Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Aan Jesus behoort alle mag oor lewe en dood omdat Hy God is!   Daarom kan diegene wat aan Hom behoort, nooit in ‘n skaakmatsituasie beland nie.   Die Koning van alle konings maak altyd die laaste skuif!

DIE WIT HORISON (12)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

VOOR DIE WINTER – SNEEUSTORMS – LAASTE SON

Marten se gesels oor die lug het nie net gehelp om nuwe groentesousies te kry nie, maar ook om vergelykings te tref tussen die jongste weerstoestande in die Transvaal en by ons. Teen die middel van April het ’n radio-amateur van Ermelo gekla dat die temperatuur op die Transvaalse Hoëveld tot plus 15 sentigrade gedaal het en dit bitter koud was.

"By ons is hy nou so tussen minus 20 en minus 30. Ons kla nie. Ons is gewoond daaraan,” het Marten geantwoord, en Ermelo se radio-amateur het sommer warmer gevoel.

Reeds in Februarie, en nog meer in Maart, was die gemiddelde hemoglobienwaardes en die rooiseltellings van die lede laer as voor hul vertrek uit Suid-Afrika. Teen die einde van April was die daling nog meer uitgesproke. Die algemene voorkoms het gedui op ’n algemene oorsaak. ’n Tekort aan vitamien C in die kos is vermoed. Daarom is elkeen van toe af askorbiensuurpille met die aandete gegee. Verbetering het spoedig ingetree, en die verdagte oorsaak bevestig. Of die lae temperature het ’n groter inname van vitamien C vereis, of die vitamien C-inhoud van die kos het met berging afgeneem.

Die dieselolie het in die toevoerpype van Suikerbossie in jellie verander en die muskeg se battery het verys. Die dieselolie van Suikerbossie is deur lampolie vervang, aangesien dit eers by minus 37 grade stol. Maar selfs dan moes sy spruitstuk eers vir sowat ’n uur met ’n blaaslamp verhit word voordat hy wou kop gee. Dan op die gegewe oomblik het Chris met ’n varsgelaaide battery aangedraf gekom, vinnig gekonnekteer, en as Suikerbossie nie met die eerste skop gevat het nie, moes die hele langdradige proses, insluitende die aandra van ’n ander varsgelaaide battery, van voor af herhaal word. Dikwels is ’n hele oggend hiermee verspil, en daarom het Suikerbossie baie gou die minder vleiende naam van ’n ander bossie gekry.

Weens hierdie halsstarrigheid van die meganiek het twee van ons dikwels ons voor die handslee of die hondeslee self gespan om balke en wat ook al van die stellasies na die hoofskag te sleep. Om sneeudrifsels op die kwartiere te voorkom, was die stellasies noodwendig ’n paar honderd tree van die hoofskag. Die sukkelende en swetsende getrek oor hierdie afstand het ons die geleentheid gegee om menslike skeppings te kritiseer en honde aan te prys omdat hul toevoerpype nie kon toe-ys nie.

In die afgelope weke het ek en Marten naby die stellasies teerpale met boute en hoepels aanmekaar gelas vir die oprigting van ’n rombiese lugdraad. Dit sou ’n diamantvormige lugdraad van 35 voet hoog wees wat met sy lang bene van oos na wes sou staan. Drie drade word dan tussen die koppe van die pale gespan. Hulle sou uitsprei by die twee teenoorstaande pale naaste aanmekaar en saamgevat word by die twee eindpunte van die diamant. Die dag van oprigting het gekom. Die plan was om die pale met Suikerbossie aan te sleep en orent te trek. Chris en Marten het sonder enige sukses twee dae lank buite in bittere koue probeer om die trekker te laat vat. Die tweede middag met koffietyd was daar ernstige beraadslaging, planne en advies van alle kante, selfs van die "skiewie” van die dag, oor die aandra en plant van die pale. Chris het vererg na die "skiewie” gedraai en gesê ’n skiewieklong het niks om sy bek oor te rek nie. Niek het gesê dis kinderspeletjies en hy het al duisende pale aangedra en waarom nou al die bohaai.

