WIE MAAK ONS GELD? (8)

Ons vra verskoning dat die opvolg van Wie Maak Ons Geld vanaf hoofstuk 8 nie geplaas is nie. Hierdie reeks is juis in hierdie tyd waar die Internasionale Geldmag en sy seekatarms hulle kloue dieper in die wêreld se ekonomieë probeer inslaan, meer aktueel is as ooit tevore. U word aangeraai om die reeks van vooraf te lees om te verstaan wat nou met die sogenaamde dodelike virus/se – daar sal nog kom soos ons vroeër gesê het – en die inperking en ekonomiese verval wêreldwyd as gevolg daarvan, regtig besig is om te gebeur.

FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER

Lees reeks by Wie maak ons geld?

Marten.A. Larson sê: “In die kluise van die New York-tak van die Federale Bank - daar geberg vermoedelik op koste van die Amerikaanse belastingbetalers - lê nagenoeg 18 000 ton stawe goud ter waarde van omtrent $18 biljoen teen $35 per ons ... Niks hiervan behoort aan die Amerikaanse volk of regering nie; dit behoort nie eers aan die Fed nie, dit is eiendom van die vreemde beleggers wat dit teen $35 per ons gekoop het selfs na die werklike waarde daarvan meer as $125 was. Verkoop teen $200, sal dit meer as $100 biljoen inbring (vandag teen $600 meer as drie maal soveel) - ’n meevaller van ongeveer $85 biljoen wat volgens Seksie 895 van ons Binnelandse Belastingskode nie alleen belastingvry is nie maar ook vrygestel van bekendmaking. Dus, wanneer hierdie goud in Amerika herverkoop word, sal nie eers die I.R.S. kan ontdek wie hierdie fantastiese winste gemaak het nie.”

Daar is goeie rede om te glo dat die 18 000 ton goud wat in die kluise v.d. Fede­rale Reserwebank geberg word maar net die spits van die ysberg is. Veel meer sal in die Superbankiers se eie kluise gevind word, in Switserse en ander nasionale banke en in die Rockefeller - Rothschild - Chase - Manhattan - Bank in Moskou. Ons moet ook nuwe skemas soos bankkaarte beëindig wat ontwerp is om privaatbanke te verryk, omdat hulle papier-orders gee as plaasvervangers vir geld, en inflasie aanblaas deur die geldvoorraad te vermeerder.

Onlangs is daar in Suid-Afrika (“Cape Times”, 13 Desember 1980) ’n aantal pamflette in Engels en Afrikaans en meer as 90 000 in Zulu, Kosa en Sesotho deur die “Nasionale Komitee vir Mannekrag 2000” gepubliseer om werkers oor hulle regte in te lig. Dit sluit in die reg om te kan werk, die reg op billike vergoeding en diensvoorwaardes, die reg van toegang tot opleiding en heropleiding, die reg tot werkversekering ens. Dit klink regtig wonderlik goed en regverdig. Hierdie Nasionale Komitee en ons media vergeet egter dat nywerheids - en tegniese skole nie uit die lug val nie. Iemand moet hulle bou, daarvoor betaal en die dienspersoneel billik vergoed. Dis dieselfde met betrekkings, want betrekkings groei nie soos lelies op die velde nie. Sekere welwillende persone sal ekonomies lewensvatbare projekte moet loods wat bil­like lone en salarisse kan betaal en volhou, self wanneer bankrotskap dreig. Waar kry ons hierdie weldoeners - of slawe? As mense geregtig is op betrekkings, wie sal dit voorsien? Dit behoort vir elkeen duidelik te wees dat geen mens regte kan eis wat slawerny vir ander sal meebring nie. Marxisme was veronderstel om hierdie probleme op te los: die staat sou hierdie dienste gratis verskaf. Aan die einde v.d. Eerste Wêrelddoorlog het ons Superbankiers die oorwinnaars en oorwonnenes onder die verpligting geplaas om “aan Kommunistiese regerings te gee wat hulle ook al nodig het of selfs mag begeer.” Ons doen dit, maar ten spyte van die ontsaglike geldelike tegniese en militêre hulp wat die Weste aan Marxistiese regerings verleen, is hulle onderdane ver van gelukkig. Hulle moet nog ure lank tou staan, soms vergeefs, vir kos en noodsaaklike voorrade, en word nog boonop ingekerker deur dekrete, doringdraad en masjiengewere.

