Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die wil van God is onafwendbaar: dit wat Hy gewil het, sal gebeur. Ons kan maar net bewende buig voor God se albestier.

DIE WIT HORISON (7)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.

BOOT IN SIG – VERANDERING - JAGTERSROB

Net ’n wonderwerk kon ons uitkry, en ’n wonderwerk waarvan ons onbewus was, was om die draai.

Om vyfuur het die heildronke in die eetkamer geklink. Heildronke op die kaptein en sy bemanning en op almal deur elkeen totdat almal blosend van gesondheid gedrink was. Die admiraal se ore het in twee gespleet toe hy glimlag oor "Vivala Amerika” en daar was baie ander heildronke net as verskonings vir meer snapse.

 

Kort voor sesuur moes ons die eetkamer ontruim sodat die tafelbediendes die tafels kon dek. Toe ek en die eerste offisier ons koppe bo die agterdek uitsteek, het Stoppelbaard aangedraf gekom.

"Boot in sig!” het hy sag gesê asof hy dit self nie geglo het nie. Die eerste offisier het kalm, verbaas-ongelowig, na my gekyk.

"I suppose he saw an empty whisky bottle on the snow,” het hy opgemerk. Maar toe Stoppelbaard omdraai en opgewonde na die brug hardloop, het ons hom geglo en skreeuend die nuus verkondig. Almal het dit sinies aangehoor.

Ons twee het na die brug gehardloop. Daarvandaan kon ons met die blote oog iets op die verste suidelike rand van die pakys sien, soos ’n vlieg teen die muur van ’n saal. Die stippel het al hoe kleiner geword. Miskien net ’n hersenskim, het ek eers gedink. Maar toe die kolletjie agter ’n yshomp verdwyn en kort daarna weer aan die ander kant verskyn, moes ek dit glo.

Ongelooflik!

Duisende en duisende vierkante myle van water en ys. Ons het niks van die boot geweet nie, en hy ook nie van ons nie. Daar gly ’n ding soos die koning van Watseland deur die massiewe, homperige plaatys. Ons was stom, ons het getwyfel en gewonder. Sommer net om iets te doen, het die eerste offisier, Ohlson, met die Aldislamp geflits, en tot ons verbasing het daar dadelik ’n lig, wat groter gelyk het as die stippel waarvan dit gekom het, geantwoord. ’n Paar minute later kon ons sien dat hy in ons rigting gedraai het.

Binne ’n paar minute was man en muis op die brug. Die kaptein kon glad nie naby ’n venster kom om die naderende stippel te bestudeer nie. Hy het gesê ons moet skoert. Ons het met die regop ysterleertjie na die eilandplatform bo-op die brug geklouter, en kameras en verkykers op die bonatuurlike verskynsel gerig. Die wind was koud, maar die warmte van die opgewondenheid het ons nie aan truie en handskoene laat dink nie. Ons wou ons vingers los hê vir die kameras. Kort daarna het die boot se helikopter oor ons kom draai. Ons het gesein dat ons vassit. Sommer gou kon ons uitmaak dat dit ’n Argentynse ysbreker was. Die letter en syfer Q 4 het groot op sy kant gestaan, en baie gou kon ons die naam lees: San Martin.

Hy het groter en groter geword en soos ’n kasteel op skaatse vertoon. Ons was verbaas en jaloers om te sien hoe hy sonder inspanning nader kom, asof hy bo-oor die ys gly. Net so nou en dan moes hy effens dwars draai om ’n besonder groot homp te ontkom. Toe sien ons sy bemanning soos miere op die twee dekke. Hulle het gewaai en ons het teruggewaai en geskree. In die yswêreld is elke vreemdeling ’n ou bekende. Hulle het na duisende in vergelyking met ons paar gelyk. Hy het aan ons stuurboord verbygevaar. Toe hy deur die pikkewynpoel vaar, het hy ’n krapvreter op ’n ysskots voor hom uitgestoot. Die rob het bedaard bly lê selfs nadat die boot die skots laat los het. Die boot het agter ons ’n draai gaan gooi, en toe stadig langs ons ingetrek. Kabels is oorgegooi en ons eie katrolle het ons nader getrek. ’n Plankleer is oorgesit en ons kaptein, die kommandeur en Hannes het oorgestap.

