Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons word nie beter of slegter namate ons ouer word nie.  Ons word eerder meer onsself.

DIE GELDMAG (13)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

TOEKOMSVISIE

Toe dr. Verwoerd in September 1966 gewelddadig van die toneel geruk is, het ook die belangrikste versperring tussen die Afrikaner en die groot geldmag verdwyn en het ons die taal van die Botha’s begin hoor. Hulle het die taal begin praat wat die verteenwoordigers van die groot geldmag wou hoor. Hulle het inderdaad niks anders geword as die spreekbuise van die super-rykes, wat deur hulle enorme rykdomme en die invloed wat daarmee saamgaan, as die werklike beleidmakers en regeerders in Suid-Afrika na vore getree het.

Wie is hierdie mense? Laat ons hulle van naderby beskou. Hulle is ryk sakemanne en nyweraars wat hulleself aan die begin van die sestigerjare in ’n liggaam bekend as die Suid-Afrika-Stigting saamgesnoer het. Hulle het ook Afrikaanse sakelui in hulle geledere opgeneem, maar soos elders het hierdie Afrikaanssprekende sakelui ’n ondergeskikte rol gespeel en is hulle bygebring bloot om die indruk van groot patriotisme oor die taal- en politieke grense heen te wek. Na buite het hulle voorgegee dat hulle oogmerk sou wees om Suid-Afrika se swak beeld in die buiteland te verbeter. Dit was egter net ’n voorwendsel, want dit is byna ondenkbaar dat mense met sulke uiteenlopende politieke beskouinge so iets sou kon vermag. In werklikheid het hulle geglo dat hulle met hulle ontsaglike ekonomiese mag die binnelandse politiek in die rigting kon druk wat vir die bevordering van hulle belange noodsaaklik geag word. Wat die werklike oogmerke van hierdie Stigting-mense is, het in September 1967 duidelik geblyk uit ’n geskrewe stuk wat deur mnr. M.C. O’Dowd opgestel en in naam van die SA-Stigting versprei is.

Mnr. O’Dowd se siening van die politiek kom kortliks daarop neer dat daar ’n bepaalde patroon in die ekonomiese ontwikkeling van lande is wat ooreenstem met soortgelyke patrone van sosiale en politieke ontwikkeling. Hy is oortuig daarvan dat Suid-Afrika die “normale patroon” van politieke, sosiale en ekonomiese ont­wikkeling sal volg — van minderheidsregering, deur ’n liberale era tot ’n welvaartstaat. In die proses, sê hy, sal Suid-Afrika se rassevraagstuk opgelos word, of miskien sal dit blyk dat so ’n vraagstuk nooit bestaan het nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat mnr. O’Dowd meen dat ekonomiese ontwikkeling in die finale instansie die aard van die Suid-Afrikaanse gemeenskap sal bepaal. Hy voorspel dat Suid-Afrika teen 1980 “radikale konstitusionele veranderinge” sal aanbring, wat die Regering in ’n era van liberalisme sal inlei en wat uiteindelik ook die land se rasseverdelinge sal oplos. Mnr. O’Dowd sê dat so ’n ontwikkeling nie noodwendig gepaard hoef te gaan met ’n verandering van regering nie. ’n Verandering van bewind is nie ’n voorvereiste daarvoor nie. Dit sal spontaan kom.

Dit is die Stigtingsmanne wat saam met mnr. O’Dowd na die jaar 1980 as die begin van die era van liberalisme, die jaar van radi­kale konstitusionele hervormings sonder noodwendig ’n veran­dering van regering, gekyk het. Hulle het volgens ’n vaste tydrooster gewerk en daar is nie veel van hierdie tydrooster afgewyk nie. Die jaar 1980 word aangedui as die begin van die nuwe bedeling van politieke magsdeling tussen Blankes, Kleurlinge en Indiërs, wat uiteindelik die weg moet baan vir Swartes se inbring in ’n veelrassige politieke bestel. In 1974 het Die Vaderland berig dat mnr. Vorster ’n plan uitgewerk het waarvolgens Rhodesië binne vyf jaar ’n Swart meerderheidsregering sou kry. Daar is nie afge­wyk van hierdie tydrooster nie. In 1975 het die VVO se Spesiale Verteenwoordiger vir “Namibië”, Sean McBride, gesê Suidwes-Afrika sal binne vyf jaar onafhanklik wees met ’n Swart regering aan bewind. Dit lyk of hier ook nie baie van die tydrooster van die geldmanne afgewyk gaan word nie.