Ons het nog gesels toe Niek en George verdwyn, en toe ons ’n paar minute later ons koppe bo die luik uitsteek, het ons een paal op die skouers van die twee oor die veld gesien aankom asof dit kinderspeletjies was. Om nie te sleg te voel nie het almal gaan hand bysit. Ek kon net heel voor by die dun punt vatplek kry, en oor die sneeubultjies het dit so die hoogte ingeskiet dat ek die paal skoon byster geraak het. Ons het daardie middag toe sommer in ’n kits al vier pale aangedra en orent gelig, elkeen op ’n staalplaat, en vasgeanker.

Die staalplate is ’n voet onder die sneeu begrawe, en water wat vooraf op groot skaal spesiaal daarvoor ontdooi is, is daaroor gegooi. Binne ’n kort tydjie het die water verys en die pale het so stewig soos in beton gestaan. ’n Hond is aan elke paal en by elke anker vasgemaak om vir die volgende week met die betonwerk aan te gaan.

Later die jaar het ons ons hierdie wekelange gewerk aan die hoë rombiese lugdraad in ’n mate verwyt toe Marten uitgevind het dat hy net sulke goeie ontvangs en versending deur ’n lugdraad kon kry wat in diamantvormige patroon plat op die sneeu gelê word. So ’n lugdraad het goed gewerk totdat hy omtrent ’n voet onder die oppervlakte bedek was. Dan is die drade net weer opgelig tot bo die oppervlakte.

Toevallig is Chris se badkamer ook daardie aand, toe die hoë lugdraad opgerig is, offisieel ingewy. Hy het die eerste bad gekry omdat hy die vuilste was. Ons almal het in die badkamer saamgedrom om te sien hoe ’n man in ’n bad lyk. Daarna het een persoon al om die ander dag ’n beurt gekry om die roet en olie van die afgelope vier-en-’n-half maande af te was en terselfdertyd sy klere te was. Vier-en-’n-half maande lank het geeneen ’n warm bad gehad nie, en nogtans het nie een van ons juis sleg gevoel nie. Ons voorraad klere was groot genoeg om, wanneer nodig, skones aan te trek. Wanneer jy alle kante binne en buite, voor en agter, gedra het, het jy eenvoudig die kledingstukke ’n dag of twee buite in ’n jagsneeustorm gehang. Die jagsneeu het hulle skoon en ook sommer droog gewaai. Nou kon elkeen darem elke drie weke ’n bad kry en Chris twee.

Die Nore het vir ons twaalf reunhonde agtergelaat. Hulle was anderkant die toring met sesvoetkettings goed uit bereik van mekaar aan ysterpenne vasgemaak.

Daar was Oscar, Buster, Jonas, Jo en Ajax en die twee boesemvriende, Flabben en Hvenen, wat later verdoop is tot Leeu, omdat sy geboortenaam te treurig geklink het en hom ook so laat lyk het. Hulle het drie jaar vantevore van Greenland gekom. Knoll, Bamse, Drikken, later verdoop na Hiëna omdat hy na een gelyk het, Tiirr en Biggen is in Antarktika gebore. Oscar was ’n beskeie en gedwee tipe wat, wanneer iemand nader kom, eers gaan plat Iê het en dan voetjie vir voetjie nader geskuiwe het. Chris het dit aan ’n minderwaardigheidskompleks toegeskrywe. Hy het besonder gespierde agterbene gehad en kon soos ’n os aan die trektou beur. Die ander was almal voorbarig met hul liefdesbetoon, en het geblaf en getjank wanneer jy nader kom en teen jou opgespring. Drikken het ’n dubbelsinnige doel aan sy vriendskapsgebaar geheg. Wanneer jy hom te goeder trou toegelaat het om teen jou op te spring, het hy terselfdertyd sy been gelig. Die welkome gesig van ’n paal op bene het sy sin vir ordentlikheid oormeester.

