Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe gebeur dit dat ’n mens die Bybel as God se Woord aanvaar en nie maar as ’n wonderlike boek deur goeie mense geskryf nie?   Dit is die Heilige Gees wat in jou werk en jou oortuig dat jy hier nie met ’n gewone boek te doene het nie.   Dit sluit egter nie die verstand uit nie.   Die aanvaarding van die Bybel as God se Woord, is ook ’n verstandelike aanname, ’n deurdagte besluit.

DIE GELDMAG (12)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

Die SA-Stigting

Tot sowat twee dekades gelede het Suid-Afrika nog nie persoonlik kennis gemaak met die stigtings van die groot geldmanne soos ons dit in die VSA leer ken het nie. Dit beteken egter nie dat die verteenwoordigers van die geldmag voor daardie tyd stilgesit het nie. Die geskiedenis van Suid-Afrika sedert Uniewording in 1910 toon verskillende momente waar die mag en invloed van die groot geldmag in die politiek en ook op ander terreine in Suid-Afrika baie skerp waargeneem kon word. Dit sal dwaas wees om te ontken dat agter die Nasionale Konvensie van 1909 self belangrike geldmagte geritsel het. Die bloedige mynstaking van 1922 en die ineenstorting van die ekonomie met die groot depressie van 1929 is nog twee voorbeelde wat in dié verband genoem kan word. In 1939 is Suid-Afrika van die kantlyn af in ’n uitgerekte en bloedige oorlog ingeruk. Oorloë is een van die erkende en belangrikste middele van die groot geldmag om sy oogmerke te bevorder. Agter die Tweede Wêreldoorlog het die groot geldmag geskuil, net soos wat die geval met die Eerste Wêreldoorlog was.

Op politieke gebied in Suid-Afrika was die ou Suid-Afrikaanse Party en sy latere opvolger, die Verenigde Party, die politieke verlengstuk van die geldmag hier en ook in die buiteland. Hy is gefinansier uit die bodemlose put van die ryk geld­manne. In die vyftigerjare het die Super-rykes onder beskerming van mnr. Oppenheimer byeen gekom om ’n fonds van een miljoen pond te stig in ’n berekende aanslag om die regering van dr. Malan te vernietig. Dit was nadat die ryk geldmanne op 26 Mei 1948 hulle grootste terugslag ondervind het toe die Afrikanerdom weer die politieke mag in Suid-Afrika verower het. Die geldmag het skielik gestuit teen ’n nuwe opwelling van nasionalisme wat hom nie net in die politiek laat geld het nie, maar ook na ander terreine van die samelewing uitgekring het — die kultuur- en kerklike terrein om maar net twee te noem. Die verteenwoordigers van die groot geldmag was aanvanklik totaal verlam, maar dit wil nie sê dat hulle daarvandaan stilgesit en die Afrikaner die geleentheid gegee het om ongehinderd sy gang te gaan nie. Na die aanvanklike skok van die politieke nederlaag van 26 Mei 1948 het hulle vinnig herstel en reeds aan die begin van die vyftigerjare het hulle met nuwe planne gekom om die mag van die nuwe nasionalisme te breek. Die uitgerekte konstitusionele stryd oor die Kleurling-stemreg in die jare vyftig en die stigting van die United South Africa Trust Fund om die Malan-bewind te vernietig, is twee voorbeelde van die nuwe planne wat gesmee is.

Dit was egter politieke leiers soos dr. Malan, mnr. Strijdom, mnr. C.R. Swart, dr. E.H. Louw, in die vyftigerjare, en dr. Verwoerd in die jare sestig wat steeds tussen hierdie mense en die Afrikanervolk gestaan het. Solank hierdie kaliber leiers daar was, was die Afrikaner veilig. Daar was in daardie tyd natuurlik ook ’n ander faktor wat die aanslag van die geldmag bemoeilik het. Dit was die betreklike finansiële onverbondenheid van die Afri­kanervolk se openbare verteenwoordigers. Die Afrikaners in die sake- en nywerheidswêreld was nog maar ’n handjievol en die oorgrote meerderheid van hulle wat wel reeds in die geldwêreld gevestig was, was nog stewig veranker aan die beginsels en strewes van hulle volk. Die ekonomiese welvaart in Suid-Afrika het ook nog nie daardie afmetings aangeneem dat die diepere waardes van die Afrikanervolk daardeur aangetas kon word nie. Dit was eers in die sestigerjare, toe Suid-Afrika ’n ongekende voorspoed golf betree het, dat die toestand ingrypend begin verander het en die eerste flitse van die naderende bedreiging op die horison waargeneem kon word, ’n Nuwe geslag Afrikaners het in die dekade Sestig sy verskyning gemaak. Dit was Afrikaanssprekendes wat voor die versoeking van vinnig ryk word en alles wat daarmee gepaard gaan, geswig het. Hulle wat altyd in die skaduwee van die verteenwoordigers van die Engelssprekende geldwêreld beweeg het, het besluit dat daar vir hulle vinniger resultate en baie groter dividende gewag het in ’n bondgenootskap met die vreemde geldmanne as wat die erflatings van die Reddingsdaad- bond en die Ekonomiese Instituut hulle kon bied, selfs al het dit dan beteken dat hulle die ideale en beginsels van daardie Afrikanerliggame sou moes afsweer.