Toe die SA-Stigting in 1960 tot stand gekom het, is klem daarop gelê dat dit ’n nie-politieke liggaam is waarin mense van verskillende politieke oortuiginge saamgetrek word om Suid-Afrika in die buiteland te “verkoop.” Maar vir diegene wat die koers van die organisasie noukeurig gevolg het, is dit duidelik dat die SA-Stigting uit die staanspoor as ’n politieke drukgroep bedoel is. Enersyds wou die ryk geldmanne seggenskap in die politiek hê, maar hulle wou nie soos ’n gewone lid aan ’n politieke party behoort nie. So ’n politieke organisasie met lidmaatskap wat beperk sou wees tot lede van ’n soort ekonomiese herrenvolkie, sou hom in staat stel om bo-oor die tradisionele partyverdeling mense in ’n liggaam te betrek vir die bevordering van die groot geldmag se oogmerke sonder om deur ’n bepaalde po­litieke party te werk.

Die tweede rede waarom die Stigting uit die staanspoor in die politiek was, is omdat die meerderheid van sy trustees uitgesproke menings gehuldig het oor die sake wat die Stigting moes hanteer. Mnr. Oppenheimer, mnr. Eric Gallo en etlike ander was trustees van die ou SA United Trust Fund, wat die fonds van R1 000 000 beheer het waarmee die Torch Commando gefinansier is en waarmee mnr. Oppenheimer die regering van dr. Malan en adv. Strijdom wou breek. Mnr. Oppenheimer het sedert daardie tyd verder links beweeg en sit vandag saam met verskeie ander lede van die Stigting in die Progressiewe Party.

Daar is veral twee opvallende maniere hoe die SA-Stigting sy politieke invloed uitoefen. Dit het aanvanklik voorgegee dat dit tot stand gekom het om Suid-Afrika se beleid van afsonderlike ontwikkeling in die buiteland te “verkoop” en Suid-Afrika se aansien in die buitewêreld te verhoog. Wat in die praktyk gebeur het, is veelal die teenoorgestelde. Die kommunikasiekanale wat die Stigting aanlê met die buiteland, word gebruik om die buitelandse standpunte en vereistes in Suid-Afrika in te dra en om binnelands subtiele druk uit te oefen, sodat die binnelandse beleid verander kan word om die buiteland tevrede te stel.

Leidende figure in die SA-Stigting het self die beste bevestiging hiervoor verskaf. So bv. het sir Francis de Guingand, sy eerste voorsitter, sosiale verkeer tussen Blanke en Nieblanke leiers op amptelike staatsfunksies bepleit op grond daarvan dat dit die buitewêreld sou beïndruk, en bygevoeg dat die binnelandse verhoudinge tussen Blank en Nieblank op dieselfde basis geplaas moes word as die verhouding tussen Blankes binne Suid-Afrika en Nieblankes van buite die Republiek. Dr. Jan Marais, ook ’n latere voorsitter, het in dieselfde idioom as sir Francis gepraat toe hy verklaar het dat die hele beskaafde wêreld nie meer diskriminasie op grond van ras of kleur of agtergrond sal duld nie.

Daar sal later teruggegaan word op die politieke uitsprake van leidende figure van die SA-Stigting. Hier kan daarmee volstaan word dat die Regering die politieke uitsprake van die Stigting sy eie gemaak het en dat ’n man soos dr. Marais in 1977 gelyktydig vir sowel die Progressiewe Party as die Nasionale Party aanvaarbaar as parlementêre kandidaat was.

Die tweede manier waarop die Stigting sy politieke invloed uitgeoefen het, was om mense op grond van hulle ekonomiese stand of professionele bedrywigheid byeen te bring vir ’n politieke doel. Die SA-Stigting se trustees het aanvanklik geen ander gemeenskaplikheid gehad as ’n betrokkenheid by groot besighede en finansiële instellings nie. Hierdie groot gemene deler is gebruik om hulle in ’n organisasie te verenig wat geen uitgesproke politieke beginsel huldig nie, maar binne die politieke arena beweeg. Die SA-Stigting was dus uit die staanspoor in wese ’n politieke koalisie. Net soos in enige koalisie is alle beginsels opgehef en word mense van uiteenlopende politieke beskouinge in ’n enkele politieke or­ganisasie betrek. ’n Organisasie soos die Stigting kon die maksimum invloed uitoefen as daar gaandeweg byna geen verskil meer tussen politieke partye is nie, of as daar ’n koalisie tussen botsende partye tot stand kom. Die politieke toestand wat in die sewentigerjare in Suid-Afrika ontwikkel het, met ’n duidelike vervanging van die beleidmakers, het hierdie oogmerke bevoordeel.