Elkeen van sy eie boot af het Engels, Afrikaans en Zoeloe en Spaans gepraat met ’n paar Duitse woorde bygegooi, sommer enige taal en enige geraas, net om geraas te maak. Gebaretaal was die maklikste verstaanbaar. Ian, wat kombuisklong op baie bote van baie nasionaliteite was, het gebroke Portugees-Italiaans gepraat, en hulle het vriendelik geglimlag asof hulle kon verstaan. Maar verstaan was nie nodig nie, want ons was bly om hul gesigte te sien, en hulle om sulke blye gesigte te sien. Hulle het op 8 Desember uit Buenos Aires vertrek en ons die 3de uit Kaapstad, en dit was die eerste mense wat hulle en ons weer gesien het. Ons het gedink dat ons eers weer oor ’n jaar mense sou sien. Ons het gelag omdat dit so snaaks en ongelooflik was. Seker net so snaaks soos die keiserpikkewyn ons daardie dag gevind het.

Oor en weer is foto’s geneem. Iemand het vir my ’n bottel Argenynse wyn gegooi en gewys ek moet drink. Ek het met die een hand die bottel na my mond gelig, terwyl ek met die ander my neus toegedruk het, nie omdat die wyn slegs was nie, maar net omdat ek wou snaaks wees. Dit was vir die Argentynse rolprent-fotograaf so snaaks dat ek die toneeltjie vir die rolprentkamera moes herhaal.

’n Ruk later het ons drie ambassadeurs teruggekom en gesê dat ’n paar van ons kan oorgaan. ’n Offisier van die ander kant het gesê dat hul dokter my wou ontmoet en ek het toe gou oor die leer geklim. Anderkant het ’n matroos my arm gevang en my na sy kajuit gelei. Watter spoggerige plek! ’n Groot sitkamer met twee slaapbanke vir die skeepsdokter en vir dr. Alberto, wat by hul basis sou gaan agterbly. Ek was afgunstig op die ruimte en die afgesonderheid wat hy kon geniet en ten volle gebruik.

Hy sou waarnemings van skildklierfunksie by temperature onder vriespunt doen en daarvoor suurstofverbruik bepaal. Maar verder het ons nie gekom nie. Die tolk moes alles heen en weer vertel, en die tyd was te kosbaar om net te gesels. Ons wou net kyk en lag. Ons het saam whisky gedrink.

’n Biochemiese dokter is voorgestel. Toe het ’n matroos kom sê dat ons boot wegtrek. Hulle het nog presente in my arms gestop terwyl ek agter die matroos deur die doolhof van gange aandraf. Toe ek op die dek kom, was die plankleer klaar opgehaal, en niemand het my gemis nie. Eers toe ek waai, het kaptein Maro my gesien en kalm teruggestoot tot teenaan die San Martin, terwyl Hannes op my skree asof ek ’n dronk klaploper is. Die ander het gelag en geskree dat ek moet oorspring, seker met die bede dat ek in die water moet val om die spanning van die dag nog hoër te laai.

Maar dit was Donderdag en daar was drie myl water onder die gaping tussen die twee bote. Ek het swaarmoedig daama gekyk en gewonder hoe lank ’n mens tot onder op die bodem sou sink. Ek het stadig die bottels wyn en whisky oorgegooi. Daar was stilte op die boot. Die gaping was nie te groot nie maar my bene was kort. Toe het ek gespring. Crawford en Klei het my stewig onder die arms gevang, en Chris het my hand geskud en gesê: "Livingstone, I presume.”

Die San Martin het ’n verplasing van vierduisend agthonderd ton en motore wat vyfduisend perdekrag ontwikkel, tien keer groter verplasing as ons s’n en vier keer meer krag. Hy was op pad na Belgrano, die Argentynse basis aan die kus van die Weddellsee, sowat duisend myl wes van ons bestemming op 78 grade suid en 40 grade wes. Hulle het nog direk suid gevaar om naby die kus weswaarts te draai in die moontlike oop kusstrook water van die Weddellsee. Terwyl hulle weswaarts sou swaai, sou ons ooswaarts na ons basis swenk ... meer op geloof as met die moontlikheid om deur te kom.

