NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek bid nie vir ‘n algehele kalmte van gees of dat my swaarkry dadelik einde sal kry nie.  In hierdie wêreld sal daar altyd pyn en probleme wees.  Ek bid slegs dat u Gees, u liefde en u genade my met soveel uithouvermoë sal vul, dat ek enigiets wat oor my pad mag kom, sal kan geniet of verdra”.

WIE MAAK ONS GELD? (9)

FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER

Lees reeks by Wie maak ons geld?

BREINSPOELING: DIE GROOT TOWERLAMP EN HOE DIT WERK

"The vested interests of our age. . . have constructed a wonderful machine, which we shall call the Great Steriopticon (Magic Lantern). It is the function of this machine to project selected pictures of life in the hope that what is seen will be imitated. All of us of the West who are within the long reach of technology are sitting in the audience. We are told the time to laugh and the time to cry, and signs are not wanting that the audience grows ever more responsive to its cues. . . The Great Steriopticon like most gadgets has been progressively improved and added to until today it is a machine of three parts: the press, the film pictures and the radio." [1] (Die gevestigde belange van ons eeu. . . het 'n wondermasjien opgebou wat ons die Groot Towerlamp sal noem. Die masjien se werk is om uitgesoekte voorstellings van die lewe te projekteer met die hoop dat wat gesien word, ook nagevolg sal word. Al ons Westerlinge binne bereik van die tegnologie, sit binne die gehoor. Daar is geen gebrek aan tekens nie dat ons, die gehoor, al vatbaarder word vir sy aanwysings oor wanneer om te lag en wanneer om te huil.

Soos die meeste patente word die Towerlamp voortdurend verbeter en verruim sodat dit vandag 'n masjien bestaande uit drie dele is: die pers, die filmwese en die radio).

Sedert prof Richard M Weaver hierdie woorde geskryf het, is 'n vierde deel, televisie, bygevoeg. Die gehoor het inderdaad "al vatbaarder vir sy aanwy­sings" geword, in so 'n mate dat televisie 'n skemerwêreld geskep het waarin die grense tussen werklikheid en fantasie in die skadu’s verlore geraak het. Ons begrip van die wêreld en die gebeure van ons dag, ons idees, verwagtinge en aspirasies, ons verontwaardiging en ons haat, ons meegevoel word vir ons gevorm en gefatsoeneer deur die vier dele van die diaboliese masjien — die pers, film, radio en televisie.

Die oudste deel van die Towerlamp is die nuusblad. Die pers, helaas! Soos die heer W D Chalmers dit pittig gestel het: "It is one of the saddest examples on the modern scene of a potential power for good that has been used for ill. The motto of some papers might almost seem to be: 'Whatsoever things are dis­honourable, whatsoever things are impure, whatsoever things are unlovely, think on these things." (Dis een van die droewigste moderne voorbeelde van 'n potensiële mag ten goede, wat vir die bose aangewend word. Die wagwoord van sommige koerante mag wel wees: ‘Watter dinge ook al oneerbaar is, wat­er dinge onrein, watter dinge lelik, bepeins dit’.) – W D CHALMERS*

Die koerant is afhanklik van sy advertensies — 'n inkomste wat op sy beurt weer afhang van sirkulasiesyfers. Om die massas te lok, so lui die argument, moet die koerant vol sensasie en kruheid wees. Maar is dit regtig so? Selfs al sou dit so wees, beteken dit dan dat koerante uitsluitlik in die swakste smaak moet voorsien? Shakespeare se dramas is gewild by 'n groot verskeidenheid toneelgangers. Vir die aardses of hul moderne eweknie is daar tonele van bloed, doodslag en stout humor; vir die intelligentsia, gesofistikeerde geestigheid en verhewe geestesinsig.

Miskien is die vergelyking nie heeltemal van toepassing nie, maar koerante kan wel verdienstelike en verheffende stof insluit sonder om hulle sirkulasie te benadeel. Dickens het dikwels verwys na die werker van sy dag se stewige, gesonde verstand en ordentlikheid. Die gewone man se geliefkoosde soort leesstof was grootliks van sedelike en godsdienstige aard. Vroeëre vakbondliteratuur en -propaganda is versier deur tekste en aanhalings uit die Bybel. Eenvoudige arbeiders het bymekaar gekom om wat hulle gelees het te bepreek en te verwerk.

Die letterkunde van die Viktoriaanse tydperk het 'n morele strekking gehad en het deugde soos selfopoffering, patriotisme, eerlikheid en eer beklemtoon. Die Viktoriaanse tydvak was een van beroering en verandering, maar dit was nietemin groots, want die Britte was trots en patrioties en die beste van hulle vervul met 'n besef van plig en verantwoordelikheid. Die heersende geestesklimaat was grotendeels die gevolg van wat hulle gelees het.