Dis nie die taak v.d. staat om elkeen van die wieg tot aan die graf te versorg nie - wat alle persoonlike inisiatief sou vernietig - maar om ’n sosiale orde te vestig waar al die inwoners vryelik met mekaar kan meeding in die stryd om bestaan en in die soeke na geluk. Dit is die regering se plig om ons te beskerm teen misdadigers en vreemde indringers en toe te sien dat geskille bygelê word volgens die landswette.

Deur afskaffing van die goudstandaard het ons Superbankiers hulle die reg veroorloof om onbeperkte hoeveelhede papiergeld uit te gee. Martin A. Larson berig dat die VSA se buitelandse laste in 1977 $114,8 biljoen bedra het. “Time” van 26 Februarie 1979 sê egter dat “nie minder nie as 700 biljoen papierdollars soos konfetti deur die geldmarkte van Europa en die Verre Ooste warrel” Beteken dit dat die aandeelhouers van die Federale Reserwebank 585 biljoen dollar bank­note in minder as twee jaar gedruk en in vreemde lande spandeer het? Miskien gebruik hulle hierdie banknote om beherende aandele in winsgewende ondernemings te koop, waarna hulle hul eie marionette aanstel om dit te bestuur. Te oordeel na wat in die verlede gebeur het bv. in die staal- wapen- en motornywerhede, het hier­die bestuurders, instede van plaaslike fabrieke te vergroot, reuse nuwes gebou in Sowjet-Rusland, Japan en ander Marxistiese lande wat, deur die moederfabrieke te onderbie, hulle gedwing het om produksie te verminder en so werkloosheid in die Weste te vermeerder. Dis te hope dat as hierdie proses onaanvaarbare vlakke bereik, die inwoners in louter radeloosheid ’n Marxistiese wêrelddiktatuur sal aanvaar. Die skepping van ’n Europese parlement was slegs ’n verdere stap in hierdie rigting.

Die Bankiers is voornemens om ons te vernietig deur die jeug te besmet. Op 28 Maart 1980 berig die “Cape Argus” dat mev. Eleanor Hamilton, ‘n seksvoorligter sedert 1969, seksoriënteringskampe vir kinders in Kanada loods waar meisies van 8 tot 12 en seuns van 12 tot 16 saam opgesluit word, en, onder haar deskundige toesig, aangemoedig word om met seks te eksperimenteer. Sy vertel aan die meisies dat hulle maagdskap ongeveer net so bruikbaar as hulle blindederm is, en sy spog trots daarmee dat hulle tot dusver nog nie ’n enkele swangerskap gehad het nie.

Baie meisies gee hul vandag wanneer hulle jonk en op hulle aantreklikste is aan enige Piet, Paul en Klaas oor; en wanneer hulle dan 29-jarige ouderdom bereik, gee hulle voor dat hulle nie in die huwelik geïnteresseer is nie en dit sou verafsku om kinders te hê. Ek glo dit nie. Die vrou is geskape om die lewe voort te plant; dit is ha­ar eerste funksie, opgedra aan haar deur God of die natuur, haar hoofdoel in die lewe. As sy hierin faal, sal ’n goedsaamgestelde vrou bitter, verydel en onvervuld voel, hoe hoog sy ook al op die sosiale leer gestyg het. Baie mans weier vandag om te trou; hoe kan hulle ook vroue vertrou wat hul gunste aan dese en gene uitdeel? Hoekom sou hulle die verantwoordelikheid en uitgawe aanvaar van kinders groot te maak wat miskien nie eers hulle eie is nie?

In die meeste Westerse lande is die doodstraf vandag afgeskaf en vrugafdrywings gewettig. Onder beheer v.d. Superbankiers het ons ’n gemeenskap geword wat veroordeelde moordenaars spaar maar ongebore babas by die miljoen vermoor, terwyl ons nuusmedia hard probeer om ons te oortuig dat dit reg en behoorlik is so.

