Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die wil van God is onafwendbaar: dit wat Hy gewil het, sal gebeur. Ons kan maar net bewende buig voor God se albestier.

KOMMUNIKASIE- DWALING

Johan Dorfling

Dit is baie duidelik dat sogenaamde kundiges in regeringgeledere nie besef wat regtig in Suid-Afrika aan die gebeur is nie. Hulle dink net aan hulself sonder om ander se denke en gevoelens in ag te neem. Wat hulle ook nie besef nie is dat hulle hulself dikwels weerspreek wat daarop dui dat hulle onnadenkend en onbevoeg is om hulle werksaamhede te verrig.

Die Minister van Kommunikasie het op 26 April 2018 gesê sy glo nie dat baie wit Suid-Afrikaners ‘n skerp gevoel teen die (uitgedinkte)  “strugglers”  het nie. Sy beweer daar is wette wat haatspraak en diskriminasie hokslaan. Wat sy daarmee bedoel, het sy nie omskryf nie. ‘n Begrip moet immers duidelik omskryf word, want dit verskil veral tussen verskillende volke. As ons mense vir iemand (ook vir ‘n volkgenoot) sê  “Jy is ‘n bobbejaan”,  beteken dit hy weet nie waarvan hy praat nie, of hy het ‘n onnodige fout gemaak. ‘n Lid van ‘n ander volk mag dit as haatspraak sien. Nou word verwag dat ons ‘n Afrikaanse uitdrukking moet laat verdwyn!  Hoekom kan die ander nie aanpas nie?

In dieselfde bewering het sy  “diskriminasie”  as ‘n oortreding bestempel. Ironies beteken diskriminasie om te onderskei en sy doen dit self deur wit Suid-Afrikaners te onderskei. So weerspreek sy haarself.

Vaag doen dieselfde minister ‘n beroep op alle patriotiese wit Suid-Afrikaners om te sê  “Not in my name”. Sodoende toon sy uiterste onkunde. Wit Suid-Afrikaners (ek neem aan sy praat hoofsaaklik van Afrikaners), is patrioties as hulle saamstaan met hulle volkgenote en nie met die volkvreemde regering nie. ‘n Patriot is ‘n volk(s)man, duideliker ‘n volk se man. Sal sy saamstaan met Afrikaners?  Wat jy van ander verwag, moet jy self ook doen.

In ‘n berig op 27 April  2018 op News24 wat klaarblyklik in Huffpost verskyn het, is daar talle foute wat nie sonder meer so gelaat kan word nie. Daar word geskryf van Suid-Afrika se “transition to democracy”, maar waar is die sogenaamde demokrasie?  Dit word sommer net as ‘n feit gestel, maar dit bestaan nie omdat geen volk homself regeer nie. Op ‘n foto word juis ‘n donkerbril voor Mandela se oë gehou. Kyk hy na Suid-Afrika deur ‘n donkerbril?  Mandela was juis in die tronk omdat hy gruwelike geweld teen blankes voorgestaan en beplan het. Die huidige volkvreemde regering sal dieselfde dade verfoei en as rassisme uitmaak as dit deur blankes gedoen word. Hoe nou?

Dat blankes sogenaamde swart op swart geweld net voor die 1994-verkiesing probeer bewerkstellig het, word sommer uit die lug gegryp en is heeltemal onwaar sonder enige bewyse of aanklagte deur ‘n staatsaanklaer. Word die huidige swart op swart geweld ook deur blankes aangehits?  Swartes veg teen hulle eie mense wat swak of geen munisipale dienste lewer. Talle ander wilde ongegronde bewerings is in die artikel gemaak sonder dat enigiets verduidelik of gedebatteer word. Dis maklik om sonder feite te beskuldig en dan vir dié aan die ander kant van ‘n saak te laat verdedig, want dan het hy niks om te verdedig nie, slegs windeiers.

Almal moet meer insig aan die dag lê as die wanvoorstelling van bestaande demokrasie en dat apartheid misluk het. Moenie die onwaarheid as die waarheid voorhou nie. Eerlikheid en erkenning van alle volke bring vrede en vooruitgang, nie die gemors wat tans aan die gang is nie. Apartheid was ‘n groot sukses.

Inagnemend al die onsekerhede en deurmekaar omstandighede in Suid-Afrika, is verwagtend opgelet wat die ANC se president se toespraak op 27 April 2018 sou behels. Ongelukkig het hy slegs swartes toegespreek en Afrikaners geïgnoreer.  Daarby het hy erken dat daar nog baie mense is wat steeds honger ervaar, miljoene sonder werk, en baie nog sonder huise en elektrisiteit. Wat ‘n erkenning van onbevoegdheid!

Ook hy praat van deelname aan die eerste demokratiese verkiesing 24 jaar gelede, maar sê nie hoe hy daarby uitkom nie. Dan gaan hy voort om te sê dat sy mense (wie?) nie regtig vry is as hulle nie werk het nie; as hulle nie onderrig kry nie. Wat het die regering van die afgelope 24 gedoen om sy mense te help?  Blykbaar weet hy nie wat demokraties en dienslewering werklik is nie.

Na sy erkennings van mislukkings beweer hy dat hulle baie gedoen het om armoede te bestry en behuising te voorsien. Sy oggend̶  en aandpraatjies is teenoorgesteld. Herhalend praat hy van  “We need to intensify radical economic transformation”. Hierdie woorde is al miljuisende kere herhaal sonder dat enigiemand verduidelik het wat dit beteken. Is dit ‘n geval van nie weet nie, maar ons hou die hele land aan die raai asof dit ‘n groot geheim is?

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1866 gaste aanlyn