Vandag sit ons opgesaal met 'n verwarde en ontwortelde massa mense wat deur die media tot 'n ellendige sedelike verval gebring is. Geestelik het die groot Towerlamp die mens verarm, sy lus vir ondeug en verwording geprikkel, sy intellek en instink benewel, die voortreflikheid van materialisme besing en hopeloosheid en wanhoop ontketen.

Dit is nie die koerant wat die ontaarde smaak terwille moet wees nie. Dit is die koerante self wat die bedorwe smaak geskep het.

As dit al was waarvoor die nuusblaaie verantwoording moes doen, kon die saak, erg soos dit is, nog beredder word. Die pers word egter beheer deur die internasionale geldskieters in wie se hande al die nuusagentskappe en teleksdienste is, so ook die invloedrykste politieke tydskrifte. Dit beteken nie dat elke koerantredakteur 'n bewuste agent van die sameswering is nie, hoewel, baie van hulle natuurlik is. Geldelike druk word op koerantredakteurs uitgeoefen. Artikels, wat nie die eienaars se goedkeuring wegdra nie, maak dat finansiële konsortiums dreig om hulle advertensies te onttrek. Verslaggewers leer gou om hulle daarby neer te lê. Hulle besef dat bevordering van liberale sentiment afhang en dat hulle persoonlike mening of beskouing by die algemene beleid moet aanpas.

Die veelgeroemde persvryheid is 'n vreemde verskynsel. Persvryheid beteken vryheid om te verdraai, om te lieg, om feite te verberg, vryheid om te beswadder, om te skimp, inbreuk te maak op leed en privaatheid en vryheid om te verwar.

Die omvang van toegelate debattering word sorgvuldig neergelê en voorgeskryf. Sekere onderwerpe is absoluut verbode. Koerante het hulle negatief-gelaaide woorde waarmee hulle bespreking van "gevaarlike onderwerpe" af weglei. Die gekondisioneerde massas reageer daarteenoor soos diere wat paniekbevange van die geëlektrifiseerde heining af padgee. Sulke woorde sluit in rassisme, neo-Nazi, vooroordeel, verkramp of dweepsugtig, diskriminasie, anti-Semities, baasskap, konsentrasiekamp en vele ander. Daarteenoor staan die positief-gelaaide woorde, die elektriese prikkelaars, soos verlig, verantwoordelik, liberaal, demokraties, vryheid, nuwe bedeling, hervorming, progressief, gematig, redelik en verdraagsaam.

As enigiemand daaraan twyfel dat die pers wêreldwyd beheer word, moet hy kan verduidelik hoe 'n onbekende figuur soos Steve Biko 'n wêreldbekende martelaar kon word en hoe die aangehitste verontwaardigingskrete nie gehoor word wanneer die kommuniste 'n kwartmiljoen mense in Kambodja vermoor nie.

Wat betref die pers se onderdanigheid aan geldelike druk, wie sal beter weet as John Swinton, voormalige redakteur van die New York Times. Op 'n noënmaal van die Amerikaanse Persvereniging het hy gesê: "There is no such thing as an independent press in America. . . not a man among you dares to utter his honest opinion. It is the duty of a journalist to lie, revile, to toady at the feet of Mammon. . . We are marionettes. . . these men pull the strings and we dance. . . we are intellectual prostitutes." (Daar is nie so 'n ding soos 'n onafhanklike pers in Amerika nie. . . nie een van u kan dit waag om 'n eerlike mening te uiter nie. Dis 'n joernalis se plig om te lieg, verguis, om bek te lek en stert te swaai aan Mammon se voete. . . ons is marionette. . . hierdie manne trek die toutjies en ons dans. . . ons is intellektuele prostitute.) * Die New York imes van die Sulzbergers, die Washington Post van die Meyers en Time-Life- tydskrifte van Edgar Bronfman word direk beheer deur en is agente van die Geldmag; boonop is Sulzberger se dogter Marian Dryfoos getroud met Time se besturende direkteur, Henry Grunwald; Eugene Meyer van die Washington Post was die eerste president van die Wêreldbank.

Nou vra ek verdraagsaamheid van diegene wat geskool is in die dissipline van taal of literêre kritiek. Ek wil net 'n kort ontleding maak van 'n stukkie joernalistiek uit die Suid-Afrikaanse Sunday Tribune van 1 Julie 1979. Daarmee wil ek die tegniek van emosionele joernalistiek illustreer. Vir baie sal dit lyk of ek die vanselfsprekende beweer, maar vir ander, ongewoond aan krities lees, mag die verduideliking en blootlegging van hierdie tegniek waardevol wees.