Hoewel die jong honde nog nie ingespan was nie, sou hulle hul maklik aan die dissipline van die trektou onderwerp. Hulle was verstandig en slim. Biggen was volgens die Nore onbruikbaar. Hulle het ’n hond van geboorte af dopgehou en aan sy gedrag geoordeel hoe hy as ’n trekker sou deug wanneer hy groot is. Volgens hulle was hy ’n propperse niksnuts wat nooit ’n aanleg vir trek sou ontwikkel nie. Daarom het ons hom kort na ons aankoms op ’n sagte manier van kant gemaak. Ajax was oud en swak, wou nie eet nie, en moes ook dieselfde pad volg. In Antarktika kan alleen die wat werk, kos kry, want kos word van ver af aangery.

Die honde het rustig aan hul kettings gestaan en so lieftallig gelyk dat jy sou sweer botter sou nie in hul bekke smelt nie. Maar in werklikheid was hulle wolwe in skaapsklere. Van liefkosing deur die mens het hulle gehou en dit terugbewys. Teenoor mekaar het hulle geen naasteliefde betoon nie. Laat een in die bondel los en hy sal dadelik ’n ander bydam en baklei dat die hare waai en die bloed spat. Spat die bloed eers, is hy ’n bloeddorstige leeu en sal hy sy opponent van kant maak en selfs opvreet.

Die poolhonde is baie taai en is seker die soort hond wat die beste vir homself kan sorg. Die Japanners het eenkeer met hul vertrek ’n span honde op Antarktika agtergelaat, en toe hulle na ’n jaar weer daar aankom, het ’n paar die boot kom ontmoet. Hulle het op pikkewyne en voëls gelewe, en moontlik so hier en daar ook ’n rob op die seeys bekruip en verskeur. In hul tuiste in Groenland en ander noordelike lande soek hulle hul eie kos selfs wanneer hulle saam met ekspedisies is. Sodra hulle genoeg vir die dag gevreet het, begrawe hulle die res onder die sneeu, onthou waar dit is en selfs maande later sal hulle dit in tyd van skaarste uitgrawe.

Hierdie instink het nog bestaan. Hulle het vinnig die stukke robvleis begrawe en jou dan smekend met skewe kop aangestaar asof hulle niks gekry het nie. Wanneer jy klaar kos uitgedeel het en hulle besef dat jy nie onnosel is nie, het hulle dit stadig uitgegrawe en begin vreet. Net Buster het syne gulsig soos ’n jong hondjie huid en haar ingesluk. Die meeste het die doel van jou stap na die robhoop met saag of byl in die hand so goed geken dat hulle hul gaatjies voor die tyd gegrawe het. Hulle het die vleis sowel as die vel wat daaraan vas is, gekry. Die vleis het hulle dadelik gevreet, en aangesien hulle hul porsies net elke tweede dag gekry het, het hulle die vet en vel vir die tweede dag bewaar. Dan het hulle dit met lang tande gevreet. Maar die vet en die swael van die hare het hulle nodig gehad om hulle haarvag in goeie toestand te hou, en daarom moes hulle dit vreet.

Vir die dors het hulle sneeu en ys gevreet wat hulle met hulle voorpote losgekrap het. Hulle ontlasting het hulle begrawe, sodat hulle lêplek altyd skoon en welriekend was. Maar selfs al sou hulle dit bo-op laat lê het, sou dit nie geruik het nie, want veryste goed ruik nie.

April het die wind gebring. Jy het die aand gaan slaap met net ’n effense windaantekening op die anemogram en met opstaantyd het die wind deur die skoorstene gefluit. Ondersneeus het die temperatuur skerp gedaal en buite gestyg. Vir dae aaneen het die wind oor die velde en oor die sneeubedekte huis geloei. Jy het die molgat aangeprys en was dankbaar vir die bedagsaamheid van die natuur wat alles so beskermend met ’n sneeumassa bedek het. Sneeu bevat lug, en lug is isolerend. Buite was die temperatuur minus 39 grade en die wind het met rukke ’n snelheid van 109 myl per uur bereik. Jy was dankbaar vir die oorblywende instinkte van jou voorvaderlike grotbewoners dat jy selfs die geslotenheid in die sneeugrot sonder bedruktheid kon benut en geniet.

