NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons bly en dankbaar voel oor ons hemelse Vader ons so liefhet dat Hy tot die getal hare op ons koppe ken, sal ons lus voel om dit van die 'dakke af te verkondig'. Die Here vra egter in sy Woord dat ons niks meer verkondig as wat Hy aan ons geopenbaar het nie en sy Voorbeeld moet volg om te swyg oor verborgenhede maar alles uit ons kennis van die Woord met ander te praat – ons het dus 'n groot verantwoordelikheid om die Woord deeglik te bestudeer sodat ons weet waarvan ons praat om só ander nie te mislei nie.

DIE GELDMAG (8)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

Vorster en die Geldmag

Vir die verteenwoordigers van die groot geldmag hier en in die buiteland moes die verwydering van dr. Verwoerd van die politieke toneel in Suid-Afrika deur die kommunis Tsafendas ongetwyfeld ’n belangrike moment in hulle veroweringsplanne gewees het. Dr. Verwoerd was die een man teen wie hulle altyd gestuit het in hulle berekenings om deur hulle geld die politieke mag in Suid-Afrika te verower. Hy het tussen hulle en die Afrikanerdom gestaan en telkens moes hulle sien hoe hulle planne deur hom verongeluk is. Die vooruitsigte op sukses het na 30 Maart 1966, toe dr. Verwoerd in daardie verkiesing binnelands nuwe hoogtes bereik het, baie skraal gelyk. En na die uitspraak in die Internasionale Hof in Den Haag oor die Suidwes-saak in Julie van daardie jaar het hierdie man in die buitewêreld feitlik tot ’n onaantasbare posisie uitgestyg. Die planne van die internasionale magshebbers en die magte wat agter hulle geritsel het, was erg deurmekaar gekrap. Die sluipmoord op 6 September 1966 in die Volksraad het egter alles oornag verander.

Dit kan met taamlike sekerheid gestel word dat die verteen­woordigers van die groot geldmag hier en in die buiteland op daardie tydstip nie veel omgegee het wie dr. Verwoerd sou opvolg nie. Die Afrikanerdom het hom in ’n leierskapkrisis bevind soos nog selde in sy bestaan en die teenstanders van Afrikaner-nasionalisme het geweet dat die Afrikanerdom op daardie tydstip nie op so ’n leierskapkrisis voorbereid was nie. Die man Verwoerd was op daardie tydstip vir die Afrikaner onvervangbaar en die vyande van die Afrikanerdom het dit geweet. Wat hulle ook ge­weet het, is dat nie een van die drie vernaamste aanspraakmakers op die opvolging van dr. Verwoerd — John Vorster, T.E. Donges en Ben Schoeman — toegerus was om oor te neem waar die hand van die sluipmoordenaar tussenbeide getree het nie.

Die keuse het op Vorster geval en ek glo nie dit het die ver­teenwoordigers van die antinasionale politiek lank geneem om te besluit dat dit die regte keuse was nie. Hulle het waarskynlik lank tevore reeds ’n studie van die man gemaak en presies te wete gekom wat sy kwesbaarste plekke was, waar hulle hom kon druk en waar hy sou toegee. Die verloop van sake in sy eerste bewindsjare het hulle waarskynlik ook oortuig dat die keuse van die NP-koukus op 13 September 1966 vir hulle ’n uitstekende keuse was.

Die vraag is al dikwels gestel wie mnr. Vorster se adviseurs in die politiek was. Daar is al telkens aangevoer dat sy politieke agtergrond nie van so ’n aard was dat dinge soos uitwaarts, dia­loog, detente en wegbeweeg van diskriminasie sy breinvrugte kon wees nie. Hy was nie ’n politieke denker in die sin wat dr. Verwoerd een was nie. Baie name van mense wat ’n invloed op mnr. Vorster kon uitoefen, is met verloop van tyd genoem en dit is seter waar dat hy van tyd tot tyd vertrouelinge om hom vergader het na wie hy geluister het. Maar namate sake onder sy bewind ontplooi het, het een ding baie duidelik geword: dat die verteenwoordigers van die groot geldmag, die ryk geldmanne, ’n groot invloed op die Vorsterpolitiek uitgeoefen het. ’n Man soos dr. Rupert het bv. die toegang tot mnr. Vorster gevind wat hy nie by dr. Verwoerd kon vind nie. Daarby het mnr. Vorster se familiebande van sy vrou se kant hom ook in aanraking gebring met die verteenwoordigers van die Afrikanergeldmag in die Suide en hulle moes ongetwyfeld ’n baie sterk invloed op hom uitgeoefen het.

Dit is in die binnekamers van hierdie geldmag-verteenwoordigers waar die planne gesmee is om die ekonomiese magte aan te wend om die binnelandse politiek in bepaalde rigtings te stuur. Dit is in daardie binnekamers dat die uitwaartse beleid, detente, dialoog, wegbeweeg van diskriminasie en radikale konstitusionele hervormings gebore is. Mnr. Vorster, met luitenante soos dr. Hilgard Muller, mnr. Pik Botha en dr. Piet Koornhof om hom, het die kanaal geword waarlangs die planne van die geldmag in die politiek ingedra is en konkrete beslag in beleidsformulerings gekry het.

