NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'n trein deur 'n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie die treinkaartjie weg en spring van die trein af nie. Jy sit stil en vertrou die ingenieur.

DIE GELDMAG (14)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

UITWAARTS MET DIE STIGTING

Toe mnr. Vorster kort na sy bewindsaanvaarding met sy sg. uitwaartse beleid begin het, was dit duidelik wie se taal hy gepraat het. Dit was die taal wat toe reeds lank deur die leidende figure in die SA-Stigting gepraat is. Die uitgangspunt van die beleid was die gevaar van isolasie, wat nooit deel van die NP se beskouinge was nie maar wel die van die Stigting. Die hele klemtoon in die beleid van afsonderlike ontwikkeling is deur die voorstanders van uitwaartse beweging so verskuif dat die binnelandse beleid van Suid-Afrika al hoe meer soos ’n onderdeel van die buitelandse beleid begin lyk het. Dit was die grondliggende botsing tussen dr. Verwoerd en die geldmanne dat dr. Verwoerd nie daartoe wou instem nie. In die sin het mnr. Vorster dr. Verwoerd se standpunt verlaat en die Stigtingsmanne se standpunt heelhuids aanvaar.

Hierdie Stigtingsmanne se standpunt, wat aanvanklik in die uitwaartse beleid en later in die dialoog- en detente-beleid weerspieël is, is basies dat die eise van Blanke voortbestaan nie deurslaggewend moet wees by die bepaling van beleid nie, maar dat die voortsetting van betrekkinge met ander lande deurslaggewend moet wees, ongeag die toegewings wat dit in die binnelandse politiek meebring.

Dit bring ’n mens terug by die basiese botsing in die Suid- Afrikaanse politiek, naamlik die van die nasionaliteitlose geldmag teen Afrikaner-nasionalisme wat in ’n vorige eeu uitgekristaliseer het in ’n Cecil John Rhodes teen ’n Paul Kruger. Rhodes het ook sy Afrikaanssprekende Iuitenante gehad en was op ’n tyd selfs ’n vertroueling van die Afrikanerbond. Uit ’n latere beoordeling van mnr. Oppenheimer se beskouinge sal die stelling duideliker word. En dit moet in gedagte gehou word dat mnr. Oppenheimer die invloedrykste trustee van die SA-Stigting is en hierdie organisasie eintlik as nie-amptelike front gebruik vir die bevordering van sy eie beskouinge en die van Anglo-American.

Die wortel van die sg. uitwaartse beleid het waarskynlik in die ekonomiese en finansiële dryfvere van die SA-Stigting gelê. Die geldmanne van die Stigting wou Suid-Afrika ’n soort werkwinkel van Afrika maak of, soos dr. Malan dit destyds gestel het, ’n markplein vir die wêreld — sonder natuurlik enige bekommernis oor wat dit vir die Blankedom hier sou impliseer. Die aanknoop van diplomatieke betrekkinge met Swart Afrikastate het hierin ’n rol gespeel. Daar is ’n besliste element van nasionale vernedering in die onderhandelinge met Afrikastate, soos dit aanvanklik in die geval van Malawi geblyk het, maar later duidelik bevestig is toe mnr. Vorster met sy detente-avontuur in Afrika begin het. In die geval van Malawi is R8 000 000 teen vier persent rente geleen in ruil vir diplomatieke betrekkinge, wat dan deur Malawi se segsmanne bestempel is as ’n manier om apartheid te vernietig. Sulke betrek­kinge kan geen verheffende uitwerking op ’n selfrespekterende nasie hê nie. Dit is ’n manier van aftakeling van nasionale selfrespek wat die grondslag van nasionalisme is.

Hierdie soort selfbedrog van regeringskant om voor te gee dat hy vriende maak terwyl hy aan sy vriende geleentheid gee om hom van binne te ondermyn, is tipies van die liberale politiek wat in die SA-Stigting sy voedingsbodem gekry het. Die gepraat oor dialoog met Afrikastate het in dieselfde kategorie geval. Dit is opvallend dat toe daar aan die begin van mnr. Vorster se bewind sprake van dialoog met Ghana was, die segsmanne van Ghana gesê het dat hulle bereid is tot ’n sogenoemde dialoog, maar dat hulle dit gesien het as ’n metode om apartheid te vernietig en dat hulle daaraan sou deelneem op die uitdruklike voorwaarde dat hulle apartheid verdoem. Daarin is dieselfde element van vernedering. Hoe kan daar samespraak wees wanneer Suid-Afrika se standpunt uit die staanspoor verbode is? In so ’n dialoog sou daar net gepraat kon word oor die metodes en tempo van aftake­ling en prysgawe van apartheid en oor die politiek van die VVO. Dat Suid-Afrika hom in so ’n vernederende situasie laat betrek het, is waarksynlik net te wyte daaraan dat die geldmanne van die SA-Stigting handelsbetrekkinge met die Swart state wou uitbrei en dat hulle die politieke invloed wou gebruik om die pad oop te maak om toekomstige handelstransaksies te beveilig.

Dit was uit die staanspoor duidelik dat daar vir die SA- Stigting ’n duidelike politieke taak gestel was. Die onuitputlike finansiele bronne waaruit hy gevoed word, verseker dat hy stelselmatig en berekend sy politieke aktiwiteite sou kom verruim. En namate die politieke verdelingslyne tussen die Regering en die Opposisie al vaer geword het, sou die Stigting ook al meer ’n be- leidsbepalende rol vervul. Hy is daarop ingestel om nie openlik ’n politieke program te verkondig nie, hoewel dit algaande meer so gelyk het, maar net soos die destydse SA United Trust Fund van mnr. Oppenheimer sal hy sy steun gee aan politieke partye en sekere politici wat bepaalde doelstellings bevorder. Namate die politiek in Suid-Afrika ontwikkel het, het dit geblyk dat sowel die Opposisie as die Nasionale Party al verder van die volk weggedryf het. Op die manier het hulle al hoe meer blootgestel geraak aan die bevrediging van hulle finansiële behoeftes deur die groot geldmanne. En op die manier het die Stigtingsmanne ’n nog groter houvas in die politiek gekry. Toe ’n man soos mnr. Piet Cillie, toe redakteur van Die Burger, in daardie tyd gesê het dat ’n “dinktenk” nodig geword het om die hele rassebeleid te herformuleer, en sir Francis de Guingand geantwoord het met ’n voorstel van ’n gekose komitee van alle partye, wat later ook beaam is deur mnr. Willem van Heerden, destyds redakteur van Dagbreek, kon ’n mens byna seker wees dat so ’n “dinktenk” reeds in die geheim bestaan het agter die gewels van die SA-Stigting, die USSALEP en die SA Institute of International Affairs. Dat dit die invloed was wat by die herformulering van beleid deurslaggewend moes wees, was toe reeds duidelik.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Is die boom wat die beste vrugte lewer.

Diskriminasie is onderskeiding tot beswil van alle volke.

Rassisme beteken rassekennis en kennis is wysheid.

Bewerk groei van 'n volk uit eie wortels, uit eie instellings, uit eie krag.

Strewe na 'n vreedsame verhouding met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1490 gaste aanlyn