VERWOERDMAAND

DIE GELDMAG (7)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

DIE BILDERBERGERS

In ’n studie van sulke magsgroepe soos die Council on Foreign Relations en sy Britse eweknie, die Royal Institute of Internatio­nal Affairs, sal dit blyk dat die politieke mag in die Westerse wêreld deur klein, dog magtige, elite-groepe_gerig word. Hierdie elite-groepe, wat in die geheim werk, is nie baie lief vir persfotograwe nie en hulle invloed op die gang van wêreldsake moet dus afgelei word uit die bedrywighede van die agentskappe wat hulle in hulle diens het. Daar is talle van hierdie agentskappe, waarvan een van die belangrikste die Bilderbergerroep is. Dit is noodsaaklik dat kortliks stilgestaan word by hierdie groep.

Waar die CFR uitsluitend tot Amerikaanse geldbaronne beperk is, is lidmaatskap van die Bilderberger-groep eintlik “internasionaal.” Onder sy bekendste lede tel sakemanne, nyweraars en politici en uit die VSA, Brittanje, Wes-Duitsland en ander Wes-Europese lande, asook lede van koningshuise in Brittanje en Nederland. Sedert sy totstandkoming was prins Bernhard, van Nederland, voorsitter van die Bilderbergers. Enkele Jare gelede is hy opgevolg deur prins Philip van die Britse koningshuis.

Prins Bernhard se verbintenis met die internasionale geldmag is natuurlik algemeen bekend. Enkele jare gelede het dit gelei tot die Lockheed-skandaal in Amerika wat nie alleen die Nederlandse koningshuis tot in sy fondamente geskud het nie, maar ook die Nederlandse regering tot op die randjie van ’n val gebring het. Prins Bernhard was so diep betrokke in hierdie skandaal dat daar selfs ’n geroep in Nederland opgeklink het dat koningin Juliana moes abdikeer. (In Suid-Afrika was prins Bernhard bevriend met dr. Rupert, glo op grond van hulle gemeenskaplike belangstelling in natuurbewaring.)

Die Bilderberger-organisasie het in Februarie 1957 tot stand gekom. Die byeenkoms van die verteenwoordigers van die groot geldmag en politici het op St. Simons-eiland, aan die kus van Georgia, in die grootste geheimhouding vergader. ’n “Opsomming” van die beraadslagings is egter in ’n aanhangsel tot die Amerikaanse Kongresrekords opgeneem. Dit is veelseggend om te let op sommige van die mense wat by hierdie byeenkoms teenwoordig was: Joseph E. Johnson, van die Carnegie Endowment for International Peace waarna reeds vroeër in hierdie boek verwys is in verband met sy aandeel aan die beplande invalsplan teen Suid-Afrika in 1965; G.W. Ball, gewese Onderminster van Buitelandse Sake belas met Afrika-aangeleenthede in die Amerikaanse adminstrasie; McGeorge Bundy, van die VSA John Foster Dulles, gewese Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake; Thomas E. Dewey, gewese Goewerneur van New York; Denis Healey, leidende figuur in die Britse Arbeiderpaxty; George K. Keisinger, Direkteur van Spesiale Studie van die Rockefeller Foundation; Geo. G. McGhee, Direkteur van die Middle East Institute; David Rockefeller, hoof van die Rockefeller-empire; en politieke, nywerheids- en mediaverteenwoordigers uit verskeie ander lande soos Denemarke, Frankryk, België, Italië, Wes-Duitsland, Noorweë, Swede, Kanada en Holland.

Waarom het hierdie mense daar in die geheim vergader? Wie het hulle daarheen gestuur? Wie het hulle byeenkoms geborg? Wat het hulle bespreek? Watter besluite het hulle geneem? Watter opdragte het hulle ontvang? Watter gemene deler van belange was daar tussen hulle? Die antwoord op die laaste vraag, wat ook die antwoorde sal verstrek op die ander vrae, was dat hulle almal bevorderaars van die internasionalisme was. En hulle belangrikste oogmerk was die bevordering van die gedagte van ’n eenwêreldstaat, soos mnr. P.W. Botha in 1973 die CFR ten laste gelê het.

’n Berig in die Sunday Times van Londen in Oktober 1957 is in die verband baie betekenisvol. Dit het gelui dat finansiers en sakemanne van die VSA, Brittanje, Kanada en nog dertien Wes-Europese lande in Fiuggi, Italië, met samesprekings begin het met die oog op die skepping van ’n Europese vryhandelsgebied en die stigting van ’n Europese Gemeenskapsmark. Daar was sestig afgevaardigdes teenwoordig. Dit is glad nie moeilik om in hierdie byeenkoms die hand van prins Bernhard se geheime Bilderberger-groep te bespeur nie, veral as gelet word op die mense wat daar teenwoordig was en ’n vergelyking dan getref word met die afgevaardigdelys na die stigtingsbyeenkoms op St. Simons-eiland.

In September 1958 is nog ’n dergelike geheime byeenkoms van die groep in Buxton, Derbyshire, gehou. So geheim was die by­eenkoms en so streng was die voorsorgmaatreëls wat die groep ge­tref het om hulle identiteit en hulle beraadslagings van die buitewêreld te weerhou dat met die uitsondering van drie baie ou inwoners van die Hotel Palace al die ander gaste op daardie tydstip kennis gekry het om pad te gee. Selfs die personeel van die hotel is vervang en eie personeel is tydelik in hulle plek in diens geneem. Prins Bernhard het nie alleen die burgermeester van Buxton geïgnoreer nie, maar ook die Britse koningin (toe hy voet aan wal op Britse bodem gesit het). Minstens twee dosyn van die afgevaardigdes wat die byeenkoms op St. Simons-eiland bygewoon het, was ook op die konferensie in Buxton teenwoordig.

Sir Edward Beddington-Behrens het in Junie 1960 in ’n huldeblyk aan Joseph Retinger, een van die prominente figure in die totstandkoming van die Bilderberger-groep, in The Times van Lon­den geskryf “dat die Bilderberger-groep die leidende politieke en nywerheidsleiers van die VSA en Europa bymekaar gebring het om middele te bespreek om enige bron van konflik tussen die VSA en sy bondgenote uit die weg te ruim. Die vergaderings, wat sonder enige publisiteit hoegenaamd in Engeland, Holland, Turkye, Switserland en die VSA gehou is, het leidende staatsmanne bymekaar gebring om probleme in privaatheid te bespreek en om standpunte met mense van gelykwaardige status in ander lande uit te ruil.”

Vandag sluit die naamlys van die Bilderberger-groep, wat met groot moeite uit die VSA bekom is, die name in van mense soos David Rockefeller, Henry Kissinger, Kurt Kissinger (gewese Wes-Duitse Kanselier), mev. Margaret Thatcher, James Callaghan, /Helmut Schmidt, en van die wêreld se bekendste nyweraars en sakeleiers. Dat die Bilderbergers ’n belangrike invloed op sowel politieke as finansiële ontwikkelinge gehad het en nog steeds het, val nie meer te betwyfel nie.

Vervolg...


Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2104 gaste aanlyn