Die artikel gaan oor 'n Afrikaanse professor in geskiedenis wat geteer-en-veer is tydens 'n toespraak voor 'n universiteitsgehoor toe sy aanranders van mening was dat hy 'n Afrikanertradisie en -erfenis verraai het. Die professor het gesê dat Geloftedag, met die oog op rassebetrekkinge, nie langer gevier moet word nie. Die Voortrekkers het 'n gelofte aan God gemaak dat, indien die oorwinning oor die Zoeloes aan hulle geskenk word, hulle en hulle nageslag jaarliks daardie dag met gebed en danksegging sal herdenk. Dit is nie vir my om oor die verdienste, al dan nie, van die besondere saak uit te wei nie. Die aanranders is in die landdroshof beboet. My enigste doel is om die blatante vooroordeel van die koerantberig bloot te lê. Hier is 'n uittreksel daaruit: BOER REICH MARCHES AGAIN. . . LATEST VICTIM OF AWB BULLY JOYS. Professor Floors van Jaarsveld said, hours after the fining of the men of tar and feather: 'The court's verdict removed the tar from me but I'll carry a nark until my death.' He then told of his anguish and the nightmares which taunted him — the scars of his brush with AWB (Afrikaner Weerstand Beweging). But through it all the plucky Pretoria professor stands firm on what he relieves — the day of the Covenant should lose it’s Sunday status in the interests of all-race relations. And right behind him is his wife, Helen, who told how her husband shook and shivered in his dreams of torment. At night she gently touches him and draws him from his nightmares. . .Yes, Professor van Jaarsveld, the gentle grey-haired historian and grandfather, shows the scars of his belief."

Die opskrif: “Boer Reich" roep die spook van Naziïsme op en herinner lesers tegelykertyd daaraan dat baie Afrikaners die Duitsers gedurende Wêreldoorlog II gesteun het. "Marches again" suggereer die gestamp van kaplaarse en die herdenking van die Fascistiese filosofie. "Latest victim" en "Bully Boys" is emosiebelaaide sinsnedes om die vervolging van onskuldige mense deur die Gestapo-sadiste te suggereer. Die professor sal die sielkundige letsels van die ondervinding graf toe saamneem. Die teer mag verwyder wees, maar daar is nog "nightmares" wat by hom spook, hy met sy "scars" en "anguish". Hy word beskryf as 'n saggeaarde, gryse historikus en oupa. Hier word die beeld geskep van 'n weerlose ou man, 'n akademikus, sag en goedig van aard, deur jong boewe aangerand en verrinneweer. Sy broosheid ten spyt, staan hy vas. Hy is die "plucky Pretoria professor" (let op die alliterasie) wat soos Christus ly in die aangesig van haat. Sy vrou getuig dat haar man in sy drome "shook en shivered"; dat hy inderdaad bibberend en bewend was tot haar sagte, vroulike aanraking, die genade-engel se hand op die koorsige voorhoof, hom uit sy "nightmares" verlos het. (Die “aanranders” was ‘n paar jong, pragtige Christenmanne wat die moed gehad het om vir Afrikanernasionalisme op te staan deur die verraaierprofessor se onchristelike breinspoelingsfrase op ‘n tasbare wyse te weerlê. Hulle is vandag nog kinders van die Here, beklee leiersposisies in hulle onderskeie samelewings en was nie AWB-lede nie – Geloftelandredaksie).

So word die denke van die mense vooraf gekondisioneer sodat hulle standpunte nie meer hulle eie is nie. Emosionele oortuigings word op hulle oorgedra. Voortdurende herhaling van emosionele sinsnedes en beriggewing het 'n verwoestende invloed. 'n Leuen wat dikwels genoeg herhaal word, word as waarheid aanvaar. Baie meer duiwels en doeltreffend is 'n herhalingspatroon waarvan die deursnit mens byna nie bewus is nie. Die gewone mens is 'n "slagoffer" van breinspoeling. "Hy dra die littekens van sy geloof" in sy onvermoë om lewensprobleme met sy rede te hanteer.

‘N DEPARTEMENT VAN MISLEIDING (DISINFORMATION) bestaan in baie lande. Sy funksie is die doelbewuste verspreiding van vals gegewens, misleidende inligting, gerugte en botsende verslae. Die benaming is eg, nie satiries nie en getuig van die versiendheid van George Orwell wat in sy boek 1984 'n "dubbelprater" en 'n Vredesdepartement insluit om oorlog te hanteer. Die kommunisme se base is ook die pers se base. Dit is dus nie onvoorsiens as soortgelyke tegniek in nuusblaaie voorkom nie.