Marten het baie jammer vir homself gelyk toe hy op die tweede oggend van so ’n windsarsie voor ontbyt van buite kom. Twee ys berge het onder sy neusgate anker in sy trotse snor gewerp. Hy het die rombiese pale gaan ondersoek en tot ons verligting het almal nog gestaan, nieteenstaande die wind toe al onverpoos ’n hele dag lank teen ’n minimum snelheid van 70 myl per uur gewaai het.

Die wind het daardie keer nege dae aanmekaar gewaai. Niemand is toegelaat om alleen buite te gaan nie, en dan alleen vir noodsaaklike werk. Die weerkundiges het dik toue na hulle apparate gespan en aan die wind-op kant daarvan gestap sodat die wind hulle daarteen kon vasdruk wanneer hulle hul lesings moes gaan neem. Vic het ’n dik tou na die geomagnetiese hut gespan om dit te kan bereik en om veilig te kan terugkeer.

Die wind het die sneeustof hoog bo die oppervlakte laat staan. Dit was ondeurdringbaar vir die gesig. Wanneer jy jou kop by die luik uitsteek, kon jy nie eers die ligpaal, wat skaars ses voet daarvandaan gestaan het, sien nie. Jy kon niemand sien aankom en ook geen voorwerp wat jy nader nie. Skielik, soos wanneer ’n gordyn vinnig voor ’n verhoog weggetrek word, het jy die nuwe gesig soos ’n spook wat uit niet verskyn, voor jou sien opdoem. Die baard was met ys deurstrik en die gesig rooi, klam en geswel.

Die wind het oorheersend uit die ooste gekom. Wind-af het die wind jou haastig teen die rug gestoot en jou voete het glibberig op die hardgewaaide oppervlakte gevoel-voel. Die koue het deur jou neusvel en kakebeenrande gebyt. Hulle het dood gevoel. Jou tone was koud en jy moes aanhou beweeg om hulle warm te hou. Stukkies ys het aan jou neusgathare gevorm en geklink en geklap en die neusvlies soos met naalde gesteek. Kort-kort moes jy jou neusgate versigtig saampers om die ysnaalde te breek en om vrye deurgang vir lug te kry. Dun waterslym het uit jou neus gestroom en op jou bolip verys.

So onmoontlik soos vir ’n veer om wind-op te waai, so haas onmoontlik is dit om teen die sneeubelaaide rukwind te stap. Dan het die koue skerper deur die vel van die wange getrek. Jou oë het getraan en die trane het op die ooghare verys met so ’n gewig dat jy skaars jou ooglede vanmekaar kon kry. Die winteranorak se hardgevriesde pels het soos naalde teen jou wange en oë gesteek en was meer ’n las as ’n seën. Teen die wind kon jy nie jou oë oopmaak nie. Jy het skuins gedraai om te sien in watter rigting jy gaan, en so het jy half links dan half regs windop gebeur. Jy het heelwat links of regs van jou doelpunt beland, dan nog ’n ent verder gestap, want dan kon jy windaf weer jou oë oopmaak. Jy was uiters verlig wanneer jy die luik bereik het, meermale daarheen gelei deur ’n tou waaroor jy gestruikel het. Jy het vinnig in die skag afgesak om onder die minder koue en windlose gang te bereik. Jou vingerpunte was dood en jou hande vol krampe en ’n vuur het daarin gebrand. Jy het jou kombuis toe gehaas vir ’n bakkie lou water, en hulle bietjie vir bietjie daarin gesteek. Nie te vinnig nie, want wanneer die bloed deur die are begin pomp, vererger die pyn, en dan moes jy eers vrywe en swaai en stadiger verwarm totdat die krampe uit die ledemate padgegee het.

As jy nie die warmte van die kombuis betyds kon bereik nie, sou jy jou hande tussen jou bene ingedruk het en daar verwarm het. Dan sou jy jou gesig met hulle beklem. Jy het gewens dat jy ’n kontorsionis is sodat jy jou gesig tussen jou bene kon dra.