Om kwart voor tien die aand het ons saam vertrek, hulle voor en ons agterna. Die San Martin het neus in die wind gesteek en bedaard deur die ys gevaar asof hy bo-oor skaats. Dit was benydenswaardig. Net ’n paar keer het hy dit te moeilik gevind en dan onverhoeds stilgehou, sodat ons byna op sy rug geklim het. Hy het effens teruggestoot en dan ’n stampstoot skuins gegee, of met sy tweelingskroewe in sy eie lengte gedraai, en dan weer gewys dat hy ’n ysplaat se bobaas is. Ons het kort op sy hakke gevolg en soos ’n grootmeneer teen ses knope gevaar. Dit het vreeslik vinnig gevoel nadat ons soveel dae geen voet kon verroer nie. ’n Paar keer het ons weer vasgesit en moes die San Martin omdraai om die ys langs ons te breek. Hy het vir hierdie herhaalde oponthoud moeg geword. Nadat ons vir die derde keer lastig was, het hy op ’n afstand dwars gekom en oor sy megafoon vermaan: "Ons het ’n taak te verrig. Ons brandstof sal min word. Dit is die laaste keer dat ons julle kan help.” Dit was binne die eerste uur. Ons het dit met skuldige minderwaardigheidsgevoel aangehoor en besef watter laspos ons is.

Die waarskuwing was egter terpentyn onder die stert van ons ysbeer. Daarna het hy sy neus snoesig onder die stert van die San Martin ingesteek, en kom wat wou, daar gehou. Die ys het so vinnig agter die ysbreker toegemaak, en met die minus 1.5 grade van die water aanmekaar gesweis, dat as die gaping tussen ons en die San Martin enigsins te groot sou word, ons baan al weer verseël sou wees. Ons ou robbebootjie het nou gelag vir ys wat hy anders nooit sou kon aandurf nie - al was dit onder dwang van omstandighede. Dit was ’n dolle wielewalie van ’n ander wêreld. Die San Martin het by tye letterlik gelyk of hy bergklim, so hoog was die blokke ys wat hy weg- of platgestoot het. Wanneer hulle sy Moses word, het hy in sy eie lengte gedraai en so amper die Polarbjorn ’n oorveeg gegee.

In die dolle vaart het ons krapvreters, petrussies, pikkewyne en stomende walvisse verbygesteek en almal met rus gelaat. Vir lewe en dood was ons oë net op die leier gerig.

Sommer gou was ons regoor die moreen-draende ysberg. Toe sien ons dat daar nie net klipkolle en strepe in sy middel is nie, maar ook dat hy van sy kruin tot in die water daarmee deurspek is.

Vic, die geoloog, het met sy kamera langs my gestaan en korrel en watertand om aan daardie berg te raak. Maar die San Martin het onverbiddelik en onverpoos aangegaan, ongeag die smagte van die navorser. Na sy jarelange rondvaar in die ys was niks vir hom meer iets nuuts nie.

Johannes se ete was vergete. Die opgewondenheid het ons honger gestil. Niemand het aan slaap gedink nie. Om middernag het die San Martin ’n kolskoot in die goue skyf van die son op die horison gevaar. Die rooi van die wolke het ingeskakel met die blou van die waterbaan wat die boot oopstoot, en met die swart rook wat uit sy skoorstene borrel.

Soos ’n hondjie sy baas volg, het ons die volgende dag in die spore van die San Martin gebly. Met rukke was ons feitlik op sy rug, en dan weer met ons snoet hom amper geraps asof ons uit dankbaarheid sy stert wou lek. Die waarskuwing van die vorige nag het ons waaghalsig en bykans onverskillig gemaak. Net die middag het ons een keer vasgesit. Baie gewillig het die San Martin omgedraai en die ys langs ons kom breek, want hy het toe geweet dat ons ons bes doen om nie ’n gewoonte-oortreder te wees nie. Ons het ook gebid dat hy ons nie in sulke dik ys sou laat agterbly nie, want dan sou ons nooit in der ewigheid by ons bestemming aankom nie.

Talle Antarktiese stormvoëls het tussen die twee bote rondgeswaai en voor ons geduik asof hulle ons met die wind van hul vlerke wou aanhelp. Waar ons op die voorste punt van die voorstewe die gladde gang van die San Martin gestaan en bewonder het, het hulle rakelings by ons koppe verbygevlieg.

En kon die boot draaie gooi! Dis die tweelingskroewe wat hom die ratse beweeglikheid en hanteerbaarheid gegee het.

Toe ek die middag in die eetkamer sit en koffie drink, het Johannes, die kok, Iangs my kom sit. Hy was effens bewoë. Ek het gedink dit was oor die bottels wat die Argentyners aangegee het, en wat ons vir hom weggesteek het. Maar hy het begin gesels oor die dae toe hy in San Francisco kok was.