Pres. F.D. Roosevelt was die beste belegging wat die aandeelhouers van die Federal Reserwebank ooit gemaak het. Miskien het hulle ’n miljoen dollars uitgegee om hom verkies en herverkies te kry, maar, soos berig deur Martin A. Larson het hy hulle met winste van verskeie honderdduisend miljoene dollars beloon, alles belê in belastingsvrye, glinsterende, onvernietigbare goud; atoombomme sou dit kon smelt maar nie vernietig nie. Larson sê: “Dit mag wel waar wees dat Richard Nixon ietwat minder as ’n voorbeeldige presi­dent was; maar ’n blik op sy voorgangers behoort nie alleen onthullend nie maar ook insiggewend te wees. Die geskiedenis toon aan dat Teddy Roosevelt ’n algehele niksnuts was; dat Wilson ’n volslae skynheilige en verraaier was en dat Harding moontlik selfmoord gepleeg het oor Teapot Dome; dat Truman die presidentskap verwerp het as getroue dienaar v.d. Pendergast-Bende; dat Johnson dalk die grootste persoon­like skurk was wat ooit die Wit Huis bewoon het, en dat beide hy en Kennedy met gesteelde stemme verkies is. Nietemin. . . F.D.R. staan alleen en los van alle ander; hy was die hoogste dienskneg van die boosste en verraderlikste magte wat op Ameri­kaanse bodem doenig is - naamlik die internasionale finansiers, in klassieke Ameri­kaanse styl verteenwoordig deur die Rockefeller-belange wat in noue bondgenootskap saamwerk met die Rothschilds en ander Europese sentrale banke. . . In sy eerste termyn as president het F.D.R. beloof om belastings met 25% te besnoei - toe het hy dit met 3000% vermeerder; hy het gesê hy sou die geldwisselaars uit die tempel verdryf- en daarop het hy die tempel aan hulle GEGEE; hy het plegtig verseker dat fondse aan sake en persone beskikbaar gestel sou word na behoefte - en toe, volgens Percy L. Greaves, het hy die voorraad van $64 biljoen in 1928 tot $30,8 miljoen in 1933-34 verminder. Hy het gesê hy spandeer federale geld om die pomp aan te wakker - om voorspoed te skep - maar die Fed het verseker dat ná voorspoed nie sonder ’n oorlog teruggekeer sou word nie; hy het ’n beheerde geldstelsel aangebied wat volgens hom ’n stabiele dollar geslagte lank sou waarborg - en tog het hy die grondslag vir algehele geldelike onstabiliteit gelê; vir Amerikaners om hulle eie gemunte goud te behou, het hy tot misdaad verklaar, en hulle slegs $20,67 per ons daarvoor betaal - maar hy het geen beperkings op vreemdelinge geplaas nie en hulle $35 per ons daarvoor betaal; hy het hom as groot filantroop en beskermer van die gewone man voorgedoen, maar hy het hulle met ondraaglike laste van skuld en belast­ings oorlaai, terwyl hy die finansiers bo die wildste drome van Croesus verryk het; hy het verklaar dat hy oorlog haat, die vrede bemin en nooit ’n Amerikaanse seun sou stuur om op vreemde bodem te veg nie - tog het hy jare spandeer om hierdie volk die oorlog binne te sleep, en toe alles gefaal het, het hy feitlik oorlog verklaar teen die Japannese (om die Russe te red vir wie hulle hul klaargemaak het om aan te val) en so die aanval op Pearl Harbour ontketen; hy het sy Vier Vryhede aan die wêreld aangekondig; daama het hy die eiendom van 130 000 onskuldige Amerikaners van Japannese afkoms gekonfiskeer en hulle na konsentrasiekampe gestuur sonder aanklag, verhoor of openbaarmaking; hy het gesê hy is gekant teen die Kommunisme, maar daarna die Yalta-ooreenkoms onderteken wat Stalin in staat gestel het om te oorleef, ’n groot deel van Duitsland aan die Russe afgestaan, en gereël dat tweemiljoen anti-Kommunistiese vlugtelinge onder dwang deur die Amerikaanse leër onder Stalin se beheer teruggeplaas is, om daar vermoor te word of in die Gulag Argipel te sterf.

“Dat Roosevelt se oorheersende doelwit was om die volk in ’n wêreldoorlog te dompel, kan skaars betwyfel word; maar dan ontstaan die vraag: waarom was hy uitermate vasberade op ’n weg wat die dood vir honderdduisende of selfs miljoene ingehou het, en vreeslike belastings geslagte lank vir miljoene? Was hy bloot ’n menslike demoon? Aangesien ons in ’n tydvak leef waarin dit onmoontlik vir enigiemand is om die hoogste pos in die V.S.A. te bereik sonder om belange en magte te dien wat onuitspreeklik boos is, is dit heeltemal moontlik dat hy bloot net gedoen het wat enigiemand anders in sy posisie sou gedoen het.”