Duisende brokkies inligting, party waar, ander vals, sommige ter sake, ander nie, party bevestigend, ander ontkennend, word aan die publiek gevoer. Geen duidelike patroon verskyn uit die mosaïek nie, sodat die gewone man sy skouers optrek en ophou om die wêreldsituasie te probeer verstaan. So word die politiek vir hom iets vreemds, so ook die ekonomie en die buitelandse beleid. Daarom wend hy hom liewer na die sportverslae of bespiegelings oor foto's van die vroueliggaam, of sappige besonderhede van die een of ander skeisaak. Anders lees hy artikels soos die een reeds aangehaal, waarin en waarom dit gaan, baie duidelik weergegee word en maklik is om te begryp, sodat hy kan kwaad word, soos wat van hom verwag word. Hierdie onttrekking aan aktiewe begrip van sake van die dag maak dit oneindig makliker vir die bankiers om regerings in die begeerde rigting te stoot.

Dit is interessant dat moderne kuns presies dieselfde soort gevolge beoog. Omdat "geplante" akademici, invloedryke tydskrifte, kritici, skilderye en beeldhoukuns sonder enige estetiese waarde hemelhoog prys, begin die gewone man twyfel aan sy eie oordeel. Boonop word sy eie estetiese waardering verwring deur voortdurende blootstelling aan die aaklige, die geskende, die verwronge.

Ek kan die proteskrete tot 'n crescendo hoor uitstyg, maar ek sal nie my bewering terugtrek nie! Die geskiedenis is vol voorbeelde in kuns en musiek waar gawe rigtings verwerp en verguis is, voordat hulle aanvaar is. Dit word toegee, maar vandag se toestande is sonder presedent in die verlede. Daar is geen kriteria nie, sodat lagwekkende voorvalle volop is, bv die sjimpansee wat verf op 'n doek rondsmeer en sy meester die produk in 'n kunsgalery laat ophang, waar dit as 'n meesterstuk begroet word. Picasso het 90% van sy profyt aan die immunisme geskenk en erken dat hy die publiek vir die gek gehou het.

Moderne kuns is vreemd, onnatuurlik, godslasterlik en bedoel om ons Westerse erfenis en beskawing te vernietig. Dis 'n faset van die opmars na eenwêreld-totalitarisme.

Maar om tot die pers terug te keer: Die emosionele krete vir persvryheid is grotendeels van die pers self afkomstig en dis nie 'n bietjie ironies nie dat sulke krete slegs van demokratiese of vrye lande kom. Watter vryheid het die pers *agter die ystergordyn of in die baie Swart diktature in Afrika? Nadat hy 'n verame rol in die ondermyning en omverwerping van 'n stabiele demokrasie gespeel het, word die pers dan, vreemd genoeg, ingetoë oor sy eie onderdrukking. Onbeteuelde persvryheid lei onvermydelik tot onbeteuelde beperking onder 'n pas-gevestigde kommunistiese regime, maar geen begrafnisrede word gehoor of treurmares gepubliseer nie.

Die publiek het 'n reg om te weet," is 'n geliefkoosde slagspreuk. '"n Ingeligte leserskorps is noodsaaklik vir die Demokrasie" is nog een. Hierdie twee slagspreuke, gestroop van hulle glansende tweeslagtigheid, beteken eintlik: Die publiek het die reg om te weet dit wat ons wil hê hulle moet weet," en "'n oningeligte kieserskorps is noodsaaklik vir tirannie." Hier is een tipiese voorbeeld van wat die publiek mag weet en wat hulle nie mag weet nie: C Gordon Tether (knap voormalige rubriekskrywer van London se Financial Times) se gereelde glansartikels oor neigings in die sakesektor en die ekonomie dwarsoor die wêreld, het twintig jaar lank, vyf keer per week prominent in die Financial Times verskyn. Hy het die agting en bewondering van 'n gesofistikeerde en kritiese leserskorps geniet. Op 19 April 1974 het Tether egter op 'n Bilderberg-konferensie in die Frans-Alpynse dorp Megeve afgekom. Die vergaderplek was die hotel Mont d'Abrois, eiendom van baron Edmund de Rothschild. Bykans duisend polisiemanne met pantsermotors, gewere en masiengewere het verseker dat geen ongemagtigde persoon, die plaaslike inwoners ingesluit, naby die hotel kon kom nie. Tussen die afgevaardigdes was prins Bernard, baron de Rothschild, David Rockefeller, Denis Healey (toenmalige Britse minister van finansies), Marcus Wallenburg (Sweedse bankier en multimiljoener), Helmut Schmidt, Joseph J Johnson (van die Carnegie skenking vir Wêreldvrede) en Helmut Sonnenfeldt (van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake).

Tog was daar in die wêreldpers nie die geringste aanduiding van so 'n klaarblyklik belangrike vergadering nie. Tether, met sy 20 jaar ondervinding van finansiële joernalisme het tot op daardie tydstip nog nooit van die Bilderbergers gehoor nie. Natuurlik het hy, brandend van nuuskierigheid, dadelik die situasie begin navors en sy skerp intellek en joernalistieke instinkte ingespan met die oog op 'n nuustreffer. Hy het met stygende opgewondenheid oor die Bilderbergers begin skryf.

