NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus sê dat 'n mens nie 'n maaltyd vir vriende moet aanbied net sodat jy weer genooi kan word nie. Dít, sê Hy, is 'n ruiltransaksie. Maar om mense wat niks kan teruggee nie, te nooi, is egte nederigheid, liefde en diens, en het ewige waarde. God sal omsien na iemand met so 'n gesindheid – Luk 14

DIE GELDMAG (9)

B M Schoeman

Lees reeks by  Die Geldmag

DIE HOEKVERSLAG

Mnr. Vorster se verhouding teenoor die geldmanne, en dan meer bepaald teenoor mnr. Oppenheimer, blyk miskien die beste uit die gebeure rondom die Hoekverslag.

Dit is betekenisvol dat dr. Verwoerd, toe hy in 1964 geantwoord het op die heftige aandrang van die Opposisie dat ondersoek ingestel moes word na die bedrywighede van die Afrikaner-Broederbond, gesê het dat as die Broederbond on­dersoek moes word, ander organisasies van die Engelssprekende wêreld ook ondersoek behoort te word. Een van die organisa­sies wat hy genoem het, was Anglo-American. ’n Ruk daarna het prof. Piet Hoek, destyds Adjunk-hoofbestuurder van Yskor, dr. Verwoerd gevra om wel so ’n ondersoek na Anglo-American te laat instel. Prof. Hoek was diep bekommerd oor die greep wat Anglo-American en mnr. Oppenheimer op die Suid-Afrikaanse ekonomie verkry het. Hy het gesoek na middele om hierdie greep te breek.

Dr. Verwoerd het hom meegedeel dat hy met hom saam  stem wat Anglo-American en mnr. Oppenheimer betref, maar dat hy nie in sy posisie ’n amptelike ondersoek kon gelas nie. “Maar waarom stel jy nie so ’n ondersoek vir my in nie?” het hy gevra.

Op ’n voormiddag aan die begin van 1969 het prof. Hoek in ’n gesprek van ’n paar uur in sy kantoor aan my vertel wat daarna gebeur het. Hy het sowat tien medewerkers in die Afrikaanse sakewêreld genader om hom in die ondersoek behulpsaam te wees. Elkeen sou ’n bepaalde faset kry om te onder­soek. Soos dit maar met sulke take gebeur, het die een na die ander later kop uitgetrek totdat omtrent net hvself oorgebly het. Hy het voortgegaan met sy werk. Tyd het hy genoeg gehad omdat hy op daardie tydstip reeds vanweë sy oortuiginge op ’n syspoor by Yskor gerangeer is. Prof. Hoek het aan my vertel dat hy al gaande al hoe minder werk by Yskor gekry het. Hy is al minder betrek by besluitnemings en sy personeel het al kleiner geword totdat hy omtrent net sy persoonlike tikster oorgehou het.

Met die moord op dr. Verwoerd was hy reeds ver gevorder met sy ondersoek, maar nog nie heeltemal klaar nie. Hy wou egter vasstel hoe die nuwe Eerste Minister oor die saak voel, maar het nie geweet hoe om by hom uit te kom nie. Prof. Hoek sê hy het toe die saak met genl. Van den Bergh gaan bespreek en dié het aan hom gesê hy hoef hom nie oor die probleem te bekommer nie. Die generaal het in sy teenwoordigheid die telefoon opgetel en ’n afspraak vir hom by mnr. Vorster gemaak. Toe hy by hulle eerste ontmoeting die saak aan mnr. Vorster verduidelik het, was hy baie geesdriftig en het allerlei instemmende geluide gemaak wat mnr. Oppenheimer betref. By die tweede ontmoeting toe prof. Hoek weer die saak met mnr. Vorster gaan bespreek het, was die geesdrif opvallend minder. Hy het nietemin voortge­gaan en die ondersoek voltooi en daarna is hy met sy verslag na mnr. Vorster.

Eerste Minister het hom gemaan om nie die verslag openbaar te maak nie, aangesien dit hom in groot verleentheid kon besorg. Hy het aan die hand gedoen dat die duplisering daarvan aan genl. Van den Bergh oorgelaat moes word en dat die saak dan weer bespreek kon word. Maande het verbygegaan sonder dat hy weer iets van mnr. Vorster of genl. Van den Bergh gehoor het. Toe hy uiteindelik weer by mnr. Vorster gaan navraag doen het, was hy sigbaar gesteurd en het hy baie ferm aan hom gesê dat die verslag nie gesirkuleer mag word nie. Prof. Hoek het toe daarop aangedring dat hy afskrifte aan ’n paar van sy vriende


gee. Name wat hy genoem het, was mnr. Van Schoor by Die Vaderland, mnr. C.D. Fuchs by die SAUK, dr. A. Hertzog en andere. Dit is hoe enkele kopieë van die nou bekende Hoek-verslag in omloop gekom het. Ekself het prof. Hoek se persoonlike kopie gekry met toestemming om ’n afskrif daarvan te kon maak. Daarna is vasgestel dat genl. Van den Berg die verslag laat kodifiseer het, sodat maklik vasgestel kon word waar ’n kopie bekom is as verwysings daarna in die pers begin uitslaan.

Dit is nie nodig om hier in besonderhede by die inhoud van die Hoek-verslag te vertoef nie. Daar kan volstaan word met enkele opmerkings. Prof. Hoek het die volle omvang van die dodelike ekonomiese wurggreep waarin mnr. Oppenheimer Suid-Afrika het, met groot effek blootgelê. Hy wys ook op die bedreiging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie van ’n te groot geldelike magskonsentrasie in ’n enkele groep soos die Oppenheimer-empire. Ander gevare waarop hy die soeklig laat val, is die verydeling van die Staat se monetêre maatreëls teen inflasie, die verkryging van monopolistiese beheer oor strategiese produkte en die ekonomiese onsekerheid wat dit tot gevolg kan hê. Die grootste bedreigng bly egter die gevaar wat so ’n omvangryke geldryk op die landsbeleid kan hê, veral in die geval van mnr. Oppenheimer wat geen geheim daarvan maak dat hy die beleid van apartheid vyandiggesind is nie.

Wat daarna verder tussen mnr. Vorster en prof. Hoek gebeur het, is nie bekend nie, maar dit is betekenisvol dat prof. Hoek later hemel en aarde beweeg het om te verseker dat die inhoud van die verslag nie in breër kringe bekend word nie. ’n Dringende hofbevel is teen die Sunday Times in die middel van 1969 aangevra om te keer dat uittreksels wat dr. Ras Beyers op ’n vergadering in die Bosveld uit die verslag voorgelees het, gepubliseer word. In 1970 toe DIE AFRIKANER sekere feite uit die Hoek-verslag gepubliseer het, het die koerant ’n kort briefie van prof. Hoek se prokureurs ontvang om die aandag daarop te vestig dat hy kopiereg oor die verslag het.

besorg. Hy het aan die hand gedoen dat die duplisering daarvan t aan genl. Van den Bergh oorgelaat moes word en dat die saak ' dan weer bespreek kon word. Maande het verbygegaan sonder dat hy weer iets van mnr. Vorster of genl. Van den Bergh gehoor het. Toe hy uiteindelik weer by mnr. Vorster gaan navraag doen & het, was hy sigbaar gesteurd en het hy baie ferm aan hom gese I dat die verslag nie gesirkuleer mag word nie. Prof. Hoek het toe daarop aangedring dat hy afskrifte aan ’n paar van sy vriende

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1018 gaste aanlyn