Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, dankie vir 'n gesonde sin vir humor, vir die bevryding van 'n skaterlag en die veerstelsel van blymoedigheid. Dankie dat U die mens gemaak het om te kán lag en dat daardie innerlike vrolikheid 'n lig is in donker tye.

DIE GELDMAG (6)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

COUNCIL ON FOREIGN RELATIONS

Agter die huidige Amerikaanse aanslag op die Afrikanerdom sit daar etlike geheime organisasies, waarin die verteenwoordigers van die groot geldmag saamgetrek is. Maar dit is veral een wat in die middelpunt staan: die Council on Foreign Relations (CFR). Voor hom het hy etlike frontorganisasies en agter hom le dieper verskuilde organisasies. Van sy frontorganisasies waarmee Suid-Afri­ka regstreeks te doen het, is die belangrikste die United States-South Africa Leader Exchange Programme (USSALEP) en die African-American Institute (AAI). Maar daarnaas is bv. die Ford Foundation en die Carnegie Endowment for International Peace, wat oënskynlik onafhanklik is, maar ook vanuit die CFR beheer word.

Die CFR is ingegrawe in die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake en in die ander setels van mag, en vandaar rig dit die Amerikaanse invloed in die Verenigde Volke en die Internasionale politiek. Dit is die CFR wat in 1956 die Amerikaanse regering weerhou het van toetrede tot Hongarye toe die Hongaarse volk opgestaan het teen die kommuniste; dit was die CFR se invloed wat Sjina in 1949 in die hande van die kommuniste laat beland het, en dit was deur die CFR se toedoen dat Kuba in 1960 in die hande van die kommunis, Fidel Castro, geval het.

Oor die feit dat die CFR duidelike pro-kommunistiese verbintenisse het, word vandag nie meer geargumenteer nie. Dit is trouens in 1973 deur niemand minder as die destydse Eerste Minister, mnr. P.W. Botha, in die openbaar gestel nie. Hy het in daardie jaar by die Nasionale Party van Kaapland se kongres op Oudtshoorn ’n skerp aanval op die USSALEP gedoen en Nasionaliste, wat verbintenisse met die organisasie het, gemaan om sulke bande te verbreek. In sy aanval op die USSALEP het mnr. Botha verwys na die skakeling tussen hierdie organisasie en die CFR wat, soos hy dit gestel het, kommunistiese bande handhaaf en die idee van ’n sosialistiese gesagstaat nastreef. Dit was die eerste en laaste keer dat mnr. Botha dit gewaag het om teen die verteenwoordigers van die groot geldmag te gaan staan. Later was hy in bondgenootskap met hulle, soos blyk uit die Carlton-byeenkoms op 22 November 1979. Na mnr. Botha se aanval op die USSALEP en die CFR is hy effektief stilgemaak deur die voorsitter van USSAJLEP se Internasionale Bestuurskomitee, adv. P.P. de Villicrs, wat ook besturende direkteur van Nasionale Pers Beperk is. Mnr. Botha was tot sy verkiesing as Eerste Minister mede-direkteur van Nasio­nale Pers.

Behalwe die een keer toe mnr. P.W. Botha in 1973 die CFR aangeval het, kan ek my nie herinner dat ’n Afrikaanse koerant die naam Council on Foreign Relations al ooit in ’n duidelike politieke samehang gepubliseer het nie. Redelikerwys moet ’n mens dus veronderstel dat daar waarlik baie min Afrikaners is wat van die be­staan van hierdie liggaam weet en dat die aantal wat enigsins ingelig is oor sy aard, sekerlik nie hoër as 0,5 persent van die Afrika­nerdom is nie. Wanneer daar oor die liggaam vir ’n Afrikaanse leserskring geskryf moet word, sal ’n mens natuurlik te doen hê met ’n mate van skeptisisme wat uit oningeligtheid spruit, en wanneer ’n mens met al die betrokke feite vorendag kom, sal daar baie mense wees wat waarskynlik sal sê dat dit nie waar is nie en hulle ongeloof versterk deur die feit dat ’n Afrikaner vanuit Suid-Afrika nie so baie kan weet oor ’n geheimsinnige liggaam wat in die VSA bestaan nie.

