Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer hier gepraat word van 'n 'ander se skuld' word daar nie volksvreemdes ingesluit nie – hier word suiwer bedoel ons geliefdes en bekendes teen wie ons so dikwels verkeerd optree. Omdat ons oordeel juis weens ons sondige natuur subjektief is (dit beteken dat ons nie die vermoë besit om ons eie skuld in te sien nie), is ons geneig om eerder 'n ander se skuld raak te sien. Maar wanneer ons self ons eie skuld opreg bely kry ons wel 'n beter insig en oordeel  in ander se optrede. Tog kom die finale oordeel God alleen toe. Onthou dat Hy die volmag het om sy skepsele te oordeel, nie ons nie.

DIE GELDMAG (11)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

Afrikaanse bondgenote

Die Anglikaanse netwerk van geheime en halfgeheime organisasies waardeur die politieke strewe na Amerikaans-Engelse heerskappy — ook oor die Afrikanerdom — bevorder word, is vir die oningewyde ’n rietbos van raaisels.

In Brittanje was die Rhodes Trust baie jare lank die belangrikste enkele kring van geheime politieke aktiwiteit. Namate hy deur die Rhodes-beurse en die Round Table sy politieke invloed na die VSA uitgebrei het, het die gebruik van soortgelyke trustfondse vir hierdie soort politiek al meer in Amerika posgevat. Daar het dit “stigtings” geheet. Voor 1910 was daar net 18 Amerikaanse stigtings. In die daaropvolgende tien jaar is 76 in die lewe geroep;in die twintigerjare 173, in die dertigerjare 288, in die veertigerjare 1 638 en in die vyftigerjare 2 839. Van 5 050 vooraanstaande Amerikaanse stigtings is 32 persent in die veertigerjare en 56 persent in die vyftigerjare gestig, beweer Ferdinand Lundberg in sy boek, The Rich and Super Rich (1969).

Die nakomelinge van Andrew Carnegie het onder meer beheer gehad oor die Carnegie Foundation for the Advancement of Teaching en die Carnegie Institution for Washington. Die Rocke­fellers het deur Standard Oil teen die sestigerjare sewe stigtings beheer. Die Ford Foundation van Ford Motors is egter verreweg die grootste, met bates wat in 1964 reeds meer as R3 000 miljoen beloop het. Naas hierdie een het die Fordmense nog sewe ander stigtings onder verskillende name, soos die Fund for the Republic. Die skenkings van die Ford Foundation aan terroriste in die sestigerjare, asook aan die African-American Institute (AAI) en die USSALEP gee aan hierdie stigting ’n onmiddellikheid in die Suid-Afrikaanse politiek. Hierdie politieke invloedmiddels lyk na losstaande organisasies, maar hulle is alles behalwe dit. Wanneer die name van die beheerders bekyk word, val daar ‘n patroon oop — die onmiskenbare geheime netwerk waarvan dr. Quigley in Tragedy and Hope skryf.

Om die betekenis van een van hierdie netwerk se fasette vir Suid-Afrika te beklemtoon, moet die spoor van die USSALEP ’n ent gevolg word. Die stigting van die USSALEP kan teruggevoer word na ongeveer Mei 1955 Op Kwaker-inisiatief en deur bemiddeling van die American Friends Service Committee is in daardie jaar ’n konferensie van agttien verteenwoordigers van godsdienstige, filantropiese, opvoedkundige en kulturele organisasies by Haverford College in die VSA belê.

Van die American Friends Service Committee het ’n Sekuriteitskomitee van die Amerikaanse Kongres by een geleentheid gesê dat dit ’n belangrike voerband van Russies-kommunistiese propaganda in Amerika is.

Op die konferensie van Mei 1955 het die agttien verteenwoordi­gers besluit dat die belangrikste ding wat Amerikaners kan doen om vreedsame veranderings in Suid-Afrikaanse groepswrywings te bevorder, is om die ontwikkeling van uitruilprogramme tussen leiers en potensiële leiers aan te moedig. Die konferensie het ’n tussentydse komitee aangewys om die aard en omvang van ’n uitruilskema tussen die VSA en Suid-Afrika te ondersoek en by ’n latere konferensie verslag te doen. Presies ’n jaar later het die tus­sentydse komitee ’n tweede tussentydse konferensie te Haverford belê om die aanbevelings wat intussen gemaak is, te oorweeg. Op die konferensie is besluit om ’n programbestuurder in diens te neem en n “sambreelorganisasie” te vind waardeur so ’n programbestuurder kon optree.