Dit, meen ek, verduidelik die houdings, handelinge en gedrag van alle Ameri­kaanse presidente wat hom sedertdien opgevolg het. Hulle taak is nie maklik nie. Om die Amerikaanse openbare mening te bevredig moet hulle bewys dat hulle al die moontlike doen om die Kommunisme in bedwang te hou en die teenswoordige middelklasgemeenskap uit te bou wat die ruggraat van ’n progressiewe regering is, en vasberade om die regte van die individu te beskerm en Marxisme te verwerp. In die geheim moet hulle (d.w.s. die presidente) egter die middelstand en sy Kapitalisme diskrediteer en vernietig, toestande skep wat wêreldrevolusie en anargie begunstig, die Kommunisme bevorder, en intussen die Kommuniste alle moontlike hulp verleen, ekonomies, tegnies, geldelik en militêr, en so, met of sonder nog ’n oorlog, ’n Marxistiese wêrelddiktatuur daarstel. Dit is die rede waarom, so dikwels as pres. Carter en Bresjnev mekaar liefderik in die openbaar omhels, die Kommunistiese diktator gewoonlik die wêreld met ’n engelagtige, geluksalige glimlag seën - hy weet reeds dat die Kommunisme bestem is om die komende stryd te wen - terwyl Carter ’n gekwelde, neerslagtige trek op die gelaat het. Sy werk is om die Weste te oorreed om Kommunistiese diktatuur te aanvaar of ’n reeds verlore stryd te voer. Hy hou nie daarvan nie maar wel van die versiersels wat die Amerikaanse Presidentskap omgewe.

In Oktober 1976 het die Londense “Observer” onthul dat Churchill kort voor die Tweede Wêreldoorlog van bankrotskap gered is deur sir Henry Strakosch wat die skulde en die beheer van Churchill se beleggings oorgeneem het. As gevolg van ernstige finansiële misrekening het Churchill sy makelaar meer as £18 000 geskuld, die ekwivalent van oor die £100 000 in vandag se waarde. Churchill het op die punt gestaan om sy geliefde huis Chartwell te verkoop toe Strakosch hom van rampspoed gered het. Wat moes hy in ruil daarvoor doen? Niemand weet nie en ’n mens kan maar net gis. Was daar ’n fundamentele verandering in sy gedrag? Ek meen van wel: in diens van die Superbankiers is ’n fanatiese anti-Kommunis omskep in ’n hardwerkende, vurige voorstander en beskermer van die Kommunisme. Nadat hy onvermoeid twintig jaar lank die vernietiging v.d. Kommunisme gepredik het, het Chur­chill dit gedurende die oorlog tot sy vernaamste taak gestel die algehele uitwissing v.d. Kommuniste se mees gedugte teenstander “met uitsluiting van alle ander doelwitte, lojaliteite en mikpunte.” Maar hy het die ander oorlogsdoelwitte van ons nasionale banke se aandeelhouers nie verraai nie omdat hy hulle afkeer of algehele verwerping gevrees het. As die vernietiging van Nazisme sy enigste doel was - so het hy dikwels beweer - sou hy dit, soos reeds gesê, binne ’n aantal weke kon volvoer het deur die Duitsers se enigste vloeibare-etielaanleg wat “hoogs kwesbaar deur lugaanvalle” was, te bombardeer. Hy het nog ’n geleentheid laat verbygaan toe die Biskop van Chichester in 1942 twee Nazi’s in Stockholm ontmoet het wat hom gevra het of die Britse en Amerikaanse regerings vredesondehandelinge met ’n demokratiese Duitse regering sou aanknoop as Hitler se regime onvergewerp word. Met sy terugkeer het die biskop die saak aan mnr. Eden gestel, maar die Britse regering het nie geantwoord nie omdat die oorlog uitgerek moes word sodat ons Superbankiers se ander oorlogsdoelwitte wat nog die Britse regering nog Churchill op die lappe gebring het, verwesenlik kon word. Ons weet dit nou, want ons weet wat later gebeur het.

By Yalta, in flagrante skending van die reg van selfbeskikking en sy eie en Roosevelt se “Atlantiese Oktrooi,” het Churchill tot die verdeling van Duitsland toegestem en die besetting van alle Oos-Europese lande, Pole en Oos-Duitsland ingesluit, deur Russiese troepe.

Dit was Churchill wat Joego-Slawië met die Kommunisme opgesaal het, waar die Duitsers getreiter is deur Kommunistiese terroriste, aangevoer deur Tito, en Serwiese rojalistiese guerrillas, gelei deur genl. Mihailovic. Toe die oorwinning in 1944 in sig was, het Churchill Roosevelt telegrafies versoek om wapenvoorsiening aan Mi­hailovic te staak. Toe die Rojaliste sonder ammunisie was, het Tito hulle aangeval en die generaal opgehang. Toe een van Churchill se bystanders bedenkinge oor ’n na-oorlogse Joego - Slawië uitgepreek het, het Churchill gevra of hy voornemens was om ná die oorlog daar te woon. “Nee, meneer,” was die antwoord. “Ek ook nie,” was Churchill se antwoord, “en aangesien dit so is, hoe minder ek en jy oor hulle regeringsvorm tob, hoe beter,” (“War in the Shadows,” Robert B. Asprey, Garden City, Doubleday, 1975). Wie het Churchill Kommuniste bo Rojaliste laat verkies?

