Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Versoekings is baie verskillend. Die verdorwe gedagtes wat ons aanhits om die wet te oortree is versoekings. Hierdie gedagtes word óf deur ons eie begeertes aangevuur, óf deur die duiwel wakker geroep. Ook die dinge wat eintlik self nie sleg is nie, word versoekings deur die lis van die duiwel. Dit gebeur wanneer dinge oënskynlik onskuldig só aan ons opgedis word dat dit ons van God wegtrek.

DIE GELDMAG (5)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

DIE ROUND TABLE

Vir ’n Afrikaner wat ’n sin vir die geskiedenis het, was die Rhodes-beurse nog altyd iets wat jy op ’n groot afstand gehou het. Die vroeg gestorwe, skrander dr. Tobie Muller, van Stellenbosch, wat al nasionalisme verkondig het lank voordat die Nasionale Party in 1914 tot stand gekom het, het bv. ’n aanbod van ’n Rhodes-beurs van die hand gewys. So ook die ewe skrander dr. H.F. Verwoerd, wat later Eerste Minister van Suid-Afrika en die skyf van haat van die moderne Rhodes-Milner-politiek geword het. Ander Afrikaners (of juister, Afrikaanssprekendes) het Rhodes-beurse aanvaar. Hulle het al tot in die kabinet gevorder:dr. Hilgard Muller, voormalige Minister van Buitelandse Sake, was een en dr. Piet Koornhof, Minister van Samewerking en Ontwikkeling, is ’n ander. Dit is miskien nie blote toeval dat albei ’n paar jaar gelede deur die Vrymesselaars vereer is met die Orde van Malta nie. Sulke Afrikaanssprekende Rhodes-beurshouers het na Suid-Afrika teruggekeer, uiterlik soms onveranderd, soms ook nie. Maar moontlik, sonder dat hulle in hulle jeugdige ongevormdheid geweet het, het hulle deel geword van die wye netwerk in die Engelse wêreld waardeur die oogmerke van die Rhodes-beurse bevorder word.

Prof. Quigley skryf in sy reeds genoemde Tragedy and Hope dat Rhodes teen 1895 ’n jaarlikse inkomste van een miljoen pond uit diamante en goud gehad het wat “vir misterieuse oogmerke aangewend is.” “Hierdie oogmerke,” gaan hy dan voort, “het gewentel om sy begeerte om die Engelse volke te federeer en al die bewoonbare wêrelddele onder hulle beheer te bring. Vir hierdie doel het Rhodes ’n deel van sy groot fortuin nagelaat om die Rhodes-beurse by Oxford in te stel.”

Daar kan dus geen twyfel bestaan oor die doel waarmee Rhodesbeurse aan Afrikaanssprekendes toegeken word nie. Daar kan ook ewe min twyfel bestaan oor die redes waarom ’n Tobie Muller en ’n H.F. Verwoerd hulle nie by so ’n skema teen Afrikaner-nasionalisme laat betrek het nie.

’n Skrywer wat in die VSA ten nouste gemoeid was met die Rhodes-beurse en met die Rhodes-Milner-strewe in die algemeen, is Frank Aydelotte. Hy het in 1946 die boek, American Rhodes Scholarships, laat verskyn. Hy skryf onder meer dat “hulle (die studente) agterkom dat by Oxford so baie van die beginsels waaraan hulle altyd sonder vraag geglo het, hoegenaamd nie aanvaar word nie; dat so baie dinge wat hulle altyd as onverstandig en ge- vaarlik beskou het, as vanselfsprekend aanvaar word.” En die din­ge waaraan die jong studente “altyd sonder vraag geglo het”, is na- tuurlik die instellings en tradisies van hulle voorgeslagte. Maar dit is ook die geskiedenis van hulle volk in sy botsing met die Rhodes- Milner-politiek. By Oxford leer hulle om die dinge te verwerp en die Rhodes-Milner-waardes in die plek daarvan te aanvaar.

Aydelotte skryf ook uitdruklik: “Die Rhodes-student kry uit sy Oxford-ervaring ’n internasionale beskouing.” Die woord “internasionaal” is natuurlik ietwat verwarrend. Wat werklik bedoel word, is dat so ’n student “onnasionaal” teenoor sy eie volk word.