Toe begin dinge gebeur. Sonder enige verduideliking van sy redakteur, word sy artikels dikwels nie geplaas nie. Natuurlik was Tether hieroor ontevrede en het hy heftig beswaar gemaak. Dit het meegebring dat hy summier deur die redakteur, M H Fisher, afgedank is. Tether het op 2 Februarie 1975 in die openbaar verklaar dat sy artikels oor die goud en Bilderberg-prysmanipulasies onderdruk is. Later het hy sy afdanking in die hof betwis. Die hof het die reg van die redakteur om 'n werknemer af te dank, gehandhaaf. C Gordon Tether skryf nou sy Lombard-rubriek in The Spotlight, Washington D C se konserwatiewe weekblad.

Tether se naam verskyn in die Guinness Book of Records as die rubriekskry­wer wat die langste 'n rubriek in die Britse joernalistiek behartig het. Harold Wilson het hom as een van die voortreflikste joernaliste bestempel. As dit die soort behandeling is wat 'n man van kaliber kan ontvang, dan is die druk op die gewone sterflinge verstaanbaar. Die publiek het die reg om te weet wat sit agter so 'n byeenkoms van die rykste mense op aarde, met soveel geheimhouding en soveel veiligheidsreëlings. Dit is wat Tether gedink het! Hoeveel joernaliste sal die moed hê om Tether se voetspore te volg as hulle hierdie merkwaardige voorbeeld van liberale "verdraagsaamheid" en "agting vir die waarheid" aanskou?

Daar is nog 'n belangrike voorbeeld van die pers se verdraaiingsmeganisme: In ‘n land wat verower moet word, word elke misbruik van gesag en elke denkbare onreg beklemtoon, maar alle vrese oor kommunistiese imperialisme, onderwerpte en bedreigde lande word besweer. Die prosedure kan verduidelik word met Suid-Afrika en Angola as voorbeeld. Hier volg 'n aantal bewerings wat gemaak is deur 'n mnr Ernesto Mulato, 'n sleutelamptenaar van Unita, die party wat die guerilla-oorlog teen die kommunistiese regering in Angola voer. Kom ons erken die moontlikheid van vooroordeel en glo net 'n tiende van wat hy sê, dan is dit nog skrikwekkend. (Ons vertaal).

Die kerk, sendingskool, hospitaal in Sentraal-Angola is vernietig of gesluit. Hierdie inrigtings het oor die 400 000 mense bedien. Die regering het nie ‘n plan om hierdie lewensbelangrike dienste te vervang nie. Almal, aan die kerke gebonde, het alles verloor wat hulle ooit besit het. Op alle kerkeiendom is beslag gelê en alle geestelikes is of verban of opgesluit. Vandag woon en werk hulle predikante in Sentraal-Angola in kampe van Unita om aan vervolging te ontkom.

Noord-Angola is alle Baptistekerke met die grond gelyk gemaak. Na berekening het 200 000 Baptiste na Zaïre gevlug. Een sendingstasie in Suid-Angola, Hualando, vyftig jaar gelede deur Swart Amerikaners gestig, lê in puin. Angola het 'n reusagtige kerkhof en konsentrasiekamp geword. Konsentrasiekampe is by Sao Nicolau buite Mocamedes en naby Saurimo opgerig. Daar is politieke tronke in Luanda, Huambo, Lusa en da Bandiëra. Onder die gevangenes is daar nasionale elemente van die ’PLA, vorige partybeamptes en leëroffisiere, Jehovagetuies, volgelinge van godsdiensleier Simon Toco, FNL- en Unitavolgelinge, asook Katolieke en Protestantse geestelikes. Toe Unita onlangs 'n regeringstronk in Serpo Pinto oorgeneem het, is 800 gevangenes uit onmenslike toestande verlos.

Mulato is verbaas en verbyster oor die houding van die Amerikaanse politici en media. Met Angola omskep in nog 'n "Gulag" moet die Angolese nog hoor hoe die Neto-regering beskryf word as "pragmaties, gematigd en modernisties." Die Kubaanse besettingsmag word "stabiliserend" genoem. [2]

As mnr Mulato hierdie boek sou lees sal sy verbasing en verbystering ietwat verlig word, want sy laaste opmerking is baie raak en kenskets die verwarring van diegene wat hulle verbeel dat Rusland en die Amerikaanse Staatsdepartement teenstanders is. Hulle is kop in een mus.