Met die oog op die probleme het ek dit as verstandig beskou om in die eerste plek iemand uit die VSA self oor die organisasie te laat praat. Hy is die bekende skrywer, W.Cleon Skousen, wat sestien jaar lank in die Amerikaanse speurdiens, die FBI, tien jaar lank redaksionele direkteur van die belangrikste polisieblad, Law and Order, en sewe jaar lank ’n universiteitsprofessor. was. Skou­sen is ook nie meer heeltemal onbekend aan mense in Suid-Afrika nie. In 1977 was hy as gas van ’n organisasie in Alberton (dieselfde organisasie wat die Amerikaanse joernalis en skrywer, Gary Allen, na Suid-Afrika gebring het, in Suid-Afrika en hoewel dit nooit met sekerheid vasgestel kon word nie, is daar sterk vermoedens dat die ou Inligtingsdepartement en sy geheime projekte baie te doen gehad het met die koms van Skousen na Suid-Afrika.

Skousen is die skrywer van die boek, The Naked Communist. wat in 1961 die lys van Amerikaanse blitsverkopers bereik het. In 1970 het hy die boek, The Naked Capitalist, met die subtitel, “A review and commentary on dr. Caroll Quigley’s book, Tragedy and Hope,” laat verskyn. Op bl. 50 onder die opskrif “The Council on Foreign Relations.” skryf Skousen: “Nou is dit tyd om van na- derby te kyk na die werklike komnlot-masiinerie van die wereldwye netwerk van geheime mag, veral in sy verhouding tot die binnelandse en buitelandse beleid van die VSA. Soos ons reeds ontdek het, is die Geheime Vereniging wat deur Cecil Rhodes in medewerking met Rothschild, Morgan, Rockefeller, ens., gestig is, deur ’n klein, hoogs geheime Round Table Group bestuur. Hierdie geheime groep het daarna frontorganisasies gestig met die oog op die bevordering van sy sameswerings. Die frontorganisasie in die VSA is die Council on Foreign Relations (CFR) genoem. Soos ons vroeër aangetoon het, is dit die wyse waarop dr. Quigley sê dit tot stand gekom het :

     Aan die einde van die oorlog van 1914 het dit duidelik geword dat die organisasie van hierdie stelsel (die Round Table) aansienlik uitgebrei moes word. Weer eens is die taak aan Lionel Curtis (een van Milner se Kindergarten) toevertrou, wat in Engeland en in elke dominium ’n frontorganisasie vir die bestaande Round Table Group gestig het. Hierdie frontorganisasie, bekend as die Royal Institute of International Affairs (In Suid-Afrika die SA Institute for International Affairs), het in elke gebied as kern gehad die be­staande plaaslike, halfgeheime Round Table Group. In New York het dit bekend gestaan as die Council on Foreign Relations en dit was ’n frontorganisasie vir J.P. Morgan and Company in medewerking met die baie klein Amerikaanse Round Table Group.

“Die Amerikaanse organiseerders is oorheers deur die groot aantal Morgan- ‘deskundiges’, met inbegrip van Lamont en Beer, wat na die Paryse Vredeskonferensie gegaan en daar intieme vriende ge- word het met ’n dergelike groep Engelse ‘deskundiges’ wat deur die Milner-groep gewerf is. Die oorspronklike planne vir die Royal Institute of International Affairs en die Council on Foreign Rela­tions is in werklikheid in Parys opgestel.”

Dan gaan Skousen voort: “Hoewel die CFR nie die geheime binnekern is nie, word sy frontorganisasies met net soveel geheimsinnigheid behandel as wat hulle magtig is. Prakties geen publisiteit word geduld nie. As ’n student in die resente tydskrifte gaan blaai op soek na artikels oor die CFR, sal hy waarskynlik niks vind nie. Op 1 September 1961 het die Christian Science Monitor egter ’n min of meer ‘amptelike’ relaas gegee van wat die CFR op rekord wou hê. Hierdie koerant is volgens dr. Quigley deel van die CFR- pers en daarom kan die artikel as ’n amptelike stuk beskou word. Die artikel begin so:

“Aan die westekant van ’n netjiese park in 68e Straat (New York City) staan twee mooi geboue regoor mekaar. Een is die Sowjet se VVO-ambassade... Direk aan die oorkant op die suidwestelike hoek is die Council on Foreign Relations, waarskynlik een van die invloedrykste half-openbare organisasies in die veld van buitelandse beleid.”