Helen Lasell het in 1963 onder die titel “Power behind the Go­vernment today” ’n samestelling van dokumente gemaak uit die politieke skemerwereld van die VSA. Daarin gee sy uittreksels uit Aydelotte se boeke en die eerste lui: “Stigting van geheime vereniging met die doel om Britse heerskappy oor die wêreld uit te brei.”

Dat so ’n geheime vereniging volkome inpas by die Rhodes-Milner-politiek, soos dit teen die Afrikaner toegepas is, is duidelik uit die geskiedenis. Maar vir die Afrikanerdom, wat so erg betrokke was by die geskiedenis, het baie van die geskiedkundige feite rondom 1895 tot 1914 al vervaag, en baie van die feite wat nou eers aan die lig kom, word van hulle weggehou deur ’n geinhibeerde onderwysstelsel en verloopte nuusmedia.

Reeds op 5 Februarie 1891 het Rhodes en enkele ander ’n ge­heime vereniging gestig waarvan Rhodes die leier was. Saam met hom in die bestuur was Milner, Reginald Baliol Brett (later lord Esher) en William T. Stead (wat met die uitbreek van die Engelse oorlog teen Rhodes gedraai en ’n sterk pro-Boerestandpunt ingeneem het). Onder die wat genoem was as “ ’n kring van ingewydes” rondom die kern van die bestuur, was onder meer Arthur (later lord) Balfour, lord Rothschild en Albert (later lord) Grey. Buite hierdie kring van “ingewydes” was daar “’n kring van ondersteuners.” En dit is hierdie selfde “kring van ondersteuners” wat na Rhodes se dood deur Milner as die Round Table georganiseer is.

“Die sentrale deel van die geheime vereniging,” skryf dr. Quig­ley, “was teen Maart 1891 gevestig. Dit het aangehou funksioneer as ’n formele groep, hoewel die buitekring blykbaar nie voor 1909-1913 georganiseer is nie.”

Vanselfsprekend was die aktiwiteite van hierdie geheime vereni­ging teen die einde van die vorige eeu op Transvaal toegespits. Die Afrikanerdom is op hierdie ondergrondse wyse beveg en, soos reeds aangedui, het Rhodes vanuit die geheime kringe die pers gebruik om in die openbaar sy politieke doelstellings teen pres. Kru­ger te bevorder.

Prof. J.A. Hobson, wat selfs in liberale kringe in Suid-Afrika hoe aansien geniet het, het in sy boek, The War in South Africa (1900), die rol van die Engelse pers onder die invloed van hierdie geheime vereniging baie skerp veroodeel. “Die hoofdoel van hierdie pers-sameswering”, skryf hy, “vir die bereiking waarvan elke spier ingespan is, was die oorwinning van die regering en die gewete van Groot-Brittanje.” Die doel waarvoor die regering van Brittanje gewen moes word, was om oorlog teen die Boere te verklaar. Rhodes se geheime vereniging het daarin geslaag. En die gevolg was dat die Afrikanervolk se vrouens en kinders na drie jaar van stryd byna uitgewis is.

“Die magtige Engelse pers van Suid-Afrika, ” skryf Hobson, “besit en beheer deur ’n handjievol rykes wat deur noue finansiële bande aanmekaar gebind word, het eers daarin geslaag om die publiek van Suid-Afrika aan die brand te steek en daarna die gevoel oor te dra op die gemoed van die Britse publiek.”

Vandag moet selfs in Brittanje die feit erken word dat Rhodes en Milner se politiek, wat vanuit die skemer en skaduwee bedryf is, die Britse volk in ’n oorlog teen die Boere gedruk het. Maar in 1899 het die Engelse pers hier en in Brittanje vanuit sogenaamde hoë morele waardes en politieke beginsels die aanvalle op pres. Kruger en die Boere gemaak.