Bogenoemde verslag kom uit The Citizen wat tot 1978 'n Suid-Afrikaanse regeringsblad was. Die histeriese veldtog teen The Citizen, wat gelei het tot die sogenaamde Inligtingskandaal van 1978/1979, is ontketen omdat die geldmag in Suid-Afrika paniekerig geword het oor 'n reeks artikels in daardie koerant getiteld Secret United States War Against South Africa. Die artikels is deur Aida Parker geskryf, maar dit is taamlik seker dat die gegewens deur die Buro vir Staatsveiligheid verskaf is. Hier was volledige, betroubare, feitelike en gedokumenteerde getuienis van Amerika se rol in die "destabilisering van Suid-Afrika. Die artikels het ondermeer onthul dat die Fordstigting leeskamers in Soweto en in ander swart woongebiede voorsien van boeke oor Swart Mag en die Franse Rewolusie; ook dat die Carnegie-stigting vir wêreldvrede deur die WO 'n aanvalsplan teen Suid-Afrika uitgewerk het, afgerond tot in die fynste besonderhede betreffende logistiek, uitgawes en die nasionaliteit van die troepe; dat dieselfde organisasie meer as 'n miljoen rand geskenk het om terroriste in Suid-Afrikaanse howe te verdedig; tenslotte, dat die Wêreldraad van Kerke die hoofvoorsieningsbron vir terroristefondse is en dat die geld nie net uit kerkbydraes kom nie, maar hoofsaaklik van die Rockefellers.

Nie een vooraanstaande koerant in Suid-Afrika, Engels of Afrikaans, het kommentaar gelewer op hierdie artikels nie — op sigself 'n bewys van die waarheid daarvan. As daar onnoukeurighede of foute was, sou die pers dit aan flarde geskeur het. In plaas daarvan is dit baie noukeurig onder die kombers gehou, terwyl agter die skerms die opdrag aan die verkose komitee met onbeperkte fondse gelui het: "Stel vas wie agter die Citizen sit en laat dit onverwyld stopsit."

Maar om na die Mulato-uittreksel terug te keer. The Citizen het darem 'n artikel teen kommunisme gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse pers verwys selde na die werklike toestand in Angola of Mosambiek, maar verkies om te praat oor ekonomiese inter-afhankliheid ('n eufimisme vir finansiële en tegniese steun vanaf Blank Suid-Afrika), en die noodsaaklikheid van "aanpasbaarheid" en goeie buurskap". Die openbare aandag word nooit gevestig op die soort toestande waarvan Mulato skryf nie. Tog, as sulke toestande in Suid-Afrika sou heers, deur Blankes teenoor Swartes gepleeg, sou die woede, histerie en gesanik van die WO en wêreldpers letterlik ongelooflik wees.

Die volgende uittreksel uit 20 Julie 1979 se Pretoria News sal die punt verderbelig: (Ons vertaal).

“‘n Klein seuntjie wat more drie jaar sou word, is hierdie week doodgeskiet deur 'n alleenlopende terroris, nadat hy dapper probeer het om sy ouma te red. Die seun, Albertus Smit, het Woensdagaand gesien hoe sy ouma deur terroriste-koeëls afgemaai is. Volgens sy moeder, mev Susanna Smit, het klein Albertus op die Botha-familieplaas na sy ouma, mev Susanna Botha, gehardloop en haar geweer gegryp toe hy sien dat sy geskiet is. Nadat die seun die plaashuis binne hardloop het en die geweer op 'n tafel neergesit het, het hy buite na die terroris gehardloop wat hom ook doodgeskiet het."

Die koerant het geen kommentaar gelewer op die soort mentaliteit van 'n mens wat 'n vrou van 50 jaar en 'n kleuter van drie koelbloedig kon doodskiet nie, want die terroris was Swart en die slagoffers Wit Rhodesiërs. Die openbare gevoel is afgestomp dat daar geen reaksie is nie, tensy skreeuende opskrifte in groot swart letters 'n morele vergryp uitbasuin. Verder word verontwaardiging gestuit deur die kunsmatig gekweekte skuldgevoelens wat daar by die gebreinspoelde Blankes heers.

Stel u egter dieselfde toneel voor met ander spelers. Die ouma en kleuter is nou as voorbeeld die slagoffers van die Gestapo tydens die Tweede Wêreldoorlog. Teen hierdie tyd sou hulle al vergoddelik en gekanoniseer gewees het, films gemaak, liedere en ballades gekomponeer, dramas geskryf, gedenkstene opgerig, strate en universiteite na hulle vernoem en die bloedbevlekte klere waarskynlik bewaar gewees het in 'n spesiale heiligdom wat jaarliks deur duisende toeriste besoek sou kon word. Gedenkdienste sou gehou word om die voorval vars in die openbare geheue te hou. Klein Albertus Smit kry egter ‘n paragraaf in die koerant en sal more vergete wees, behalwe deur sy ouers wat die afgryslike gruweldaad aanskou het en seker soveel gely het as wat dit menslik moontlik is om te ly.