“Die CFR-hoofkantoor,” skryf Skouen voorts, “was ’n geskenk van die Rockefellers. Die artikel meld dat sy naamlys name bevat wat bekendheid verwerf het in die diplomasie, die regering, sakewêreld, finansies, wetenskap, arbeid, joernalistiek, regte en onderwys. Wat hierdie lede met sulke wydverspreide en uiteenlopende belangstellings in ’n hegte eenheid saamgesnoer het, is ’n hartstogtelike besorgdheid oor die koers van Amerikaanse buitelandse beleid. Die CFR-naamlys toon ’n formele lidmaatskap van 1 400 elite-persoonlikhede wat sorgvuldig vanweë hulle bruikbaarheid uit die nasie se sleutelprofessies gekies is. Hulle word gekeur en opgelei vir sleutelposisies in die Federale regering. Die artikel meld dat byna die helfte van die CFR-lede regeringsposte aangebied is of op die een of ander tydstip gevra is om as konsultant vir die regering op te tree.

“Nog een artikel oor die CFR,” skryf Skousen, “kan gevind word in een van die ouer tydskrifte. In Harper’s van Julie 1958 verskyn daar ’n artikel onder die opskrif ‘School for Statesmen’ deur Joseph Kraft, ’n CFR-lid. Hy beskryf die CFR in hierdie terme: ‘Dit is die setel van... basiese regeringsbeslissings, het beslag gegee aan baie ander en het herhaaldelik gedien as werwingsterrein van hoë amptenare.’

“In hierdie artikel,” gaan Skousen voort, “stel Kraft dit dat die CFR sy lede in ’n bepaalde lyn van strategie oplei wat uitgevoer moet word as deel van die span in Washington. Wat is die strate­gie? Kraft wys daarop dat die hoofargitek vir die formele skepping van die CFR die netwerk se persoonlike assistent van pres. Wilson by die Withuis, kolonel Edward Mandell House was, wat op sy beurt weer hand aan hand met Jerome Green gewerk het. House het erken dat hy ‘Philip Dru: Administrator’ geskryf het, waarin die skepping van ’n internasionale groepering van magte en die vestiging van ‘sosialisme soos deur Karl Marx gedroom is’, beskryf word.

“Kraft sê voorts dat die sorgvuldig uitgesoekte span CFR-ondersteuners wat ingebring is om House te help, Walter Lippman (die bekende skrywer), John Foster Dulles (gewese Minister van Buitelandse Sake), Allen Dulles (gewese hoof van die CIA) en Christian Herter (gewese Minister van Buitelandse Sake) was. Hulle was almal saam met House by die Paryse Vredeskonferensie en House was die gasheer van die Round Table-groep, sowel Engelse as Amerikaanse, toe hulle op 19 Mei 1919 in die Majestic Hotel in Parys byeengekom het om die verskillende frontorganisasies vir verskeie werelddele te organiseer — waarvan die CFR in die VSA een van die belangrikste was.

“Om ‘n idee te kry van die mag en invloed van die CFR deur die letterlike oorname van buitelandse beleid van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake na die oorlog, kan verwys word na die volgende publikasie 2349 van die State Departement getiteld ‘Report to the President on the Results of the San Francisco Con­ference.’ Dit is die amptelike verslag van die (destydse) Minister van Buitelandse Sake, Edward R. Stettinius. Dit lui onder meer:

“ ‘Met die uitbreek van die oorlog in Europa was dit duidelik dat die VSA na die oorlog met nuwe en buitengewone vraagstukke gekonfronteer sou word... Gevolglik is ’n Komitee vir Na-oorlogse Probleme voor die einde van 1939 (twee jaar voordat Amerika tot die oorlog toegetree het) op voorstel van die CFR gestig. Die komitee het bestaan uit hoe amptenare van die Departement van Buitelandse Sake (met uitsondering van een was almal CFR-lede). Dit is bygestaan deur ’n navorsingspersoneel wat in Februarie 1941 georganiseer is in ’n afdeling van Spesiale Navorsing (bedoelende dat dit van die CFR se betaalstaat geneem en op die betaalstaat van die Departement van Buitelandse Sake oorgeplaas is).’