Vir die verteenwoordigers van die Engelse geldmag was dit ’n belangrike deurbraak. Met sulke mense, losgeruk van hulle nasionale ankers, kon hulle ’n fianansiële vennootskap sluit wat later ’n verlenging na die Afrikaner se politiek, sy kerk en sy kultuurlewe sou vind. Die Dekade Sewentig het dan ook vir hulle dividende opgelewer wat hulle nie in hulle wildste drome kon voorsien nie.

Soos verwag kon word, het die “suksesse” van Afrikaanssprekendes in die geldwêreld ook ’n nuwe geslag Afrikaners in die politiek na vore gestoot. Mense wat tot op daardie tydstip as blote randeiers in die politiek beskou is, het skielik die groot politieke apostels geword — met ’n taal en ’n boodskap wat hulle voorgangers van die jare veertig, vyftig en sestig in hulle graf sou laat omdraai.

Laat ons besoek aflê by die Volksraad in sy tweede sitting van 1970 en die taal beluister wat hierdie nuwe geslag begin praat het. Aan die woord is die agterbanker van Wonderboom, mnr. R.F. (Pik) Botha, wat menige kollega en kennis van hom in die nominasies wat die algemene verkiesing van April 1970 voorafgegaan het, verras het toe dit geblyk het dat hy ook ’n blouaartdraer geword het. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het mnr. Botha oorlede Eleanor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte uitgekies en gepleit dat die Regering van mnr. Vorster hom in groter mate daarmee moet vereenselwig. Vir hierdie lofbetuiging aan wat die waarmerk van die volkome ekstrak van die hedendaagse liberalisme dra, het die jonge Botha die gelukwensing van Rhodes-beurshouer en Minister van Buitelandse Sake, dr. Hilgard Muller, ontvang.

Daarvandaan het mnr. Botha in 1971 na die Internasionale Hof in Den Haag gegaan en in ’n onderhoud met die Nederlandse beeldradio verklaar dat Suid-Afrika gevorder het van ’n tydperk van oorheersing tot ’n tydperk van ontwikkeling in sy binnelandse rasseverhoudinge en in sy beleid teenoor sy buurstate. “My Regering,” het hy gesê, “glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my Regering glo in gelykheid en menslike waardigheid,” het hy gesê. En in 1974 vind ons hom in New York as Suid-Afrika se Ambassadeur by die Verenigde Volke waar hy in Oktober 1974 verklaar: “Die Regering se beleid is wegbeweeg van diskriminasie op grond van ras en kleur, omdat kleur- en rasdiskriminasie nie regverdig is nie.”

So het die Dekade Sewentig begin met ’n jong man wat vanuit Afrikanergeledere hom gaan stel het naas die bitterste vyande van Suid-Afrika; ’n dekade wat afgesluit is met ’n totale oorgawe aan die groot geldmag deur ’n ander Botha in mnr. Oppenheimer se hotel in Johannesburg. En tussenin het die Afrikaner ooggetuie gespeel van die vendusie van die Blanke in Rhodesië, Mosambiek, en Angola, het Suidwes ook fluks gevorder op daardie weg en is die Blanke in Suid-Afrika besig om die een na die ander vesting te ontruim.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Gesonde lewensuitkyk.

Samewerking tussen volke.

Tyd en reisgeld vir pendel word bespaar.

Verseker eendrag en mag.

Bied lewensvatbaarheid.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1493 gaste aanlyn