In die Verenigde Koninkryk word nagenoeg 90% van alle aanrandings deur swartes op Blankes gepleeg. Kragtens die rasseverhoudingswet mag koerantverslae nie die kleur van die aanrander noem nie. Sodanige wet bestaan nou ook in Suid-Afrika nie, en dit is interessant om te sien dat verskeie nuusblaaie 'n beleid volg om kleur te verswyg waar verkragting, moord en aanranding plaasgevind het, tensy blankes die oortreders is. Die SAUK volg ook die voorbeeld. Dit is natuurlik om te verseker dat veelrassigheid nie gedwarsboom word nie en dat korrelasie tussen gewelddade en velkleur nie onmiddellik so opvallend is soos dit andersins sou wees nie.

Veelrassigheid is nie net 'n liberale ideaal, gebaseer op geloof in die gelykheid van alle mense nie, maar dit is 'n doelbewuste en sataniese program om die Blanke rasse te verbaster en hulle kosbare gene-samestelling te verswak, omdat die daaruit voortspruitende mengelmoes makliker sal wees om hok te slaan en te beheer. Slegs een volk sal sy suiwerheid behou en daarmee sy meerderwaardigheid — die volk is die Jode! Ons kan baie van die Jode leer oor die volkseenheidsgevoel, asook die krag wat voortvloei uit 'n identiteitsbesef.

Dis nodig om die konserwatiewe standpunt weer eens te herhaal. Die konserwatiewe Blanke glo nie in huwelike oor die kleurgrens nie. In die eerste instansie is hy trots op sy ras en die kosbare genetiese erfenis van intelligensie en ondernemingsgees wat aan hom deurgegee is — eienskappe waarmee die Westerse beskawing gebou is. Tweedens glo hy dat die ongelukkige gevolge van rassevermenging oral sigbaar is en dat die gekleurdes verwerp word deur beide ouerrasse, gevolglik dikwels gefrustreerd en ongelukkig is. Die konser­watiewe mens matig hom egter nie vermetele of vanselfsprekende meerderwaardigheid oor alle ander rasse aan nie. Hy respekteer intelligensie en meriete in elke indiwidu wat dit aan die dag lê. Hy het nie beswaar om werklike bekwame mense te bevorder nie, afgesien van kleur of geloof.

Hy maak wel beswaar teen doelbewuste verlaging van standaarde om aan te pas by die massas, 'n soort herleiding na die laagste gemene deler. Hy glo gedwonge integrasie is oneindig skadeliker as gedwonge segregasie en as bewys hiervoor het hy die voorbeeld van die chaotiese toestand in Amerika. Omdat die konserwatiewe mens 'n realis is en nie 'n dromer nie, besef hy dat hoe aantreklik die ideaal van gemengde woongebiede ook al mag klink, sulke gebiede onvermydelik agterbuurtes word. Die werklikheid skiet ver te kort by die ideaal en ons woon in 'n werklike wêreld.

'n Belangrike funksie van die pers is op die oomblik om by die witman 'n skuldgevoel te kweek, naamlik dat hy nie geregtig is op die voorregte wat hy geniet nie. Aan die verknorsing van die minderbevoorregtes (en hier byname die Swartes) word aanhoudend publisiteit gegee en klem gelê op die gewete en op Christelike leringe. Hierdie sagmaakproses vergemaklik die instelling van welsynsprojekte en sosialisme waarvolgens die hardwerkende, produktiewe en intelligente elemente in die gemeenskap belas word om fondse te voorsien vir onbekwames en die wat uitgesak het (drop-outs). Die treurige toestand waarin Angelsaksiese Amerikaners of WASFs (Wit Angelsaksiese protestante) verkeer is 'n tragiese illustrasie van die tegniek. Nie alleen lê hulle land se ekonomie in puin nie, maar hulle het ook bykans vreemdelinge geword in die land wat hulle voorvaders beroemd gemaak het. Die vangarms van “Federal Aid" het hulle bankrot gemaak deur hulle te dwing om Puertorikane, Negers, Meksikane en Basters in hulle eie land te ondersteun en om die kommunisme oorsee te subsidieer.

