Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie nuwe jaar sal baie van ons een of ander vorm van pyn en lyding ervaar. Maar ons moet nie bang wees nie want God se liefdevolle hande rondom ons in pyn, help ons om die omstandighede met hoop en moed onder die oë te sien. Daar is geen angs, verlies of lyding van ons waarin God nie deel nie. Wanneer ons dan weet dat God altyd by ons is, selfs al val ons wêreld uitmekaar, sal ons die pyn kan verduur, sonder vrees, sonder angs, met moed en hoop.

DIE GELDMAG (4)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

Geheime aanslag uit die VSA

In die voortgesette volgehoue aanslag wat vandag nog teen pres. Kruger se nalatenskap gevoer word, verbaas een ding ’n mens telkens. Dit is die aanmatigende houding van die Engelse gevestigdheid teen geheime organisasies in die Afrikanerlewe. Die meriete of andersins van geheime organisasies daargelaat, die feit is dat die huidige aanslag teen Suid-Afrika byna geheel en al op geheime or­ganisasies rus en vanuit binnekamers gevoer word waartoe slegs ’n klein groepie mense toegang het; dat die geheime Rhodes Trust vandag nog op geheime wyse die oorlog, net met ander middele, teen die Afrikanerdom voer; dat allerlei frontorganisasies in die Anglikaanse wêreld bestaan waaragter die geheime stryd om die Afrikanernasie te onderwerp, voortgesit word.

Toe diamante in die jaar 1870 in die Vrystaat ontdek is, is die OVS bloedloos deur Brittanje van die ryk gebied beroof. Die Britte wou nie hê dat die diamantvelde in Afrikanerbesit moes wees nie. Toe die goudvelde van Transvaal ietwat later so ryk geblyk het, was dit ’n herhaling, maar toe met ’n wreedheid en bloedigheid wat die wêreld met afsku vervul het. Agter hierdie moorddadigheid het Cecil John Rhodes en Alfred Milner gesit, maar agter Rhodes het die Rothschilds geskuil, wat Rhodes se De Beers-maatskappy gefinansier het en wat die finale seggenskap in Randse mynhuise gehad het.

Vandag is Suid-Afrika se rykdom weer eens die prys waarna gegryp word. Weer is daar vanuit die Anglikaanse wêreld die geveinsde verontwaardiging oor die politieke stelsel in Suid-Afrika, net soos teen die einde van die vorige eeu. Maar weer is dit ’n dekmantel vir die werklike motiewe: om beheer oor Suid-Afrika te kry.

Die regstreekse bedreiging kom tans nie uit Brittanje nie, maar uit die Verenigde State van Amerika. Soos die Rothschilds, as verteenwoordigers by uitstek van die internasionale bankiers en geldmag, destyds van agter die Britse politiek geopereer het, werk dieselfde magte vandag van agter die Amerikaanse politiek. Die geskiedenis is, wat dit betref, deurlopend en die deurlopendheid word verskaf deur die geheime organisasies wat in die skaduwees werk.

Een fassinerende aspek van die werkinge van hieride geheime groep samesweerders is die samewerking tussen kommunistiese regeerders en Amerikaanse magshebbers. Hierdie broederskap van sulke oënskynlik onversoenbare ideologiese vyande het al dikwels in die verlede geblyk — van die dae toe die Kommunistiese Revolusie van 1917 in Rusland uit New York se bankierskringe gefinansier is. Jacob Schiff, van Kuhn, Loeb and Co., se nakomelinge het gespog met die twintig miljoen dollar wat hy uit New York bygedra het. En Milner, wat die Britse mag teen die Boere ingeroep het, het vanuit Brittanje gehelp met geld wat waarskynlik uit die verowering van Transvaal en die Vrystaat gemaak is.

In die eietydse geskiedenis is daar tallose voorbeelde van hierdie soort pro-kommunistiese vyande van die Afrikanerdom in die Engelssprekende wêreld. Daar is bv. die geval van Joseph E. Johnson, wat as voorsitter van die Carnegie Endowment for International Peace die invalsplan teen Suid-Afrika in 1965 laat uitwerk het toe die Internasionale Hof in Den Haag se uitspraak teen Suid-Afrika oor die Suidwes-saak verwag is. Dit verskyn onder die titel Apart­heid and U.N. Collective Measures. Die Joseph Johnson het nie- mand minder as die kommunis, Alger Hiss, as voorsitter van die Carnegie Endowment opgevolg nie, en Hiss het tot een van die mees senior amptenare van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake gevorder voordat hy deur Richard Nixon, toe nog ’n prokureur, ontmasker en vyf jaar lank in die tronk gestop is.