Dit is betekenisvol om daarop te let dat sekere Amerikaners wat reeds die Republiek besoek het, deur die konferensie geraadpleeg is. Onder hulle was prof. Vernon McKay van die John Hopkins School of Advanced International Studies, en prof. Edwin Munger. Hierdie twee is bekendes in Suid-Afrika. Veral prof. Munger is ’n gereelde besoeker aan Suid-Afrika en ’n vriend van liberaliste hier soos prof. N.J. (Nic) Olivier, gewese Sabra-leier en PFP-lid, dr. Rupert en ds. W.A. Landman, van die Kaapse NG Kerk. Prof. McKay was een van die medewerkers aan die berugte invalsplan teen Suid-Afrika.

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake was op albei konferensies verteenwoordig en het die oogmerke van die byeenkoms gesteun. Wat net so belangrik is, is dat sekere persone in Suid-Afrika in die verband geraadpleeg is. So bv. het Suid-Afri­ka se ambassadeur in Washington hom ten gunste van die onderneming uitgespreek.

In die somer van 1956 het dr. Frank Loescher, wat as eerste programbestuurder aangestel is, na Suid-Afrika gekom en met verskeie Suid-Afrikaanse persoonlikhede beraadslaag. Onder hulle was ds. C.B. Brink, die destydse Moderator van die NG Kerk in Transvaal; dr. H.J. van Eck, hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie; prof. Nic Olivier; prof. S.L. Sadie, van die Universiteit van Stellenbosch, en mnre. Leo Marquard en Quinton Whyte, van die SA Institute of Race Relations. Mnr. Whyte was destyds die Direkteur van die Institute of Race Relations, wat deur hom as “die bolwerk van die liberalisme in Suid-Afrika” beskryf is.

Nog ’n persoon met wie noue kontak behou is, is mnr. F.J. (Fred) van Wyk, die latere direkteur van die Institute of Race Re­lations. Mnr. Van Wyk was in 1957 in Amerika waar hy ses maande lank Amerikaanse en Kanadese groepswrywings bestudeer het. By sy terugkeer in Suid-Afrika het hy die samesprekings wat Loescher met ds. Brink gevoer het, opgevolg. Ds Brink het geglo dat hy die steun van die NG Kerke vir die onderneming kon kry. Hy het ook geglo dat die NG Kerke finansieel tot die skema sou bydra en het sy bereidwilligheid te kenne gegee om in die advies- komitee te dien wat persone van alle rasse-agtergronde in sowel die VSA as in Suid-Afrika sou insluit.

Die konferensie by Haverford het ten slotte besluit dat dit “in belang van die mense van Suid-Afrika en van Amerika se belang in Afrika en van wêreldvrede self sou wees.” Baie betekenisvol is die volgende gedeelte van die besluit van 1957: “In die belang van die mense van Suid-Afrika, van Amerika se aandeel in Afrika en van wêreldvrede self, is daar ’n dwingende noodsaaklikheid om ’n baie meer uitgebreide program van uitruiling tussen Suid-Afrika en die

VSA te bevorder.”

Dit is op hierdie punt waar die AAI ingekom het. Die konferen­sie het in Desember 1957 ’n ooreenkoms gesluit met die AAI waarvolgens die USSALEP tot die bestaande programme van die AAI gevoeg is. Loescher is as programbestuurder en hoofsekretaris aangestel. Die program sou op 1 Januarie 1958 in werking tree.

Inligting in verband met die organisatoriese bedrywighede van die USSALEP is vervat in die eerste jaarverslag (1958) van die organisasie. Dit is as ’n vertroulike dokument gemerk. Daaruit blyk dit dat die USSALEP beheer word deur ’n Internasionale Bestuurskomitee bestaande uit vyftien Amerikaners en vyftien Suid-Afrikaners. Drie trustees van die AAI is deur die Institute aangewys as sy verteenwoordigers in die bestuurskomitee. Hulle was Harold K. Hochschild, Edwin Munger en Alan Pifer, wat ses maande lank op Stellenbosch was en ook as medewerker aan die Carnegie Endowment se invalsplan teen Suid-Afrika opgetree het.