"You are a good man,” het hy begin, en dit het my vermoede gesterk dat hierdie vleiende aanhef gemik was op die bottels wat die Argentynse dokter in my arms gestop het. Toe sê hy: "I have a present for you.” Hy het opgestaan en deur die stamperige gangetjie na sy kajuit gestap. ’n Oomblik later het hy met ’n 1906- uitgawe van ’n Amerikaanse kookboek teruggekom.

"Dis is de best book in the whole wurld,” het hy gesê. "She who gave it to me died many years ago and I cannot find peace. It comes from my heart,” het hy gesê. Daar was trane van herinnering in sy oë, en van aandoening in myne. Nou het ek sy bacchanaliese neigings verstaan. Hy het bewerig sy naam op die voorblad geskrywe en dit vir my gegee.

Om halfelf die aand het die vriendelike San Martin skielik ooswaarts gedraai. Hierdie moedige ysbreker het ons vaart met baie dae, indien nie met weke nie, verkort. As hy nie opgedaag het nie, sou ons seker weke moes wag vir die ysplate om te verbrokkel. Hy het ons in die berghoë ys gekry toe ons moed in ons mukluks gesink het en almal se gesigte net so lank soos Tallie s’n was. Net die sien van ander gesigte het ons opgebeur, selfs al sou hulle ons nie kon gehelp het nie. Net die aanblik van ’n ander lewe as die lewe om ons, was ’n opbeuring. Slegs daarop sou ons vir ’n baie lang ruk kon teer en genoeg hê om oor te gesels.

Die kaptein het hulle "Baie dankie vir die hulp” laat flits. Min teenprestasie vir soveel wat gedoen is, maar in seemanstaal ken dank geen woorde nie.

Ons was op tien grade wes en ietwat onder die breedtegraad van ons bestemming. Van nou af sou ons so veel moontlik ooswaarts en effens noord moes vaar. Die neus is op 12 grade noord op die kompas gerig. Hierdie plek van ons afskeid van die San Martin was net 41 myl noord van Maudheim in Koningin Maud-land, waar John Giaevers se Noorweegs-Brits-Sweedse ekspedisie van 1949-1952 was, en 250 myl wes van ons bestemming.

By die wegdraaiplek was daar net ys, maar teen middernag het breë, oop waterbane onverwags verskyn. Die boot het teen 12 knope geseil en dit nogal in die regte rigting. Vir die eerste keer na weke kon ’n mens weer golfies langs en agter die boot sien dein. Die suidoostewind het hulle met sy veertien knope hoog teen die rande van die ysskotse laat klots. Dit het gevoel of ons sommer nou-nou daar sou wees. Die kaptein het die Noorse span by die basis laat weet dat ons vinnig vorder en moontlik die aand daar sou aankom. Gelukkig het hy hierop nie ’n weddenskap gewaag nie. Die gode begunstig dikwels die optimis, maar hierdie is Antarktika, waar selfs begunstiging bevries kan raak.

Teen sesuur die aand van 2 Januarie het die ou storie hom begin herhaal - vassit, blokke ys stoot, en moed wat na benede daal. Na die aanmoediging van die vorige paar dae was die mismoedigheid nou groter as ooit tevore. Die beknopte ruimte op die boot, veral na ons die groot sale en lang gange van die San Martin gesien het, het meer beknop gevoel. Omdat daar nie ’n groot genoeg en gerieflike kamer vir samesyn was nie, het sommige in hul kajuite gebly en geslaap.

Gebrek aan ruimte het tot afsondering, afparing en uiteindelik tot afgroepering gelei. Daar was die wat, weens gehegtheid aan familie, in afsondering verstrak was en hulle nie by voldonge feite kon berus nie. Sommige het probeer om die tyd om te slaap. Die kleinste insident het ’n lagbui buite verhouding tot sy snaaksheid uitgelok: die stamp van ’n kop teen die dak van die slaapbank, of ’n skop teen ’n leë blik wat in die onstuimige veertigergrade so nodig was, en nou in die pad was. Waardes, selfs van blikke, het vinnig verander. Veral diegene wat nie ’n taak had om voor te berei, na te slaan en te bespreek nie, was neerslagtig. Die ander het hulle verdiep in die nalees oor Antarktiese toestande in die beperkte hoeveelheid boeke wat byderhand was, of die werk wat hulle wou gaan doen, verder bestudeer en bespreek. Selfs die vassit was vir hulle ’n voortdurende studie en ondervinding wat nie verveel het nie. Hierdie groep het ’n belangstelling ontwikkel wat opbouende besprekings uitgelok het: Klei en Vic oor geomagnetisme, en Gert daarby; Chappie en Kosie oor seestrome en robbe, die ernstige konsentrasie daarvan afgewissel deur Blackie se harde lag wanneer iemand hom ’n strikvraag vra en hy die antwoord nie ken nie, dan weer sy hulpvaardigheid; en Doors se kameras en argumente.