Gedurende stormsarsies het die poolhonde elke vierde dag kos gekry. Dit was onmoontlik om dan vir hulle robvleis te kap, en daarom is saamgeperste vleis, vet en oliekoek vir hulle gegee. Ek en Hannes het op die vierde dag ’n emmer vol sulke nutricon- koeke gepak, ons winteranorakke aangetrek en tussen ons bene vasgeknoop sodat hulle nie kon opwaai nie. Ons het warm gevoel toe ons die skagluik teen die amper onoorkoomlike druk van die wind oopgestoot het. Die hare van die pels het dadelik verys en in my gesig geklap en gesteek. My oë kon ek net op skrefies oophou. ’n Sneeubril kon ek nie dra nie, aangesien dit met sneeu bedekword. Een het aan elke kant van die hingsel gevat, nie omdat die emmer swaar was nie, maar sodat ons bymekaar kon bly.

In ’n oogwink kon ons die toring sien. Toe het ons verbygestap na waar ons gemeen het die suidelike honde moes wees. Maar ons het niks daar gevind nie. Net sneeu en geen uitsig nie. Hannes het na die honde geroep en gelukkig het een met ’n geblaf geantwoord. Met dit as aanduiding van die rigting het ons skaars vier treë gestap toe ons by die eerste een uitkom. Dit was Leeu. Hy was spierwit. By twee swart gaatjies het stoom van sy neusgate uitgeblaas. Ons het ’n koek nutricon na hom gegooi. Hy het opgestaan. Sy hare was met sneeu en ys aanmekaar gekoek en hy was onherkenbaar teen sy eenderse wit agtergrond. Hy het aan die kos geproe, en het lank gedraai voor hy begin eet het. Ek moes op dieselfde plek bly staan en kort-kort skree om Hannes rigting te gee. Na ’n tyd wat oneindig lank in die wit afsondering gevoel het, het ek Hannes hoor roep. Toe ek terugskree, het ek sy stem agter my gehoor. Toe ek omdraai, het ek my lam geskrik vir die wasige swart gedaante wat my byna omloop. Toe eers het ons besef dat ons eerste aangekom het by die honde verste van die toring. Hoe ons dit reggekry het, kon ons nie begryp nie, aangesien ons seker was dat ons nie ver van die toring was nie.

Teen die snydende wind na die kwartiere. Ek kon niks sien nie. My gesig het na ’n paar sekondes verys. Ek was bly toe Hannes my keps oor my gesig toetrek en my hand neem en my soos ’n blindemol lei. Toe ons binnekom, het ek gehoor dat die wind die hele tyd terwyl ons buite was, teen 86 myl per uur gewaai het.

Toe ons die oggend van die tiende dag wakker skrik, was die skoorstene stil. Die wind het gaan lê.

Die wind het die lug uit die sneeu op die huis gedryf en laat hard word. As gevolg hiervan het die begeleiding van klank so verskerp dat jy elke voetstap bo-oor jou kop kon hoor. Vantevore was alles stil. Nou het jy die vinnige voetgefrommel van die blitsige Dick, die langsame stap van Theo en die lang hale van Vic gehoor. Ander se stapgeluide was onpersoonlik en jy kon hulle nie uitken nie.

By die onderpunt van die hoofskag het ’n berg van sneeu gelê en tot by die sesde sport van die leer gereik. Dit het handig vanpas gekom om in die waterkonkas te gooi. Die uitlaatpype in die kombuis en in die slaapkamergang was toegeys. Met gedruk en gemelk het hulle weer oopgekom.

Die son het helder geskyn. Die honde het weer gestaan en blaf wanneer jy nader kom. Die wêreld was silwerskoon gewaai. Die sneeuriwwe was dieper as tevore. In die noorde kon jy weer die blou kaatsing van oopgewaaide water sien.

Dit was verfrissend om oor die sneeu te stap. Jy het die gekners van die sneeu onder jou voete gehoor, dan skielik was dit stil op die veryste gedeelte soos op ’n plankvloer en dan weer sag in die mollige sneeu. Die wind het elke paar tree ’n gladde baan oor die sneeuvlak gelê. Tussenin was onreëlmatige golwinge. Die gladde bane het jou aan die waterbane deur die pakys laat dink, en die golwinge aan die hompys rondomheen.

