Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg vangeld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit isdan tevergeefs – Prediker 5:9

DIE GELDMAG (3)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

DIE WESE VAN DIE STRYD

Suid-Afrika was nog nooit gevrywaar van die mag en die bedreiging van die geldmag nie. Trouens, die Afrikanervolk het in die verlede, net soos vandag, op verskillende maniere met hierdie vyand kennis gemaak, selfs in die vorm van ’n bloedige oorlog waardeur die Afrikanernasie byna uitgewis is. Vandag maak die geldmag nie meer van oorloë gebruik om sy oogmerke in Suid-Afrika te bevorder nie, maar dit beteken nie dat hy minder berekend te werk gaan nie. Teen die einde van die vorige eeu was dit Rhodes en Milner en hulle handlangers wat hulle teen die Afrikanerdom gerig en ’n vernietigende oorlog teen die Afrikaner ontketen het om sy land en sy rykdom te verower. Vandag word nog dieselfde stryd deur die opvolgers van die Rhodes-Milnerpolitiek teen die Afrikanervolk gevoer — net met ander middele. Die ideale en strewes van Rhodes en Milner is steeds die ideale van hulle opvolgers in Suid-Afrika en hulle belangrikste wapen teen die Afri­kaner bly steeds hulle groot rykdomme en ander middele, soos die pers, wat hulle met hierdie rykdom ingepalm het.

Niemand beskryf die aard van die Afrikaner se stryd en die verband tussen die teenswoordige en die verlede beter as juis ’n man wat baie na aan die binnekamers van die groot geldmag in Suid- Afrika gestaan het nie. Hy is mnr. Morris Broughton, voormalige redakteur van een van mnr. Oppenheimer se koerante, The Cape Argus. Broughton het in 1960 in botsing gekom met sy base, die beheerders van die Engelse pers, toe hy enkele simpatieke geluide oor die Afrikaner se strewe na republiekwording laat hoor het. In sy boek, Press and Politics, wat hy geskryf het nadat hy die redakteurstoel van sy koerant as gevolg hiervan moes ontruim, gee hy die leser ’n besondere insig in die wese van die stryd wat steeds teen die Afrikanernasie vanuit die binnekamers van die geldkringe gevoer word.            

“There is,” skryf Broughton, “also the need to get rid of the in­visible man who sits on the other side of the editorial desk in nearly every English newspaper office. There he is — exasperating, si­lent and solemn — the ghost of Paul Kruger. It is against him and his image that, fundamentally, the vials of inky scorn, irony, wrath, eloquence and repudiation are still poured out.”

Wat Broughton hier sê, is dat vanuit die redaksionele kantore van die Engelse koerante die “Boere-oorlog” nog voortgesit word: Cecil John Rhodes se nalatenskap teen Paul Kruger se nalatenskap; finansiële imperialisme teen kulturele nasionalisme.

Die Afrikanernasie besef glad te min wat Rhodes en Milner se nalatenskap in die Anglikaanse wêreld van vandag beteken. Na Rhodes se dood het Milner langer as twintig jaar die Rhodes-politiek voortgesit. Die bloedspoor van Rhodes en Milner deur die Suid-Afrikaanse geskiedenis het nie by die Tweede Vryheidsoorlog doodgeloop nie. Eers was daar die Milner-kindergarten van 1902 tot 1910, wat die Afrikanerdom moes toeploeg onder immigrante en hom moes verengels en wat die internasionale geldmag moes toelaat om homself na die Engelse oorlog in Transvaal in te grawe. Daarna het die spoor van Rhodes en Milner vaer geword in Suid- Afrika, maar Milner self slaan in 1911 uit as die groot finansiële weldoener van die kommuniste in Rusland. Terselfdertyd het Milner in die diepste finansiële en politieke binnekringe van Engeland gesit.

Walter Nimocks skryf in sy boek, Milner’s Young Men (1968): “Milner became the personifacation of the imperialist government.” Een van Milner se medewerkers, L.S. Amery, het in ’n voorwoord tot Vladimir Halperin se boek oor Milner (1952) geskryf: “If the vision was Rhodes, it was Milner who over some twenty years laid securely the foundations of a system whose po­wer in shaping the outlook and spiritual kingship of an evergrowing body of men throughout the English speaking world it would be difficult to exaggerate.”

Milner en die ander intieme medewerkers en lojale volgelinge van Rhodes het ook die beheer oor die miljoene van die Rhodes Trust gekry en het dit in die imperiale politiek van Rhodes aangewend — net minder openlik en aggressief. Nimocks skryf in sy reeds genoemde boek: “Unnoticed so far, but perhaps of greater historical importance, was the use of Rhodes Trust money to manipulate the newspaper press in South Africa.” Een van die koerante waarin Milner beheer gehad het sonder dat die publiek dit wis, was The Pretoria News sedert 1902. Dit staan opgeteken in Today’s News Today, die amptelike geskiedenis van die Argus- maatskappy.

Wanneer ’n mens die historiese feit geboekstaaf sien, besef jy hoe deurtastend en berekend die aanslag op die Afrikanerdom was.

Manipulasie is die sleutel tot die hele Rhodes-Milner-politiek. ’n Sameswering soos die Jameson-inval is die natuurlikste vorm waar­in die soort politiek tot uiting gekom het. Die hele beswadderingsveldtog wat daarna teen pres. Kruger en die Boere van Transvaal gevoer is, is ook net so ’n wesenlike deel van hierdie politiek wat nie die daglig kan verduur nie. Geheimsinnigheid, bedrieglikheid, manipulasie, beswaddering — dit is die metodes van hierdie poli­tiek.

Genl. J.B.M. Hertzog het voor sy uitsetting deur genl. Louis Botha regstreeks met die Rhodes-Milner-politiek te doen gehad. In een van sy toesprake verwys hy na die “Jameson-party” en praat van die “kwaadwilligheid en haat van die politieke bende.” Dan sê hy: “Leuens, verdraaiings, valse voorstellings deur hulle uitgedink en die wêreld ingestuur — siedaar, die middele deur hulle gebesig om hulle skaamtelose politiek van tweedrag en verdagmaking uit te voer. Die groot skaal waarop hierdie sluipmoordenaarsvegmetode voorttgesit word is haas ongelooflik.”

Vandag sit die verteenwoordigers van die Rhodes-Milner-politiek feitlik nog op al die plekke waar Rhodes en Milner hulle gelaat het in die Chamber of Mines, in die Chamber of Commerce, in die Rand Club, in die Engelse koerantkantore. Dit is hulle wat vandag nog veg teen pres. Kruger as die uitnemendste verteenwoordiger van Afrikaner-nasionalisme. Maar die stryd teen Afrikaner-nasionalisme deur hierdie regstreekse verteenwoordigers van die Rhodes en Milner-politiek het in die afgelope jare ook ’n nuwe dimensie gekry toe Afrikaanssprekendes hulle as vriende en assistente by hierdie georganiseerde “Afrikanerhaters” aangesluit het. Dit was veral tydens die Verwoerd-bewind dat hierdie bondgenootskap tussen die direkte verteenwoordigers van die Rhodes-Milner-politiek en hulle Afrikaanssprekende vriende duidelik vorm begin aanneem het. Net soos pres. Kruger in die pad van die magte was, was dr. Verwoerd in hulle pad. As verteenwoordiger van Afrikaner-nasionalisme het hy teen hierdie magte en die verwesenliking van hulle oogmerke gestaan. Daarom dat later in sy bewind die kreet “Verwoerd must go!” al sterker opgeklink het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1527 gaste aanlyn