Ná die Eerste Wêreldoorlog het Churchill die reputasie van ’n vurige anti-Bolsjewis verwerf. In 1919 toe Violet Asquith hom gevra het wat sy Russiese beleid is, het hy geantwoord: “Moor die Bolshië, soen die Hun,” en min of meer dieselfde tyd het hy in ’n brief aan Lloyd George voorgestel: “Voed Duitsland, beveg Bolsjewisme, laat Duitsland die Bolsjewisme beveg." (“W.S. Churchill” deur Martin Gil­bert, bl. 277/278, Boekdeel IV, Heinemann, Londen). In ’n toespraak op 11 April 1919 het Churchill verklaar:

“Van alle tiranne in die geskiedenis is die Bolsjewiste die slegste, die mees vernietigend en die vernederendste.”

Soos berig in die “Cape Times”, het Lord Boothby onlangs ’n boek oor wyle sir Winston Churchill gepubliseer waarin hy beweer dat Churchill ’n wrede streep in sy geaardheid gehad het en seniel was.

Churchill se gedrag bewys nie dat hy ongebalanseerd was nie. Die feit dat hy slegs een van sy oorlogsdoelwitte openbaar gemaak het - die vernietiging van Hitler en Mussolini - en al die ander geheim gehou het, bewys dat hy ’n rasionele denker was. As hy al die Superbankiers se oorlogsdoelwitte onthul het, sou die hele wêreld, die Bankiers ingesluit, tot die slotsom gekom het dat hy seniel was. Sy optrede skep die indruk dat hy ’n lojale, toegewyde, getroue dienaar van ons nasionale banke se aandeelhouers was. Finansier Strakosch was so ingenome met sy dienste dat hy nog £20 000 aan hom in sy testament nagelaat het. (Londense “Observer,” Oktober 1976).

Hitler het nie alleen vir sy selfbeskikkingsreg geveg nie, maar ook vir die reg van elke nasie, insluitende Brittanje, Frankryk en Amerika, om geld en krediet skuld - en rentevry vir eie voordeel beskikbaar te stel, en nie, soos tans die geval is, die parasitiese aandeelhouers van ons nasionale banke te verryk nie.

Mislei deur ons leiers en nuusmedia het hierdie nasies hulle potensiële bevryder van finansiële lyfeienskap, en sy volgelinge aan die kruis genael, die grafgrawers van hul ryke, Roosevelt en Churchill, gehuldig as die grootste leiers wat die Weste ooit opgelewer het, manne wie se herinnering bemin en as skat bewaar sal word deur baie toekomende geslagte.

Nasies wat die aanstigters van oorloë beloon met belastingvrye miljoene en hulle toelaat om van afpersing en marteling gebruik te maak om die skuld op onskuldige slagoffers te pak, kan nie voortbestaan nie, want hulle moet en sal hulself vernietig.

Karl Marx het die skepping van ’n wêreldwye werkersdiktatuur bepleit waar die meeste menseregte afgeskaf sou word, waar werkers ses dae per week sou arbei, waar alles en almal aan die staat sou behoort, d.w.s. aan die regeerders. Wat Karl Marx nie onthul het nie, was dat die leiers van hierdie werkersdiktatuur slegs goedbesoldigde, lojale werknemers sou wees van die magsbesete aandeelhouers van ons nasionale banke wat die ware regeerders sou wees. Om hom te beloon, het hulle hom wêreldberoemd gemaak. Deur ons te mislei, het hulle met ons hulp reeds hierdie valse werkersdiktatuur aan twee-derdes v.d. mensdom opgelê. Besit ons nog die wil en die morele krag om te verhoed dat hulle dit aan ons almal oplê?

(En vandag staan ons hier waar die hele wêreld onderwerp word aan presies waarteen ons gewaarsku is, ‘n “wêreldwye werkersdiktatuur bepleit waar die meeste menseregte afgeskaf sou word, waar werkers ses dae per week sou arbei, waar alles en almal aan die staat sou behoort, d.w.s. aan die regeerders.” Gaan Suid-Afrika hierdie pad saam met die res van die wêreld stap of sal die God van ons vaders ‘n ander plan met ons hê...)

Vervolg...