AMERIKAANSE MORELE VERVAL IN SNELRAT

Prof Willem Jordaan

Volgens ‘n opname wat pas in die VSA gedoen is, is 77% van Amerikaners bekommerd oor die morele verval in hulle land. Terloops, ek sou graag oor soortgelyke onderwerpe in ons eie land wil skryf, maar data daaroor is haas onbekombaar. Maar terug by Amerika. Miskien is die rede waarom die politici so korrup is, die samelewing waaruit hulle afkomstig is.

Die keuses wat jy in die lewe maak het sy basis in jou verlede. Wat jou rigsnoere was. Jou opvoeding. Jou doelwitte. Jou geloof. Amerika, die land waarop die vrye wêreld hulle hoop gevestig het, is nou allermins die een waarna mens kan opkyk as mens na die data kyk wat hierdie opname aan die lig bring. Gebrek aan leierskap is die grootste enkele probleem. Moet nie die probleem by die kinders soek nie.

Ek noem hier enkele van die bevindings. Nogal skokkend sou ek sê:

#1 In Amerika is 60 miljoen fetusse deur middel van aborsie verwyder (gedood) sedert aborsie in die beslissing van Roe v Wade gewettig is in 1973. Boonop word daardie fetusse dan vir navorsing gebruik!

#2 Meer Amerikaners sterf nou as gevolg van opiod oordosis as in motorongelukke. Dit is afkomstig uit Afghanistan...

#3 Die leidende oorsaak vir dood by Amerikaners onder 50 jaar is ‘n oordosis aan dwelmmiddels.

#4 McDonalds voed 70 miljoen mense daagliks in die wêreld terwyl Pornhub van die VSA 78 miljoen besoeke per dag het.

#5Geboortes van kinders deur minderjarige dogters in die VSA is die hoogste in die industriële wêreld.

#6 Sowat 110 miljoen Amerikaners sit tans met ‘n seksueel oordraagbare siekte.

#7 Elke jaar groei die aantal persone met seksueel oordraagbare siektes in Amerika met 20 miljoen.

#8 40% van alle geboortes in Amerika vind buite die huwelik plaas.

#9 Huwelike neem elke jaar af in die VSA.

#10 Een uit elke drie kinders in Amerika word sonder ‘n pa groot.

#11 25% van die wêreld se tronkbevolking is in die VSA maar hulle het maar 300 miljoen uit meer as 6 miljard mense.

#12  Teen die tyd dat ‘n kind in die VSA 18 jaar oud is het hy 40 000 moorde op televisie gesien.

#13 Sowat 70% Amerikaners gebruik minstens een voorgeskrewe medisyne. 20% gebruik minstens 5 voorgeskrewe medisynes.

#14 Dokters in die VSA skryf meer as 250 miljoen voorskrifte vir antidepressante uit elke jaar.

#15 Amerikaners spaneer gemiddeld 86 ure per maand op ‘n selfoon.

#16 33% van Amerikaanse tieners lees geen boek in ‘n jaar nie.

#17 Amerikaners is kompulsiewe kopers, meeste daarvan op krediet, met 480 miljoen kredietkaarte in omgang.

#18 37 miljoen kredietkaarthouers is in ‘n yslike finansiële verknorsing.

#19 Een uit elke vier tienerjarige dogters het ‘n seksueel oordraagbare siekte.

#20 Ongeveer 71% van die Amerikaanse jeug is ongeskik vir Weermag opleiding omdat hulle of te dom of te vet is, of ‘n kriminele rekord het.

#21 San Francisco het in 2018 5,8 miljoen spuitnaalde aan dwelmverslaafdes uitgedeel.

#22 Selfmoord het met 34% sedert 2000 gestyg.

#23 Selfmoord is nou die tweede grootste rede vir alle sterftes tussen ouderdomme 15 en 24.

#24Daar is 850 000 geregistreerde seksmisdadigers in die VSA.

#25 Die aantal babas wat deur aborsie gedood word per jaar is gelykstaande aan al die Amerikaanse soldate wat in alle oorloë gesterf het.

#26Een uit elke drie Amerikaanse vroue ondergaan ‘n aborsie teen ouderdom 45.

#27 86% van alle aborsies vind gewoon plaas omdat die ma’s nie die kinders wil hê nie.

#28Sowat 100 kerke sluit hulle deure elke week.

#29 Net sowat 27% van millenials woon nog ‘n kerk by.

#30 Die aantal Amerikaners wat nie meer glo nie het met 266% gestyg in die laaste drie dekades.

Nou ja, as dit die “leier van die Weste” is, dan verdien die Weste om onder te gaan. Ek dink soortgelyke statistiek in ons land sal ons nog verder skok. Miskien is dit beter dat sulke opnames nie hier gedoen word nie!