In Januarie en Februarie 1958 het Loescher na Suid-Afrika gekom om te beraadslaag oor die benoeming van die vyftien Suid-Afrikaanse lede van die Internasionale Bestuurskomitee. Aan Suid- Afrikaanse kant is aangestel dr. Van Eck, wat ook die eerste voorsitter was; ds. Brink, ds. Landman, dr. Rupert, prof. H.B. Thom (gewese Rektor van die Universiteit van Stellenbosch), mnr. Harry Goldberg (Johannesburgse sakeman), mnr. W.F. Hamilton (’11 sakeman) prof. Owen Horwood (gewese Rektor van die Universi­teit van Natal, jare lank lid van die linkse SA Institute of Race Re­lations en tans Minister van Finansies), mnr. H.C. Koch (voormalige voorsitter van die Chamber of Mines), dr. M.S. Louw (Afrikaanse sakeman) kol. E.O. Maggs (sakeman en nyweraar), mnr. C.S. McLean (voormalige voorsitter van General Mining en ook ’n voorsitter van die Chamber of Mines), prof. Olivier, mnr. Gor­don Richdale (voorsitter van Engelhard Industries in Johannes­burg), mnr. Karel Schoeman (boer), dr. T.E.W. Schumann (eerste hoof van dic Weerburo). mnr. T.P. Stratten (gewese voorsitter van Union Corporation van mnr. Harry Oppenheimer), prof. W.G. Sutton, mnr. Fred van Wyk dr. A.D. Wassenaar (gewese hoof van Sanlam), dr. J. Webb en mnr. W.G. Moir (latere programbestuurder van die USSALEP);

Party van hierdie lede het later uit die bestuurskomitee bedank. Onder hulle is dr. Rupert, prof. Thom en dr. Schumann. Dr. Schumann het in ’n verklaring gese dat hy bedank het omdat hy agtergekom het wat die .ware oogmerke van die USSALEP was. Dr. Van Eck was tot sy dood voorsitter van die bestuurskomitee. Na sy dood is hy opgevolg deur adv. D.P. de Villiers, die huidige besturende direkteur van Nasionale Pers Beperk, waarvan mnr. P.W. Botha n direkteur was tot met sy verkiesing as Eerste Minister. Sen Horwood was lid van die bestuurskomitee tot ongeveer sy opname in die Kabinet van mnr. Vorster.

Onder die Amerikaanse lede wat in die bestuurskomitee aange­stel is, was vier Negers. Ander bekende name in die bestuurskomi­tee van Amerikaanse kant was dr. Eugene Carson Blake, Sekretaris-generaal van die YVereldraad van Kerke, een van die groot finansiele weldoeners van die terroriste in Suider-Afrika. Verskeie van die

Amerikaanse lede het baie noue skakeling met die American Friends Service Committee gehad.

Volg ’n mens die spoor van sommige van die Suid-Afrikaanse le­de van die bestuurskomitee, slaan hulle name later telkens uit in organisasies met duidelik politieke oogmerke in Suid-Afrika. In die vroeë sestigerjare toe die Suid-Afrika-Stigting tot stand kom, is die meeste van die sakeman-lede daarin opgeneem. Dr. Rupert se naam slaan ook weer uit in die Stedelike Stigting as een van die stigters saam met mnr. Oppenheimer. Van die gesigte is ook opgemerk by die Carlton-byeenkoms van 22 November 1979 waar mnr. P.W. Botha met die verteenwoordigers van die groot geldmag oor ’n sg. konstellasie van Suider-Afrikaanse state beraadslaag het. Daar was ook baie nuwe gesigte, maar die geldinstelling wat hulle verteenwoordig, het nog dieselfde gebly. ’n Paar jaar voor die stig­ting van die USSALEP het ’n mens ook sommige van hulle, soos mnr. McLean, aangetref in die SA United Trust Fund van mnr. Oppenheimer, wat hom ten doel gestel het die vernietiging van die Nasionale Party-regering en wat as militante vleuel die Torch Com­mando onder leiding van mnr. Sailor Malan gehad het.