Waarheen lei al die drade?

Prof. Carroll Quigley is baie uitgesproke hieroor in sy merkwaardige boek, Tragedy and Hope. Wat sy stellings so belangwekkend maak, is die feit dat die geliefkoosde etiket van “regse fanatikus”, wat die linkses so maklik om die nek hang van enigiemand wat dit durf waag om aan die net te roer, nie in Quigley se geval aangewend kon word nie. Jare lank was hy in die sentrum van hierdie linkse magte en dit is met die kennis wat hy as ’n vertroueling van die magte opgedoen het, dat hy sy belangrike werk die lig laat sien het.

“There does exist,” skryf Quigley op bl. 956, “and has existed for a generation, an international Anglophile network which ope­rates, to some extent, in the way the radical right believes the Communists act. In fact, this network which we may identify as the Round Table Groups, has no aversion to co-operating with the Communists or any other group, and frequently does so.” Prof. Quigley maak die onthulling nie omdat hy die “Anglophile net­work” vyandiggesind is nie. Hy sê in dieselfde paragraaf: “I know of the operations of this network because I have studied it for twenty years and was permitted for two years in the early 1960’s to examine its papers and secert records. I have no aversion to it or to most of its aims.”

Hierdie “Anglophile network” is ’n geheime organisasie en dit word ook as sodanig deur Quigley geïdentifiseer. “The chief aims of this elaborate, semi-secret organisation,” skryf hy, “were largely commendable: to co-ordinate the international activities and out­looks of the English-speaking world into one (which would, it is true, be that of the London Group).” Amery het dit in sy voorwoord tot Halperin se boek ’n “system” genoem. Qiuglcy noem dit by sy naam: “an elaborate semi-secret organisation.”

Waarom is dit dat die Engelse pers in Suid-Afrika en, wat dit betref, sekere Afrikaanssprekende politici en die mense aan universiteite, nie hulle stemme verhef teen die mag wat die geheime orga­nisasie in die Engelse politiek, die Engelse kerke, die Engelse universiteite en die Engelse pers het nie? Die antwoord is eenvoudig: die Engelse universiteite en die Engelse pers in Suid-Afrika is in die mag van hierdie geheime organisasie, daarom durf daar vanuit dié oorde geen skewe woord oor die sake gehoor word nie.

“The chief backbone of this organisation,” skryf Quigley, “grew up along the already existing financial co-operation run­ning from the Morgan Bank in New York to a group of internatio­nal financiers in London led by Lazard Brothers. Milner himself in 1901 had refused a fabulous offer worth up to 100 000 dollars a year to become one of the three partners of the Morgan Bank in London. Instead Milner became a director of a number of public banks, chiefly the London Joint Stock Bank... He became one of the greatest political and financial powers in England, with his dis­ciples strategically placed throughout England in significant places such as the editorship of The Times, the editorship of The Obser­ver, the managing directorship of Lazard Brothers, various admini­strative posts and even cabinet positions. Ramifications were es­tablished in politics, high finance, Oxford and London universi­ties, periodicals, the civil service and tax-exempt foundations.”

As ’n mens kyk na die lys van instellings waarop hierdie geheime organisasie sy seekatgreep gekry het, besef jy waarom daar so ’n stilswye bewaar word. Haas - geen koerant in die Engelse wêreld is vry van die greep van hierdie organisasie nie. Vir Suid-Afrika is dit van belang dat hierdie “Anglophile network” gebou is op die knoeifondament wat Rhodes en Milner gelê het, en dat die finansiering in die eerste jare gekom het uit die Rhodes Trust en later ook die Abe Bailey Trust, wat beheer gekry het oor die Engelse pers in Suid-Afrika.

Die doelstelling van die geheime organisasie wat Quigley beskryf het, is nog dieselfde as wat Rhodes en Milner s’n was. Afrikaner-nasionalisme is vir hulle ’n stuikelblok in die pad na groter rykdom en mag. Hulle streef, soos mnr. P.W. Botha tereg van die CFR opgemerk het, na ’n eenwêreldstaat waarin die mag en invloed van die rykes en die superrykes toonaangewend in die middelpunt sal wees. Hulle vyand is die nasionalisme, maar terselfdertyd neem hulle die beste uit die nasionalisme vir die bevordering van hulle oogmerke. En soos in die dae van Rhodes gebruik hulle Afrikaners ter goedertrou, want dit is ’n treurige feit dat tienduisende Afrika­ners vandag nie in staat is om hulle vyande te herken nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1549 gaste aanlyn