Watter oorheersende invloed die geldmag op mnr. Vorster se denke gekry het, blyk uit ’n toespraak wat hy op 22 Augustus 1978, minder as ’n maand voor sy uittrede uit die aktiewe poli­tiek, voor die kongres van die Verbruikersraad in Pretoria gelewer het. By die geleentheid het hy gesê: “Daar sal betekenisvolle veranderinge gemaak moet word as die afskaffing van ongelykheid in ons sosiale stelsel prioriteit moet geniet. Dit sal met materiele opofferinge deur die Blankes gepaard moet gaan. Ek twyfel nie daaraan dat dit gedoen sal word nie.”

Wat mnr. Vorster hier aan sy gehoor wou oordra, het dr. F.J. Cronje, voorsitter van Nedbank en een van die belangrike verteenwoordigers van die groot geldmag in Suid-Afrika, op 4 November 1976 in heelwat blatanter vorm in Durban gesê. “Die lewenstandaard van Blankes,” het hy by hierdie geleentheid verklaar, “moet daal, maar dit kan nie toegelaat word dat die lewenstandaard van ander rasse daal nie.”

Mense wat na aan mnr. Vorster gestaan het, sê dat hy tydens sy bewind besondere bande met sulke geldmanne soos dr. Rupert, dr. Etienne Rousseau, dr. Tommie Muller, dr. A.D. Wassenaar, dr. Jan S. Marais en andere gehandhaaf het. Toe ’n man soos mnr. S.E.D. Brown reg aan die begin van mnr. Vorster se bewindsoorname op die linkse politieke denke van sommige van Suid-Afrika se nywerheids- en sakeleiers gewys het, het die destydse Eerste Minister hulle in sy beskerming geneem. Hy het hulle as goeie Afrikaners bestempel en mnr. Brown as ’n agent provocateur voorgestel.

Hierdie sake- en nywerheidsleiers het almal trustees van die SA-Stigting geword wat reeds die stempel van Suid-Afrika se onsigbare en verskuilde regering gekry het. Op hulle beurt het hulle aanvanklik groot lof vir mnr. Vorster gehad en hom in ’n baie gunstige lig teenoor dr. Verwoerd probeer stel. Hulle het hom geprys vir sy buigsaamheid, sy aanpasbaarheid en sy pragmatisme. In die laaste jaar of wat van sy bewind het daar egter van die kant van die geldmanne blykbaar ’n taamlike afkoeling gekom van die warme verhouding wat voorheen tussen hulle en die Eerste Minister bestaan het. Hulle groot klagte teen hom op daardie tydstip was blykbaar dat hy nie vinnig genoeg na hulle sin beweeg het nie. ’n Besoekende Duitse akademikus, dr. Theo Hanff, het bv. vertel dat dr. Rousseau in ’n gesprek met hom erken het dat hy baie teleurgesteld in mnr. Vorster is. Hy het verduidelik dat daar op daardie tydstip geen dryfkrag meer by mnr. Vorster te bespeur was nie en dat hy skynbaar net die tyd afgewag het om uit te tree. Wat dr. Rousseau, volgens die Duitser, die meeste gekwel het, was dat mnr. Vorster nie meer ontvanklik was vir nuwe idees en nie meer na hulle wou luister nie.

Tussen dr. Verwoerd en die ryk geldmanne het nooit dieselfde hartlike verhouding bestaan as wat daar tussen hulle en mnr. Vorster geheers het nie. Die verklaring hiervoor is voor die hand liggend: die ekonomiese magte het nie veel trek aan ’n sterk prinsipiële politieke leier nie, omdat die groot geld en beginsels nog nooit intieme bedmaats was nie. Dr. Verwoerd het nie in vyandskap met die geldmanne gelewe nie, maar dit is ook bekend dat hy hom nie deur hulle laat voorskryf het nie. Hulle kon hom nooit buig om hulle oogmerke te pas nie.

Dr. Verwoerd het in sy dae nie geskroom om van die geld­manne skerp tereg te wys nie. Hy het dikwels in die openbaar met mnr. Oppenheimer gebots oor laasgenoemde se politieke uitsprake — iets wat in die Vorster-bewind nooit gebeur het nie. Mnr. Vorster het hom weerhou van ’n konfrontasie met die groot geldmanne en het hulle bemoeiing met die politiek heeltemal oor die hoof gesien. Teen die einde van sy bewind het hy wel in die Volksraad ’n skrams hou na mnr. Oppenheimer gemik na aanleiding van Andrew Young, die Amerikaanse Neger- politikus, se besoek aan Suid-Afrika as gas van mnr. Oppenhei­mer. Hy het mnr. Oppenheimer gevra om te toon waar hy staan. Die Suid-Afrikaanse beeldradio het daarna ’n geleentheid aan mnr. Oppenheimer gebied om op hierdie vraag te antwoord en hy het dit in taamlik aanmatigende terme gedoen. “As mnr. Vorster nou nog nie weet waar ek staan nie,” het hy die vraag beantwoord, “is hy nie so slim as wat ek gedink het nie.” Dit was die enigste geleentheid dat mnr. Vorster en die grootbaas van Anglo-American swaarde gekruis het, maar dit was op ’n tyd­stip toe die geldmanne kennelik nie meer veel waarde aan mnr. Vorster geheg het nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

APARTHEID:

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1061 gaste aanlyn