. Sulke ysberge sluit duisende jare se sneeu en ys in hulle op. Hulle is van onskatbare geologiese waarde omdat hulle die rotsmonsters van diep onder die ysmassa van die Antarktiese vasteland aanbied, waar geen bore sover kon bykom nie.


Die wind het sterker gewaai en die sneeu opgeskep en geniepsig teen jou gesig en hande geskiet. Die dek en alles wat oop was, is nog dieper onder die wit kombers bedek. Tallie se gesig het weer lank geword, en die algemene onderwerp van bespreking was wan­neer die kaptein dan besluit om om te draai. Dit was egter nie moeilik vir hom om te besluit nie, want hy kon nie omdraai nie. Die ys agter die boot was net so hoog soos voor en aan sy kante.


"Ek wonderg of die skippie dit gaan maak,” het Blackie in my oor kom fluister. Hy het gesê dat die boot darem gelukkig spesiaal so gebou is om uit die water te lig wanneer die druk te groot word. Dit het nog groter besorgdheid verwek, omdat jy wou weet wat of wie hom dan regop gaan hou. Tjel se versekering dat die boot baie sterk is, het ons gerus gestel en ons nie verder laat uitvra nie.


Aan bakboord het die blokke sigbaar hoër geword. Meer blokke het oor dolboord gerol en Marten moes meermale sy "piesangskille” teruggooi. Dit was asof ’n onsigbare stootskraper ’n damwal om ons stoot.


Woensdag, 30 Desember, het, net soos die vorige paar dae, stil verloop. Geen verposing tussen dag en nag nie, geen beweging nie. Net jou horlosie om te sê wanneer nog ’n twaalfuur verby is. En twee maal twaalf is ’n dag op die kalender, maar nie in die land van die middernagson nie. Wanneer die son in die suide sit, weet jy dit moet die sogenoemde middernag wees; wanneer hy in die noorde sit, weet jy dit moet die middel van die dag wees. Toe ek daardie Woensdagoggend opstaan, was ek sterk onder die indruk dat dit nog Maandag was,


Jy verloor hier die begrip van tyd omdat dit nooit nag word nie; die begrip van afstand omdat die oppervlakte so egalig soos ’n oseaan is en jou oë deur die glimmering van die witheid bedrieg word sodat jy nie grootte op ’n afstand kan skat nie.

Dit het gevoel soos ’n rustige somersdag in die Karoo. Die weer was stil en die nuwe sneeu het oor die ysvlakte ’n spierwit, donserige kombers getrek, buiten hier om die boot, waar vullis van die kombuis en leë dose en stukke papier gelê het. Selfs die wit papiere absorbeer hitte en sak in hul selfgemaakte gaatjies weg.


Die vorige aand het Tallie ’n lesing oor "Die ys in Antarktika” gegee, vanaand het Crawford oor die seëvoels van An
tarktika gepraat. Of dit die voëls en diere aangelok het, weet ek nie, maar kort voor middernag was daar ’n seldsame skua langs die boot besig om afval uit die kombuis op te pik. Hy het ’n stukkie spek opgetel en weggevlieg. Voordat hy die aftog geblaas het, het hy darem vir Crawford die kans gegee om die boeke te raadpleeg en hom as ’n donker skua te herken.


Agter die boot het die ys effens padgegee, en ’n klein poeletjie gemaak. ’n Krapvreter het daar kom asem skep, en terwyl ons hom aangaap, het hy ballet gespeel en geduik. Hy het vinnig, grasieus en rustig in die klein poel beweeg en toe by die rand van die ysblok sierlik afgeduik, en met ’n laaste gewuif van sy stertflappers in die diepte verdwyn. Robbe, net soos walvisse, het nie kuwe om daardeur suurstof vir bestaan uit die water te kry nie. Hulle moet van tyd tot tyd na die oppervlakte kom om vars lug in te asem. Onder die paktys is groot koepels in die ys waar lug versamel, en hier kry hulle lug wanneer die koue hulle skielik vang en die see met ’n massiewe laag ys bedek, sodat hulle nie gou na die oppervlakte kan kom nie.