Een van die Suid-Afrikaners wat klaarblyklik ’n belangrike rol gespeel het in die stigting van die USSALEP, was dr. Rupert. Hy was teenwoordig op een van die eerste vergaderings van die Internasionale Bestuurskomitee in Amerika en het daar ’n toespraak gehou wat groot indruk op die Amerikaners gemaak het. Dr. Ru­pert het onder meer gesê: “Hierdie komitee is saamgestel uit invloedryke manne in Suid-Afrika. Hulle is manne van uiteenlopende menings en van verskillende terreine van die lewe wat normaalweg nie sou saamgekom het nie... Die groot verantwoordelikheid van die komitee aan Suid-Afrikaanse kant is dat ons nie durf faal nie, omdat dit dan nooit weer aan die gang gesit sal kan word nie. Dit is ’n besondere prestasie om hierdie manne te kon kry en bymekaar te hou; werklik bekwame mense wat ’n goeie indruk op baie groepe sal maak, moet aan die begin van Amerika na Suid-Af­rika gestuur word.”

Daar word verklaar dat toe die programdirekteur van die USSALEP in April 1960 (in die tyd van Sharpville en die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe) in Suid-Afrika was, “baie Suid- Afrikaners by hom gepleit het dat Suid-Afrika nie vergeet moet word nie en om die kontak tussen die VSA en Suid-Afrika te behou en, indien moontlik, te versnel. Hulle het nie hoop opgegee nie. Hulle is bemoedig deur die getuienis van ’n nuwe benadering aan die kant van die Blankes. Hulle is veral bemoedig deur die voorstelle wat deur die leidende Afrikaanse dagblad, Die Burger, gedoen is ten opsigte van raadpleging met die Swartes, ’n matiging van die paswette, veranderings in die Drankwet, hoër lone vir die Swartes in die stede en regstreekse verteenwoordiging vir die Kleurlinge in die Blanke Parlement. Soortgelyke sentimente is deur Engelse kerklui en sakeleiers uitgespreek.

Op 17 Julie 1961 wou die Intemasionale Bestuurskomitee sy eerste vergadering in Suid-Afrika gehou het. Dr. Verwoerd het geweier dat visums aan die Amerikaners toegestaan word. Die ver­gadering sou onder meer Swart-Wit-verhoudinge in Suid-Afrika bespreek. Selfs nie die tussenkoms van Joseph Satterthwaite, die destydese Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, kon dr. Ver­woerd van sy standpunt beweeg nie. Tien jaar later, onder die Vosrster-bewind, het die Intemasionale Bestuurskomitee toe wel sy eerste vergadering in Suid-Afrika gehou. By die geleentheid is rasseverhoudinge in Suid-Afrika bo-oor die kop van die Suid-Afrikaanse Regering bespreek. Veral is oorweging geskenk aan die politieke toekoms van die Kleurlinge. Dit was by hierdie geleentheid dat die voorsitter, adv. De Villiers, die eerste keer die gedagte van ’n veelrassige oorkoepelende regering of “super-parlement” vir Suid-Afrika genoem het.

Nadat die AAI in 1960 te veel geassosieer geraak het met die Sharpville-onluste in Suid-Afrika, het die Institute besluit dat dit wys en in belang van die USSALEP sou wees om hom aan die skema te onttrek. Dit was veral nadat die Institute vanweë druk van sy Negerlede ‘n verklaring uitgereik het waarin Suid-Afrika se rassebeleid ten skerpste veroordeel is. Na oorlegpleging met al die lede van die bestuurskomitee, sowel die Suid-Afrikaanse as die Amerikaanse lede, het die AAI onder wie se beskerming die USSALEP tot op daardie tydstip geopereer het, besluit dat die liggaam ’n selfstandige organisasie moet word.

Daarvandaan het die USSALEP ontwikkel totdat dit in 1965 deur Waldemar Nielsen, een van die top amptenare van die Ameri­kaanse Departement van Buitelandse Sake, beskryf is as ’n “integrerende deel van die propaganda-arm van die State Depart­ment.”

Die AAI, moederliggaam van die USSALEP, het in 1953 tot stand gekom met skenkings van die Amerikaanse stigtings, soos die Ford Foundation, en ook die Amerikaanse regering wat R125 000 bygedra het. Die Amerikaanse regering het reg van die begin van die stigting van die AAI baie swaar op hom geleun en daar was bv. die nouste samewerking tussen die AAI en die regering se Agency for International Development.