Die dae het korter geword, die nagte langer. Die son het meer en meer noord van oos opgekom en noord van wes ondergegaan. Die temperatuur het nog laer gesak. In my slaaphok was die nagtemperatuur net bo vriespunt. Ek kon dit warmer kry deur die venster, wat in ’n ysgrot uitgelei het, toe te maak, maar sodra die temperatuur gestyg het, het dit ondraaglik bedompig geword. By ’n minus- temperatuur het ek nog die beste geslaap, maar die nadeel hiervan was dat die wasem van jou asem dan teen die laken gevries het en die skerp ys het jou nek gesny wanneer jy in jou slaap omgedraai het en jou wakker gemaak. Om die rede het ek toe die ventilasie so gereël dat die temperatuur by plus een tot twee grade gebly het. Vier komberse oor jou was genoeg om die koue uit te hou. Jy het nie maklik die hoeveelheid komberse verander met die wisseling van temperatuur nie, want die kamer was te klein om jou arms uit te strek om die komberse wat jy wou afhaal, op te vou. Jy het eerder die hoeveelheid klere waarmee jy gaan slaap het, gewissel. Wanneer dit baie koud was, het jy net jou skoene uitgetrek en jou broek onder jou kouse ingesteek sodat hy nie snags langs jou bene kon opkruip nie.

Ek het soggens en saans gereeld op bedhoogte temperatuurlesings geneem. Ek het dit met die ooreenstemmende buitetemperature en windspoed op ’n grafiek gestel. Dit het na my mening konstant getoon dat met die wind die buitetemperature styg en die binnetemperature daal. Opvallend was dat die kamertemperatuur gereeld ’n neiging getoon het om twaalf tot vier-en-twintig uur voordat die wind sterk sou begin waai, te daal. As weerkundige leek het ek daarvolgens aan tafel voorspel wanneer die wind gaan waai. My stelsel het my baie siniese kritiek en skertsende opmerkings van die ander op die nek gehaal. Moontlik was dit maar net toevallig. Dick het my darem een aand goed laat voel toe hy saggies vir my vra of die wind die volgende oggend sou waai. Hy moes ’n taamlike lang taak buite verrig. Ek het na my grafiek gaan kyk. Dit het geen komende windstorm aangedui nie. Ek het hom so meegedeel, en gelukkig het dit ook toe nie die volgende oggend gewaai terwyl Dick buite besig was nie.

Van die begin van Mei af het die son vir net sowat vier uur elke dag uitgekom. Die meeste van ons nodige werk buite was klaar. Die voorrade wat ons vir die wintermaande sou nodig hê, was binne. Nog net ’n tonnel vir die honde moes gemaak word sodat hulle nie die strawwe koue buite hoef te trotseer nie, en sodat ons hulle beter onder toesig kon hou en makliker kon kos gee. Die naderende totale donker het ons aangejaag. Met woeste vlyt het Chris met Pikkanien, die ou skopgraaftrekker wat die Nore agtergelaat het, aan die werk gespring om ’n diep sloot net anderkant die masjienkamer te grawe. ’n Deur in die buitemuur van die masjienkamer het die gang met die kwartiere verbind.

Die volgende twee weke het Chris aanhoudend gegrawe, en ’n paar van ons was altyd met Suikerbossie en twee slee wat langs mekaar gebind was, byderhand om die sneeu weg te ry. Toe die eerste gedeelte by die deur sy diepte bereik het en konkas brandstof as mure drie-drie op mekaar gestapel was, is die robbe aangery en neergelaat. Elke dag se stuk uitgraafwerk moes nog dieselfde aand dak op kry, want die wind kon anders so maklik in die nag opstaan en die werk van die vorige dag ongedaan maak. Die dakkonstruksie het bestaan uit balkies wat op die konkas gesit is en dan met seil bedek is.