Namate die Stigting al verder gevorder het in die uitvoering van sy oogmerke, het hy ook al hoe meer die vorm begin aanneem van die Amerikaanse Council on Foreign Relations, waarna vroeer verwys is en wat al beskryf is as die VSA se verskuilde regering. As ’n mens kyk na die ekonomiese beleid wat die Rege­ring in die afgelope aantal jare begin volg het met die begunstiging van die groot geldmag, die afgradering van die eise van Blanke voortbestaan aan die eise van ekonomiese groei, die verarming van ’n groot gedeelte van die bevolking wat oenskynlik goed leef maar al dieper in die skuld raak, en nou ook die konstitusionele veranderinge wat in die vooruitsig gestel word, is dit duidelik dat die invloed van die geldmanne van die Stigting in die regeringskringe baie groot was en steeds is.

Saam met die Stigting is daar nog twee instellings in Suid- Afrika wat min of meer parallel loop en wat klaarblyklik ten doel het om Suid-Afrika se binnelandse politiek te verander deur die inwerking van die buitelandse politiek daarop. Die een is die US-SA Leader Exchange Programme (USSALEP), wat in die VSA sterk verbintenisse met die CFR en ander linkse instellinge het. Die tweede is die SA Institute of International Affairs, wat in Johannesburg gesetel is en bloedverwantskap het met die veelrassige SA Institute of Race Relations (SAIRR) en die Christelike Instituut (Cl). Later, toe staatsgeld gebruik is om allerlei frontorganisasies te stig waarmee die linkse politiek bevorder kon word, het daar ook die SA Vryheidstigting en Assosiasie Internasionaal bygekom. Die name van bekende figure in die geldwêreld is genoem en voorgestel as die groot weldoeners en patriotte van Suid-Afrika wat nie skroom om ’n deel van hulle skatte af te staan om Suid-Afrika se saak in die buitewêreld te bevorder nie. Uiteindelik, toe die Inligtingskandaal ontplof het, is gevind dat hulle maar net hulle naam aan hierdie organisasies geleen het om dit sogenaamd status te gee.

Wat opvallend is, is dat lidmaatskap van hierdie instellings in baie gevalle oorvleuelend is en dat heelwat van die name van die een organisasie ook by die ander organisasies gevind word. Almal is halfgeheime organisasies wat net ’n deel van hulle aktiwiteite bekend maak. Hulle word gefinansier deur die groot en oorgroot maatskappye wat op hulle beurt weer enorme invloed op die koerante het en wat kan verseker dat hierdie halfgeheime organi­sasies nooit swak publisiteit kry nie.

Van sy stigtingsjare af het die SA-Stigting ’n lang skaduwee oor die binnelandse politiek van Suid-Afrika gegooi. Dit was net die ferme hand van wyle dr. Verwoerd wat hulle teruggehou het. Vir die Stigting was dr. Verwoerd duidelik ’n baie ernstige struikelblok, soos later sal blyk uit verklarings van onder meer mnr. Oppenheimer. Dr. Verwoerd het duidelik begryp wat hier besig was om te ontwikkel en die bedreiging wat dit vir Suid-Afrika ingehou het.

In 1964 het die Stigting sy kop duidelik in die politiek begin uitsteek met ’n land wye veldtog om Nieblanke lede teen R20 per kop te werf. Die poging het misluk omdat dr. Verwoerd ’n stokkie daarvoor gesteek het. ’n Mens moet dus aanneem dat toe die versugting van ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse pers van “Ver­woerd must go” op 6 September 1966 bewaarheid is, daar vir die geldmanne van die Stigting ook nuwe visioene opgegaan het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Gesonde lewensuitkyk.

Samewerking tussen volke.

Tyd en reisgeld vir pendel word bespaar.

Verseker eendrag en mag.

Bied lewensvatbaarheid.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1474 gaste aanlyn