Een van die eerste voorsitters van die AAI was Waldemar Niel­sen, wat later Onderminister van Buitelandse Sake geword het. Die blad, Christian Science MonitOT, amptelike spreekbuis van die Council on Foreign Relations, het Nielsen beskryf as “een van daardie mense wat een voet in die regering en die ander daarbuite het.” In die praktyk kom die bedrywighede van die AAI daarop neer dat hulp aan duisende “studente” uit Afrika gelewer word. Die AAI het ook honderde Amerikaanse onderwysers na Afrika-gebiede gestuur, waar opleiding aan politieke vlugtelinge uit Suid-Afrika, Rhodesië en Mosambiek gegee word. Een van die kolleges is in Dar-es-Salaam, wat eens op ’n tyd die hoofkwartier van die terroriste was.

Toe hy by een geleentheid heftig aangeval is deur die Portugese owerheid oor die liggaam se Mocambique Institute, ’n skool vir politieke vlugtelinge uit Suid-Afrika, Rhodesië en die Portugese gebiede, het Nielsen verklaar: “Ons besef dat ’n gedeelte van die studente eenvoudig die skool gebruik om vir toelating tot universiteite in Rusland en Sjina te kwalifiseer... Maar die poging loon nog die moeite ten behoewe van diegene wat by die Weste bly staan.”

Dit is bekend dat dr. Verwoerd gekant was teen die USSALEP. Hy het by ’n geleenhteid in ’n private gesprek met ’n lid van sy party gesê dat die organisasie gebreek moet word. Dat hy rede ge­had het om die bedrywighede van die USSALEP te wantrou, blyk uit die verslag van ’n ondersoek deur die Veiligheidspolisie van Suid-Afrika in 1967 na die oogmerke en bedrywighede van die organsisasie. Dit was in die tyd toe genl. Hendrik van den Bergh nog hoof van die Veiligheidspolisie was. Daar kon nog nooit vasgestel word wie opdrag tot die ondersoek gegee het nie. Dit kon nie mnr. Vorster wees nie, want hy het nooit enige afwysende geluide teenoor die USSALEP gemaak nie en het trouens in sy bewindstermyn al vaster aan die mense agter die organisasie gegroei. Miskien het genl. Van den Bergh self opdrag daartoe gegee, nie omdat hy die USSALEP gewantrou het nie, maar bloot omdat hy graag alles in Suid-Afrika wou ondersoek, sy dit links of regs.

Hoe dit ook al sy, die verslag van die Veiligheidspolisie se ondersoek is nooit openbaar gemaak nie. Ek het ’n kopie daarvan onder oë gehad. Daarin is onder meer bevind dat die USSALEP, ondanks verklarings oor gemeenskaplike strewe na goeie gesindheid en beter wedersydse begrip, te voorskyn getree het as ’n drukgroep wat hom ten doel stel om die VSA-beleid van rasse-integrasie in Suid-Afrika te verwesenlik en ’n regeringsvorm hier te stel wat vir die Afrikastate aanneemlik sou wees; dat die aanslag veral toegespits is op die opvoedkunde, die joernalistiek en die perswese, asook op die kerklike, sosiale en nywerheidsgebied; dat inmenging in die Transkei en ook in die vakbondwese in Suid-Afrika in die vooruitsig gestel is, en dat die bedrywighede van die USSALEP verhoogde spanning in die Amerikaans-Suid-Afrikaanse verhoudinge in die hand werk.

Die AAI het sy fondse nie net van die Amerikaanse stigtings ontvang nie. In 1966 is berig dat die Institute ook geld van die CIA die Amerikaanse spioenasiediens, ontvang het. Waarvoor dit gebruik is, kon nooit vasgestel word nie.

Die institute in die VSA is ’n soort handelsmerk van die CFR. Daar is bv. die berugte Institute for Pacific Relations, wat die verraderlike rol met betrekking tot Sjina gespeel het. In Brittanje is daar die Royal Institute for International Affairs, wat sedert Rho­des se dae ‘n arm van die geheime politieke netwerk was. Ook in Suid-Afrika is verskeie institute nou verbonde aan die Anglikaanse netwerk van geheime en halfgeheime politieke organisasies. Daar is bv. die SA Institute of Race Relations, die SA Institute for In­ternational Affairs en die Christelike Instituut.