Die veertig tree tonnel was teen die middel van Mei klaar, en die honde is een-een met ’n tou deur die hoofskag neergelaat en met kettings, elkeen in sy eie alkoof in die muur, aan penne vasgemaak. Vir Ajax was daar eers nie plek in sig van die ander nie. Hy is om die hoek vasgemaak. Daar het hy twee dae lank gestaan en tjank. Toe het die Samaritaanse Chris se hart week geword en hy het hom duskant die robbe gaan vasmaak, sodat hy sy maats kon sien. Toe was hy stil. Poolhonde baklei wanneer hulle te naby mekaar is en tjank wanneer hulle mekaar nie kan sien nie, net soos kinders of lede van ’n gelukkige huisgesin.

Die laaste twee weke van Mei was dit besonder warm. Die temperatuur buite het gestyg tot minus 8 grade. Ons het frokkies uitgetrek en Blackie het seifs net in frokkie en ligte somerhemp buite gewerk. Deurgaans, buiten vir ’n kort sporadiese uitbarsting af en toe, was die wind stil. Ook in die slaapkamers het die tempera tuur gestyg sodat ons eintlik die paraffienverwarmer wat in die begin van April aangesteek was, moes doodmaak. Met die warmte het die lug binne swaar gedruk, nie weens gebrek aan suurstof nie, maar te wyte aan gebrek aan beweging van die lug. Sigaretrook het minute op dieselfde horisontale vlak gelê. By jou voete was die temperatuur plus een graad en by jou kop plus tien. Hierdie uitlaging van die lug het jou lomerig gemaak en jou vermoë om te konsentreer, belemmer. Jy moes kort-kort in die ysgang of buite gaan stap om die koue lug jou vel te laat prikkel en lewendige lug diep in jou longe te trek.

Ten spyte van die min wind was die dak van die hondetonnel binne ’n week met sneeu bedek. Party van die balkies het gekraak, nuwe stutte moes ingewig word. Ek en Hannes het ’n gat in die dak reg bo die robbe gemaak en stutpale daardeur neergelaat. Wanneer ons ’n paal verby Ajax se neus gesleep het, het hy gedienstig padgegee en elke slag in die bereik van Flabben gekom. Flabben het hom dan ’n vinnige knypbyt op die rug gegee en wanneer Ajax vorentoe spring hom met kop skeef gebuig agterna gestaar en ewe onskuldig vir ons geknipoog. Flabben was baie spelerig en nooit gemeen nie. Hy kon vir Ajax elke keer ’n baie harder byt gegee het as hy wou. Hy het daarvan gehou om ’n stuk robvin by hom te hou, hoewel hy nooit daaraan gevreet het nie. Wanneer jy nader kom, het hy dit met sy bek opgeraap en dit lag-lag weer laat los om hom die kans te gee om jou te wys hoe vinnig hy dit weer kon opraap wanneer jy gemik het om dit by hom af te neem. Hy het die lighartige lewensopvatting gehad wat by Antarktika pas. Selfs die jarelange vasstaan op die paallose sneeu het sy gees nie gedemp nie.

Op Maandag, 23 Mei, het ons ’n kwartier voor die middel van die dag buite gegaan om die skimbeeld van die son vir oulaas te sien. Die week vantevore was dit bewolk. In werklikheid het die son hier op 70 grade suid reeds ’n paar dae vroeër verdwyn. Op hierdie dag het hy net sy skimbeeld reg in die noorde kom wys. ’n Lang, dun streep goud, omtrent tien keer langer as die gewone deursnee van die son wanneer hy self laag op die horison was, het op die noordelike horison gelê. Dit het hoër en hoër gevlam en toe skielik in twee parallelle strepe verdeel. Die verdelingslyn het op elke punt die goudkol diep laat induik, sodat dit die indruk geskep het dat die twee halwes glad nie bymekaar pas nie. Toe het die streep verdwyn, en die helder lig het vinnig hoër geword om ’n drie-kwart skyf te vorm. Dit het ’n paar keer geflonker, en toe, net so gou soos hy gekom het, verdwyn. Twee maande lank sou nie eens sy skimbeeld gesien word nie.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1654 gaste aanlyn