“Dit,” skryf Skousen,” is die groep wat die basiese struktuur van die Verenigde Volke en die na-oorlogse beleidsrigtings geskep het waardeur mense van die Vrye Wêreld teen ’n tempo van een honderd miljoen per jaar in die eerste sewe jaar ná die oorlog aan die kommunistiese blok opgeoffer is. Daar was 74 CFR-lede in die Amerikaanse afvaardiging na die stigtingskonferensie van die VVO in 1945 in San Francisco. Onder hulle was Alger Hiss (die kom­munistiese spioen), Harry Dexter White (Russiese agent), Owen Lattimore (wat deur ’n komitee van die Amerkaanse Kongres bestempel is as ’n bewuste en duidelike instrument van die Rus­siese internasionale sameswering), John J. McCloy (voormalige hoof van die Rockefeller Chase Manhattan Bank), Harold Stassen, Nelson Rockefeller, John Foster Dulles, Philip Jessup (die VSA se verteenwoordiger in die Internasionale Hof in Den Haag met die Suidwes-saak in 1966) en Dean Acheson. Hulle en 38 bykomende CFR-lede het bykans elke belangrike besluitnemende posisie in die Amerikaanse afvaardiging na die San Francisco-konferensie met die oog op die stigting van die VVO beset.

“Een van die voorste gesinne in die Morgan-Rockefeller-kring is die Lamonts, wat ’n prominente plek in die geledere van die CFR beklee het en wat leidende Wall Streetbankiers in die bevordering van pro-Russiese beleidsrigtinge verteenwoordig het. Corliss Lamont, ’n CFR-lid, is deur die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Komitee oor On-Amerikaanse Bedrywighede genoem as ‘waarskynlik die mees volhardende propagandis van die Sowjet-unie wat in die VSA te vinde is.’

“Die Lamonts en die ander vooraanstaande CFR-lede is ineengestrengel met ander Wall Street gefinansierde programme, soos die American Association for the United Nations, die Foreign Poli­cy Association, die World Affairs Council, die Committee for Economic Development, Business Advisory Council, Commission on National Goals, American Assembly, National Planning Asso­ciation en Americans for Democratic Action.

“Internasionaal is die CFR verweef met die Bilderbergers (’n internasionale geheime organisasie waarvan prins Bernhard van Nederland lank die voorsitter was en met wie ’n man soos dr. Ru­pert weer bevriend is deur die International Wild Life Association), die Pugwash Conferences, die English-speaking Union, die Pilgrims Society, en met sy geheime beheergroep, die Round Table.

Oor die invloed van die CFR skryf Skousen voorts: “Die CFR het in een of ander mate in elkeen van die laaste tien Amerikaanse regerings ’n deel gehad en het die van Franklin D. Roosevelt, Har­ry Truman, Dwight Eisenhower, John F. Kennedy, Lyndon John­son en Richard Nixon oorheers. Om ’n idee te kry van die CFR-invloed in Washington op hierdie tydstip, kan gelet word op die volgende belangrike CFR-aanstellings wat deur pres. Nixon gemaak is: Henry A. Kissinger (hoof-raadgewer oor buitelandse beleid en getrek direk vanuit die CFR se betaalde amptenare; ook voorheen ’n betaalde amptenaar van die Rockefellers) Henry Cabot Lodge (hoofonderhandelaar in Parys); Charles Yost (ambassadeur na die VVO en ook ’n betaalde amptenaar van die CFR); Arthur Burns (voorsitter van die Federal Reserve Board), Harlan Cleveland (VSA-ambassadeur by NAVO), George Ball (raadgewer oor buite­landse beleid); Robert Murphy (buitengewone raadgewer oor inter­nasionale sake); Richard P. Pederson (uitvoerende sekretaris van die Departement van Buitelandse Sake); Alan Piper (presidensiele raadgewer oor onderwysfinansiering, wat ook ’n medewerker was van die berugte invalsplan teen Suid-Afrika deur die Carnegie En­dowment for International Peace); dr. Paul McCracken (hoof-ekonomiese assistent), Elsworth Bunker (Amerikaanse ambassadeur in Saigon) genl. Andrew J. Goodpaster (hoofraadgewer oor militêre sake) dr. Glen T. Seaborg (voorsitter van die Atoomkragkommissie); Joseph S. Sisco (onderminister van buitelandse sake vir die Midde-Ooste en Suid-Asië); Jocob Beam (ambassadeur in Rusland en Gerald Smith (direkteur van wapenbeheer en ontwapeningsagentskap).”