Dit is opvallend dat die Rhodes Trust hom in sy Suid-Afrikaanse aktiwiteite hoofsaaklik op die Engelssprekendes gerig het, maar natuurlik elke jaar ook die kwota Afrikaanssprekendes bygehaal het wat bereid was om ingetrek te word. Die USSALEP, daarenteen, spits hom hoofsaaklik op Afrikaanssprekendes toe, klaarblyklik om die “veramerikaansing” van Afrikaners te bevorder, teenoor die vroeëre ‘verengelsing” waarmee die Afrikanervolk te doen gehad het. Hierdie veramerikaansing is vandag die denasionalisering waarteen geveg moet word. Dit is die verowering van die gees van die Afrikanervolk sonder dat ’n skoot geskiet word en dit word met behulp van die baie geld van die rykes en die super-rykes gedoen.

Die onnasionale en anti-nasionale gesindheid van ’n persoon word dikwels verraai, nie soseer deur wat hy sê of doen nie, maar hoe hy redeneer en hoe hy reageer op sekere politieke prikkels. Een van die tipiese reaksies van sulke persone is die volslae onredelikheid wanneer die geheime aard van die liberalisties-kommunistiese politiek genoem word. So iets, sal hulle met heftigheid beweer, is net versinsel. En, sal hulle byvoeg, “julle mense sien altyd sameswerings waar geen sameswerings is nie.” Wat ’n denkende mens natuurlik tref, is dat dieselfde mense met oorkokende geloof sal vertel van “groepe” en organisasies wat met diaboliese sa­meswerings na regs besig sou wees en dat daar, om dit te glo, vir hulle nie eens ’n draadjie getuienis hoef te wees nie.

Die waarmerk van hierdie anti- en onnasionale denke is dat die klem altyd op buitelandse beleid en verhoudings met ander val. Die eie word al meer na agter gestoot — of dit die eie land of die eie volk of die eie ras is. Gewoonlik word voorgegee dat sulke mense “broadminded” is; dat hulle nie eng en isolasionisties in hulle volksverbondenheid is nie en dat hulle “positief” teenoor ander is. Hoe verleidelik hierdie voorkoms ook al is, daaragter sit die plan van die indringer wat wil hê dat ’n volk sy wapens moet laat sak.

Die Council on Foreign Relations in die VSA is die bronaar van die huidige geheime netwerk in die Anglikaanse wereld. Dit is ’n kliek wat aanmekaar gebind word deur die strewe na wêreldwye mag en die persoonlike voordeel wat dit vir die onderskeie lede inhou. Hierdie strewe moet verwesenlik word met die groot rykdomme wat hulle bekom het, dikwels op bedenklike wyses.

Selfs wanneer die ondersteuners van hierdie skemerpolitiek daaroor skryf, kan die waarheid nie heeltemal toegehou word nie. Prof. Robert Divine, van die Texas-universiteit, het in sy boek, Second Chance (1967), die CFR uiters gunstig voorgestel. Die subtitel van die boek is “The Triumph of Internationalism in America during World War II.” Maar reeds op bladsy 22 kom hier­die selfweerspreking voor: “Die mees treffende karakteristiek van die internasionaliste was hulle homogeniteit... Hulle was anglofiele wat geglo het dat die VSA Engeland se rol as arbiter in wêreldsake geërf het.”

Die ‘internasionalisme” is. dus maar net die politiek om die wêreld te onderwerp aan Engelssprekende heerskappy. Dit is ’n inter­nasionalisme waarin die inter-anglofiele die oorheersende rol moet speel. Dit is wat genl. Charles de Gaulle ingesien het toe hy die Britse toetrede tot die Euromark teengestaan en die Amerikaanse invloed uit Frankryk geweer het. Genl. De Gaulle was ’n nasionalis en hy het begryp wie die vyande van sy nasie is.