Prof. Hobson skryf een hoofstuk onder die titel “For whom are we fighting?” En sy slotparagraaf lui: “Ons veg ten einde ’n klein internasionale oligargie van myneienaars en spekulateurs om Preto­ria aan bewind te stel.’’

Rhodes was reeds in daardie tyd ’n instrument van magte wat buite die Engelssprekende wêreld gestrek het, maar wat hulle finansiële oogmerke deur die militêre en ekonomiese mag van Brit­tanje bevorder het. “Die oordeelkundige beheer van die pers en die hulp van die finansiële vriende in hoë plekke sal hulle in staat stel om ’n taamlike volledige vorm van ‘boss-rule’ in Suid-Afrika te vestig en in stand te hou,” skryf Hobson voorts.

Hierdie Rhodes-Milner-politiek met sy geheime organisasies en sy verbintenis met die anti-nasionale geldmag het nie na Rhodes se afsterwe doodgeloop nie. Dit is vandag nog net so lewend as in 1899, indien nie meer nie. Die geheime vereniging wat in 1891 gestig is, het na Rhodes se dood ononderbroke onder Milner se leiding voortgegaan. “Hierdie groep,” skryf Quigley, “ het daarin geslaag om toegang tot die Rhodes-skatte na sy dood in 1902 te kry en ook tot die fondse van getroue Rhodes-ondersteuners, soos Alfred Beit (1853-1906) en sir Abe Bailey (1864-1940).”

Daar was dus ontsaglike fondse tot die beskikking van die geheime+ vereniging. Wat het hulle daarmee gedoen?

Dr Quigley skryf: “Met hierdie rugsteun het hulle gestreef om die ideale wat Rhodes gehad het, uit te brei en uit te voer.”

Die ideale? Om Engelse heerskappy en heerskappy deur die geldmag wereldwyd te vestig. En die vestiging het in Transvaal be­gin deur die Engelse oorlog. Die rykdom waardeur hierdie verowering van die wereld gedoen moes word, kom uit hierdie land se dia­mante, goud en grond wat van die Boerevolk gesteel en geroof is deur die internasionale geldbende wat Rhodes as hulle politieke in­strument gebruik het.

Daar is baie getuienis dat die geheime organisasie wat Rhodes en Milner in 1891 gestig het om die Britse politiek te beïnvloed en te beheer, vandag die Engelssprekende wêreld beheer, en dat arms van die geheime organisasie vandag ook die Amerikaans-Engelse politiek in Suid-Afrika bedryf deur persone in sowel die Nasionale Party as die Progressiewe Party.

Maar dit is veral op die terrein van die geldwese en die pers dat ’n mens hierdie geheime organisasie se spoor moet soek, net soos aan die einde van die vorige eeu. Van die geldwese en die pers werk hy na die politieke en ander lewensterreine.

Wanneer ’n man soos dr. Anton Rupert, wat uit die skraal sak van Afrikaners in die veertiger- en vyftigerjare gesukkel het om op die been te kom, skielik in noue finansiële verhouding kom tot die Rothschilds, wie se verwante voorsate Rhodes gefinansier het, en dan in die Engelse pers bestempel word as ’n “financial wizard”, trek elke kundige Afrikaner sy wenkbroue op. Maar wanneer dit aan die lig kom dat dr. Rupert ook lid van die geheime Abe Bailey Trust is wat direk deur die Rhodes Trust aangestel word, kan ingeligte Afrikaners nie meer veel vrae oor hê nie.

As ’n mens daarby in ag neem dat die Abe Bailey Trust die koerante van SA Associated Newspapers beheer en dat mnr. Harry Oppenheimer vandag die Argus-groepkoerante besit en beheer, wat op hulle beurt vroeg in die sestigerjare 31 persent van SA Asso­ciated Newspapers se aandele besit (waarskynlik nou heelwat meer), besef jy hoe die geldnetwerk en die pers vandag in dieselfde patroon ingeweef is as in Rhodes se tyd. Daarom kon ’n gewese lid van die Verenigde Party en vroeëre werknemer van mnr. Op­penheimer, dr. G.F. Jacobs, verklaar: “Anton Rupert and Harry Oppenheimer think alike.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1531 gaste aanlyn