Die mate van afsondering het gewissel met die mate van vordering, en die mate van voorbereidheid en objektiwiteit. Hoe langer die vassit, hoe erger die afparing. ’n Bietjie vordering het die kenne laat lig en almal weer laat saamdrom en optimistiese gelag deur die boot laat weerklink.

Die jong klomp, lede sowel as waarnemers, was ’n voorbeeld van die hoogste gehalte. Hulle het uitstekend klaargekom, baie gelees, en was deurgaans behulpsaam en vriendelik. Hul gedrag het belofte ingehou vir die volslae sukses van enige onderneming. Ek dink aan die ontduiking van een, wat na weke van traak-my-nie- agtigheid en traagheid alle verwagtings wat ’n mens moontlik voorheen kon hê, oortref het; die hulpvaardigheid van nog een wat eers selfsugtige neigings gehad het, en die gemeensame omgang van ’n ander waar hy eers so teruggetrokke was.

Kosie het opgemerk: "Hulle het ontwikkel en geleer . . . ek ook.” Hy was nie die enigste nie.

Met die vassit was al die motore afgeskakel. Die stilte was welkom omdat die eindbestemming so naby was. Jy wou stilte hê vir bepeinsing en betragting oor die weke wat verby was. Daar het so baie gebeur, nie net wat die uiterlike betref nie, maar ook binne-in jou.

Dwarsdeur die nag het ek by die kommandeur in sy kajuit gaan gesels. Met die gesels het ek sy vaderlike insae in die lewe van die jong seekadet besef, sy vermoë om te tug sonder om te verkleineer, en sonder om selfvertroue te laat wankel. Selfs in die wit koue het hy, gehard teen bries en weer, net met onderhemp en broek aan op die dek verskyn om sy oggendoefeninge te doen. Geeneen van ons kon hom dit met so min kleredrag nadoen nie.

Feitlik niemand het nou soggens vir ontbyt opgedaag nie alhoewel jy na hartelus net soveel gebakte eiers kon eet soos jy wou. Jy het dag en nag aanmekaar gelewe in opgewonde afwagting van die nuwe dinge wat so naby was. Daar was geen dalende son wat jou bed toe kon stuur nie.

Sondagaand, 3 Januarie, het ons die eerste diens aan boord gehou. Almal was daar. Net na die diens het die ys gelig en die motore gedreun. Venables het gesê ons moes al eerder ’n diens gehou het. Miskien was hy reg. Natuurlik was hy reg!!

Ons het weer kort-kort die geruis van die water teen die ysterplate gehoor nadat ons deur ’n ysstrook gebokram het. Die water, teen ’n temperatuur van minus 1.8 grade, was besonder koud, en nuutgevormde jong ys het soos room op die golwing gedein. Dan het ons weer in gebroke ys gekom, geboor hier en geskuur daar, en dan weer verder gevaar. Hoewel nie vinnig nie, was daar vordering. Die westelike seestroom het teen ons gedruk en ons vordering vertraag, maar in elk geval het ons ons posisie gehandhaaf. Crawford het die mening gelug dat ons oorspronklik ooswaarts moes gemik het sodat die stroom ons na ons bestemming kon druk, en nie weg nie.

Kort na tien die volgende oggend is ons wakker gemaak om ys te stoot. Gou-gou kon ons weer ’n paar honderd tree vaar, maar vroeg die middag het ons in dik ys beland. ’n Paar uur lank het ons tevergeefs gestoot en gebeur. En wat sou dit help om los te kom? Voor en agter en orals was dik opstapelings.

"Jy kan tog nie die boot tot by die basis stoot nie,” het Marten opgemerk.

Later in die middag het hy vanself losgekom, maar sommer feitlik dadelik het die ys sterk van stuurboordkant gestoot en die boot laat oorhel. Die motore is aangeskakel en die getril het hom homself laat regop bewe. Van die basis af het die Nore laat weet dat sover hulle kon sien, daar net oop water was. Ons moes net op daardie gordel se rand gewees het.