In hierdie boek van Skousen word die CFR se verhouding tot die groot Amerikaanse stigtings (Foundations) ook behandel. In sy bespreking wy hy bv. ’n spesiale afdeling aan die Ford Founda­tion, wat waarskynlik die kapitaalkragtigste en invloedrykste stigting in die VSA is. Dit is in 1939 gestig en aan die begin van die sewentigerjare is sy waarde op R1 840 miljoen gestel. Hy het geldskenkings ter waarde van R300 miljoen in 80 lande gemaak en net in 1970 alleen het hy sowat R14 miljoen bestee aan projekte in die Midde-Ooste en Afrika.

Toe Henry Ford die Ford Foundation tot stand gebring het, het hy dit so aangelê dat sy familie beheer daaroor sou hê en hy het aanvaar dat hulle dieselfde beleid sou voortsit wat hy gehad het. Toe Henry Ford, sr., in 1947 oorlede is, is daar geraap en geskraap na die mag in die Foundation en uiteindelik het dit beland in die hande van Paul G. Hoffman, wat vroeër direkteur van die hoofpropaganda-arm van die CFR was. Daarvandaan is die Ford Foundation se rykdom progressief aangewend om byna elke linkse aksie in die Amerikaanse politiek te prikkel of te bevorder.

Die Ford Foundation is in Februarie 1972 in die Suid-Afrikaanse Parlement genoem toe mnr. Vorster ’n parlementêre ondersoek gevra het na die SA Institute of Race Relations, die Christelike Instituut, Nusas en die University Christian Movement. Hy het aangevoer dat die Ford Foundation terroriste in Tanzanie gehelp het. Hierdie feit is al sedert 1964 bekend en is onder meer deur dr. Noquera, die toenmalige Portugese Minister van Buitelandse Sake, en wyle dr. Eric Louw, Suid-Afrika se gewese Minister van Buitelandse Sake, reeds in 1963 openbaar gemaak.

Terloops kan daaraan herinner word dat die Suid-Afrikaanse Re­gering in die sestigerjare nie Ford-produkte gekoop het nie as gevolg van die finansiering van terroriste in Suider-Afrika. Na die sluipmoord op dr. Verwoerd het die jongere Henry Ford besoek aan mnr. Vorster gebring en is die Suid-Afrikaanse Regering se be­leid blykbaar gewysig met betrekking tot die Ford-produkte.

Twee dinge kan met betreklike sekerheid aanvaar word. Die een is dat die Ford Foundation een van die grooste finansiers van die CFR is, en die ander is dat die linkse politieke aktiwiteite van die Ford Foundation plaasvind in ooreenstemming met die algemene beleid van die CFR. Dit is baie seker dat die Ford Foundation en ander van die groot Amerikaanse stigtings nie onafhanklik optree nie, maar deel is van die geheime netwerk in die Anglikaanse wêreld waaydeur volke volkome onderwerp moet word aan die Amerikaanse-Engelse geldmag.

Die Ford Foundation se bemoeiing met Suid-Afrika is bv. baie opsigtelik en ’n liggaam soos die USSALEP kan aanvaar word as ’n frontorganisasie van die CFR wat hoofsaaklik deur die Ford Foun­dation en ander groot Amerikaanse stigtings gefinansier word. Aan die begin van 1972 is bv. in ’n koerant in Suid-Afrika berig dat die Ford Foundation die veelrassige simposium by die lughawe Jan Smuts, wat die vorige jaar onder die vleuels van die USSALEP plaasgevind het, gefinansier het.

Dit is eers wannner die drade sigbaar word wat na Suid-Afrika vanuit hierdie geheime Amerikaanse-Engelse netwerk loop, dat ’n Afrikaner besef hoe die moderne imperialisme die Rhodes-Milner- doelstellings teen die Afrikanerdom voortsit en hoe dit deel is van ’n omvangryke, geheime organisasie wat tot wereldheerskappy van die Amerikaanse-Engelse mag moet lei.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1429 gaste aanlyn