Van die brug af kon ek nou ses-en-dertig ysbergreuse tel. Kosie het skielik ’n baie groot keiserpikkewyn op ’n groot poel water sien swem. Hy het sonder roering soos ’n eend beweeg en kort- kort sy kop onder die water gesteek om beter te sien wat onder aan die gang is. Sy hele lyf was onder die water versteek, sodat hy feitlik geen rimpeling voor hom uitgestoot het nie. Na ’n rukkie het hy afgeduik en ten spyte van ’n lang wag aan ons kant het hy nie weer opgekom nie. Asof hierdie vertoning van dierelewe nie genoeg vir die dag was nie, het ’n walvis in dieselfde poel hard stoom afgeblaas en sy lyf deur die lug geboog. Hy het ’n viervoetvin, wat ver van sy stert af was, in die lug opgestoot. Hieraan het die eerste offisier hom as ’n roofwalvis herken. Hy is die vent waarvan die tandmerke op die krapvreterrobbe sit, want hulle is sy lekkerny. Hy hou nie van krill soos die ander soorte walvisse nie.


Die vorige nag kon niemand slaap nie. Almal was bedruk oor die vassit, nie dat hulle omgegee het nie, maar omdat hulle gedink het aan die werk wat in Antarktika op hulle wag. Hoe langer ons daar kon wees, hoe meer inligting kan ons insamel. As ons nou moes omdraai, was alles so nutteloos: die voorbereiding, die opwinding en die afskeid. Alles bly so ’n raaiery. ’n Paar dae gelede het ons gedink ons sou sommer gou-gou daar wees; ’n paar dae later het ons gedink binne ’n paar dae, en nou het ons al vyf dae op dieselfde plek gesit.


Vroeg op Oujaarsoggend het die ys sowat vier duim aan stuurboord en twee duim aan bakboord padgegee. Die motore het begin dreun en die boot het werklik beweeg, maar die yslaag wat om sy agterstewe geboog het, het hom gekeer. Vorentoe en agtertoe. ’n Beperkte ruimte om in te bokram en elke keer effens vorentoe. ’n Donker skua het doodiuiters regs voor die boot kom lê om die petalje gade te slaan. Hy was doodseker dat hy maar rustig daar kon bly lê, omdat ons nie verder sou kom om sy ys om hom te breek nie. ’n Antarktiese petrussie het langsaan kom sweef, en ’n paar sneeupetrussies het soos wit duiwe probeer om vrede oor die boot te strooi. In ons siele was daar geen vrede nie. Almal was somber, bedruk en bietjie iesegrimmig. Daar was niks om te lees nie, en om oor en oor dieselfde ding te lees, was nie meer snaaks nie. Chappie was nie meer opgeruimd nie, en Kosie het daaraan gedink om nog ’n tafel vir die oorwintering op die boot te maak. Gert was al soos ’n slaghoender deurgeëet.


’n Leë whiskybottel het half versonke in die sneeu gelê. Die donker skua was ook verveeld en het daarheen gevlieg. Nuuskierig het hy eers op die punte van sy tone gestaan om die vreemde voorwerp te betrag. Toe het hy die reuk gekry en sy snawel in die bek van die bottel gesteek. Hy het met die siek glimlag van ’n ontnugterde fynproewer na ons gekyk en toe half bedwelmd voor die bottel gaan lê. ’n Antarktiese petrussie het ’n sweefduik oor hom geneem, verontrus oor die menslike gewoontes wat besig was om een van sy landgenote te laat ontaard.


Met die stilte word die werf baie gou vuil. Teen vyfuur die mid­dag het ons bietjie aangesukkel net om die werf skoon te maak. Jy voel dan of jy in ’n nuwe wêreld is.


Dit was stil soos na ’n begrafnis. Almal en alles het stil nagedink oor die jaar wat verby is, weemoedig oor sy heengaan, en vol onsekere verwagting vir die nuwe jaar- miskien word dit in hierdie plek deurgebring, miskien nie.


Chris en Chappie was van die vorige middag af besig om ’n verskeidenheidsprogram vir die aand te reël. Ek sou die vrouerol speel, en is net daarvoor gekies omdat ek een van die weiniges was wat gereeld geskeer het. Hulle kon darem nie ’n bebaarde die rol van ’n dame laat speel nie. Ulaf en Tjel sou ghitaar speel en sing, en ons het daarna uitgesien.


Johannes het een van die grootste etes van die jaar voorberei om tot siens vir die ou jaar te sê. Maar hiervan sou ons nie eet nie, en die konsert sou nie gehou word nie. Die gebraaide hoender, die groente en die vrugtenagereg sou op die tafel mekaar geselskap hou, en die konsertgordyn sou onoopgemaak in die wind bly fladder.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1669 gaste aanlyn