Maar die vassit was nie nutteloos nie. Krapvreters het naby die boot kom lê en ons het afleiding en nodige kos vir die honde gekry deur hulle te skiet. Drie keisers het naby die boot rondgestap en hulle koppe geskud oor ons astrantheid om in hul gebied te soek wat ons nie daar verloor het nie. Petrussies het die hele dag om die boot gedraai, maar met die middernagtelike skemering na veilige ysskotse in eie afsondering verdwyn.

Die volgende paar dae het die temperature by minus drie grade gebly. Die poel waarin ons gesit het, het gevries en dan weer ontdooi om sy eie verveling af te wissel. Daar was geen uitkoms in sig nie. Regs voor, omtrent so ’n myl ver, het ’n groot, plat ysberg gelê, maar gelukkig geen neiging getoon om nader te kom nie. ’n Koue suidoostewind het met ’n snelheid van 25 knope gewaai en veryste korrels sneeu in ons gesigte geskiet. Die dek het met ’n dun yslagie al hoe gladder geword. ’n Yslike ysmassa, tien voet hoog, het agter die boot opgestoot en ons terugtog versper. Vorentoe het die ys meer gebroke as in die oggend gelyk, en die ysberg regs was nog net so ver soos in die oggend. Na ’n paar uur het die wind effens bedaar, maar die sneeu het nog donsig gefladder. In hierdie wêreld is reën amper onbekend. Dis te koud daarvoor. Dit sneeu net.

Meer en meer het die wind die ys om ons gebreek. Krill wat in die rande van die skotse vasgeys is, het die water roesbruin verkleur. Die boonste oppervlakte van die skotse het so skoon soos ’n sneeupoeding gelyk en die rustige reinheid van die Antarktiese wêreld beklemtoon. Groot skotse het uit ’n suidwestelike rigting stadig na ons toe aangestoot om ons weer vas te pak, asof hulle ons teen die koue wind wou beskerm. ’n Entjie links het die swart oop water van ’n groter meer gelê, maar sy oewers was baie hoog en onmoontlik om deur te bokram, al sou ons ook daar wou kom.

Nogtans was daar ’n glimlag op die gesigte van die kaptein en sy offisiere. Na die dag se sterk wind behoort daar ’n opening binne die volgende paar uur of dag of twee te kom. Die ys breek nie terwyl die wind waai nie, maar ’n ruk nadat hy gaan Iê het, verander die ys skielik en verbrokkel soos ’n windskerm wat deur ’n klip getref is.

Stoppelbaard het ’n groot robwyfie geskiet. Sy het dik wegstaanlippe gehad, ’n sterk onderkaak, en tande soos ’n hond s’n, heeltemal anders as dié van die robbe wat ons tot nog toe geskiet het. Sy was swart op die rug en vaal streperig na die kante en onder die pens. Op ’n afstand het die lang nek die indruk van ’n basterkrokodil sonder stert geskep. Sy was twaalf-en-’n-kwart voet lank, met ’n borsmaat van vier-en-sestig duim en ’n geskatte gewig van meer as agthonderd pond. Met behulp van boeke en die kaptein se kennis het ons besluit dat dit ’n jagterrob moes wees. Die gestreepte pels het dit in Engels die naam van "leopard seal” laat kry. Hierdie soort, in teenstelling met die ander Antarktiese robbe, lewe op pikkewyne, seekatte en visse. So nou en dan waag hy om ’n krapvreter op ’n ysblok aan te val. Ons het die onderkaak uitgeslag en na die Kaapse museum gestuur.

Daardie aand het ek vroeg gaan slaap. Vir die eerste keer het ek in die heel voorste kajuit gaan Iê omdat dit daar nou stil was en die see kalm genoeg om my nie na die Karoovlaktes te laat verlang nie. Kort nadat ek gaan Iê het, het die boot weer begin. Die hompys het oopgeskuiwe na die driedaagse wind, gevolg deur ’n dag se windstilte. Waterbane het gevorm en die boot het stadig, stamperig sy pad oopgevoel.

Die welkome geklap van die boeg het die slaap aangenaam gemaak. Nou en dan het jy op die slaapbank omgedraai sonder om te probeer wakker word. Jy het jou verlustig aan die ysgeluid teen die ysterplate. Solank dit daar was, het die boot nie vasgesit nie en was die kanse beter om jou bestemming te bereik.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1181 gaste aanlyn