Suid-Afrika word deur hierdie Amerikaans-Britse magsgroep beskou as deel van die Anglikaanse wêreld. Hulle is baie bewus van die feit dat hulle berekenings eers in die twintigerjare en weer in die vyftigerjare skeef geloop het toe genl. Hertzog en later dr. Malan nie bereid was om ingetrek te word in die Anglikaanse wêreld nie. Elke ingeligte mens weet dat die Amerikaanse bewindhebbers die afgelope twee dekades besig is om die Afrikaner se houvas op die politiek te probeer breek. Dit moet langs twee wee geskied. Een is om die leidende figure op politieke, kerklike, joernalistieke, kulturele, akademiese en ekonomiese terrein te oorreed om weg te kyk en weg te beweeg van hulle volk uit naam van die mensheid vrede en veranderde tye. Die aanvang is gewoonlik by die ekonomiese terrein. Persone wat daarop beweeg, is gewoonlik nie kultuurgerig en volksverbonde nie. Hulle kry gemaklik ’n verskoning dat in die sakelewe daar nie plek vir kultuur, godsdiens en nasionalisme is nie.

Daarby is die setel van die geheime Anglikaanse netwerk die internasionale bankiers wat in Brittanje “merchant bankers” en in die VSA “investment bankers” heet en wat gewoonlik met assuransiemaatskappye skakel. Van hulle is die Rothschilds die bekendste. Die drie vertakkinge van die familie het in die vorige eeu ontsaglike finansiële en politieke mag in Brittanje, Frankryk en Duitsland verkry. Vandag strek die mag veel wyer. In die dae van die ontwikkeling van die diamantvelde van Kimberley was dit Rothschild-geld wat agter Rhodes was, net soos dit die Rothschild- geld was wat agter die goudmynontginning van die Witwatersrand en die uiteindelike oorlog teen Transvaal was. Die Rockefellers van die VSA is daarnaas die bekendste bankfigure in hierdie kategorie. In Brittanje is die Baring-broers een van die oudste en invloedrykste van hierdie soort bankiers. Hulle is ook die bankiers en agente van die Rhodes Trust.

Die Rothschilds en die Rockefellers het in die afgelope dekade of wat weer ingeskuif in die Suid-Afrikaanse geldpolitiek, met sterk verbintenisse na die kant van die Afrikaners. Hierdie finan­siële bande word gou versprei na die koerante wat vir hulle bestaan afhanklik is van die advertensies wat deur die geldmanne beheer word.

So het die Amerikaanse Council on Foreign Relations sy seekatarms in die Afrikaanse samelewing gekry. Daarvandaan het dit gesprei na die ander “intellektuele” kringe van kerkmanne en akademici. Dit was nadat hierdie terrein diep ingedring was, dat die aanslag op die politieke terrein geloods is. Waar ’n mens ook al aan ’n draad trek, roer die hele net, maar die Afrikanerdom word in die duister gehou deur sy politieke, kerklike en kulturele leiers en deur Afrikaanse koerante. Waarom? Onkunde enersyds, ja. Maar al sou ’n mens nie al die feite ken nie, sal jou Boeregevoel jou waarsku dat hier iets baie emstigs met jou volk aan die gang is.

Waarom swyg mense wat nie mag swyg nie? Is dit dat die Ame­rikaanse indringing in die volksliggaam verlammend op sy senustelsel werk? Dan moet die teegif van kennis en volksgevoel vinnig aangeskaf en toegedien word. Wat vandag nog nie besef word nie, is dat die Afrikanervolk weer bedreig word deur ’n proses van verengelsing, maar een wat veel dodeliker is as die voriges omdat die vyand “met geskenke kom”, soos die Grieke by die Romeine. En vir baie in die Afrikanervolk is daardie geskenke onweerstaanbaar. Ander weer word daardeur beïndruk vanwee die “voordele” wat dit vir die land sou hê.

Die mense in eie geledere wat vandag betrek is by hierdie nuwe aanslag, sal gaandeweg deel word van die geheime netwerk van die Anglikaanse wêreld en, net soos in vorige geslagte gebeur het, sal sulke mense die ergste teenstanders van Afrikaner-nasionalisme word. “Uitwaarts” het hulle weggelei van hulle volk. Later draai hulle om — maar dan om teen hulle volk te veg.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Gesonde lewensuitkyk.

Samewerking tussen volke.

Tyd en reisgeld vir pendel word bespaar.

Verseker eendrag en mag.

Bied lewensvatbaarheid.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1489 gaste aanlyn