WAT IS DIE DOEL VAN DIE VERENIGDE NASIES?

Dr JJ Snyman

Indien na die vergrype van Israel teen die Palestyne en die VSA teen omtrent elke staat wat hulle teëkom gekyk word, ontstaan die vraag of die Verenigde Nasies (VN) nog bestaan.

Die antwoord is ja, maar dit is ‘n totaal nuttelose liggaam wat nie een van die aanvanklike doelstellings waarvoor dit gestig is, verwesenlik nie. Gevolglik het dit geen doel meer nie en dien dit hoofsaaklik om ‘n rubberstempel te wees vir Amerikaanse aggressie en om te keer dat optrede teen Israel geneem word aangesien die VSA telkens sy vetoreg uitoefen as die Veiligheidsraad optrede teen Israel voorstel.

Die VN moes vrede en goeie betrekkinge tussen state bevorder. Dit gebeur nie. Artikel 1 van sy handves sê:

to maintain international peace and security.

Dit sluit in om op te tree as daar bedreiging van die vrede of tekens van aggressie is.

Artikel 2 stel weer:

to develop friendly relations among nations based on respect for the principle of equal self-determination of people.

Die handves verseker ook die “sovereign equality of all iets members.”

Daarby word dit vereis dat as daar dispute tussen state ontstaan, dit deur “peaceful means” gedoen moet word en dat state hulle sal weerhou van die gebruik van geweld.

Die presiese bewoording van art 2 (4) verdien gemeld te word:

All members shall reform in their international relations from the threat and use of force against the terrorial integrity of political independance of any state, or in any manner inconsistent with the purposes of the United Nation.

Dus, geen ekonomiese of politieke druk is geoorloof nie.

In 1949 word Besluit 290 (IV) deur die Algemene Vergadering aanvaar wat bekend staan as “Essentials of Peace”.

In 1957 word Resolusie 1236 (XII) aanvaar wat stel dat verdraagsame betrekkinge tussen state gebaseer moet wees op respek vir mekaar se soewereiniteit, gelykheid en teritoriale integriteit en geen inmenging in ‘n staat se interne beleid nie.

Resolusie 213 het koverte optrede verbied en dit ontoelaatbaar gemaak.

Dit is ook gestel dat oortreding van die Resolusie ‘n vergryp teen die handves van die VN daarstel.

Intervention and all other forms of interference or attempted threats against the personality of the state or against its political, economic and cultural elements are prohibited.

‘n Staat mag ook nie dmv ekonomiese maatreëls ‘n ander staat dwing om sy interne beleid te verander nie en:

no state shall assist or finance, incite or tolerate subvasive, terrorist or armed activities directed towards the vident overthrow of the regime of another state or interfere in civil stuff in another state.

Resolusie na resolusie is aanvaar wat geweld, dreigemente van geweld, sanksies en ander vorme van dreigemente veroordeel.

Resolusie 2625 som die doel en oogmerke van die VN in sewe punte op:

1                     verbod op geweld of dreigemente van geweld;

2                     vreedsame oplossing van geskille;

3                     geen inmenging;

4                     samewerking tussen state;

5                     gelyke regte en selfbeskikking;

6                     soewereine gelykheid tussen state;

7                     goeie trou van elke staat.

Die VSA (en ook Israel) steur hulle eenvoudig nie hieraan nie. Elke besluit word met reëlmaat oortree.

In die jongste verlede kan gekyk word na Joegoeslawië, Libië, Irak, Sirië en nog klomp ander. En nou Venezuela.

State word gedreig, ekonomiese sanksies toegepas en as dit nie werk nie binne geval; hetsy self of deur ‘n terroriste groep te ondersteun. Dit is nou daardie “baken van vryheid”, die VSA!

Die feit is dat geen organisasie die VSA tot orde sal kan roep nie. Dit is ‘n “reg op sy eie”. Mag die Amerikaanse ryk en sy groot vriend Israel tot ‘n val kom sodat ons ‘n kans het dat vrede, soewereiniteit en integriteit van state tereg sal kom.