Die tegniek om 'n skuldgevoel in, voorheen gesonde, gemoedere te plant rus op emosionele skrywery en versigtige keuring van stof. Die patrone van beklemtoning en swygsaamheid, woordrykheid en swye is reeds aangetoon en het geen verdere omskrywing nodig nie. Selfs kleiner berigte, soos koerantresensies in nuusblaaie is belangrik. Boeke wat daarop gemik is om die status quo te ondermyn of wat handel oor onderdrukking deur Blankes, kry altyd maksimum publisiteit. So is "Roots" van Alex Haley, byvoorbeeld, wêreldwyd ingeprys en toegejuig, geresenseer en/of in aflewerings in sommige koerante geplaas. Interessant, en dit is nie in koerante as nuus gepubliseer nie, het die skrywer, Harold Courlander, vir Haley onlangs weens plagiaat gedagvaar en etlike duisende dollar buite die hof as skikking aanvaar. Haley het ook erken dat drie uittreksels wat na die grootvader "Kunta Kinta" verwys, "per ongeluk" van Courlander se boek The African ontleen is. Courlander se advokate het egter 81 nageskrewe uittreksels aangehaal.

Daarteenoor word boeke wat die ander kant van die saak stel glad nie gereseneer nie. Een van die grootste moderne Engelse romanskrywers is Joyce Cary, wat as administrateur in koloniale Nigerië eerstehandse ondervinding opgedoen het. Mister Johnson, Aissa Saved, The African Witch en An American Visitor is vier werklik skitterende en gevoelvolle romans wat in verhaalvorm 'n ewigtige en simpatieke relaas gee van die kultuurbotsings tussen Europa en Afrika. Cary is egter feitlik onbekend by die leserspubliek omdat hy weier om ‘n leerstellige weergawe van Blanke ongeregtigheid te gee. Cary sien beide kante van die prentjie. Hy het dikwels die tragiek-komiese gevolge van vooroordeel en wanbegrip gesien, asook die patos van die afbreek van tamgebonde gemeenskappe en kennis. Hy was egter bereid om aan te toon dat kolonialisme geweldige voordele meegebring het; verlossing uit onkunde en siektes, uit hongersnood en stamslagting; dat dit ook 'n einde gemaak het aan 'n primitiewe afsondering, wat alle vooruitgang verhinder het.

Koerante het die woorde "diskriminasie" en "rassisme" negatief gelaai en in betekenlose terme verander. Diskriminasie beteken om tussen goed en kwaad te kies of om 'n sekere rigting te kies uit verskillende alternatiewe. Dit veronderstel gesonde oordeel en goeie smaak. Maar nou het dit nie meer die betekenis nie, maar het 'n vae sinoniem geword vir partydigheid en vooroordeel, selfs vir 'n soort verguising. Dieselfde het gebeur met rassisme. Dit beteken eintlik om trots op jou ras te wees en sekerlik nie versmading of veragting vir ander rasse nie. Dit is die betekenis wat nou aan die woord geheg word. 'n Voortdurende verbinding van rassisme met Fascisme en die skim van konsentrasiekampe is gebruik om deelname aan regse bedrywighede te ontmoedig. So word maatreëls om die chaos van die twintigste eeu te bekamp, gekortwiek; regse denke lei dan tot mensemoord.

Enige boek wat die bestaan van die gaskamers en die getal van sesmiljoen Joodse slagoffers bevraagteken, soos prof Butz se The Hoax of the Twentieth Century, word wêreldwyd verban. Die boek lyk na 'n sobere, wetenskaplike, versigtig nagevorste en gedokumenteerde verduideliking van die redes waarom die skrywer van mening is dat die syfer van sesmiljoen verkeerd is. As hy dan verkeerd is, waarom word elke bewering van hom nie aan indringende openbare ondersoek onderwerp nie? Weiering om dit te doen en die alternatiewe verbanning van die boek, kan slegs al hoe meer mense daarvan oortuig dat Butz dalk die waarheid beet het. Milton het mos gesê: "Whoever knew truth to be put to the worse in a free and open encounter" (Wie het dit beleef dat die waarheid die slegste daarvan afkom in 'n oop en 'n vry konfrontasie?) As prof Butz se boek nie die waarheid is nie, sal openbare debat en intelligente ontleding gou die waardeloosheid van die boek aantoon. Waarom word so 'n debat nie toegelaat nie? Waarom was daar nie 'n resensie van die boek in enige belangrike koerant van die wêreld nie? Waarom is die boek nie deur die gewone kanale verkrygbaar nie?

Nog 'n belangrike manier om 'n skuldbesef te kweek is deur die behendige ge­bruik van persfoto's. Afgryslike foto's van uitgehongerde swartes, veral baba's en kinders, staar die koerantlesers in Suid-Afrika gedurig in die gesig. Foto's wat oorsee gepubliseer word, toon ontstellende tonele van verhongering en moord, met die opskrifte dat die foto's in Suid-Afrika geneem is. Die liggelowige leser oorsee besef nooit dat, alhoewel die foto's eg is, die plek waar die foto's geneem is, is elders in Afrika. Hierdie tegniek word baie in televisie –dokumentêre films — gebruik en kykers sien heeltyd die werklikhede van "onafhanklike" Swart bewind elders in Afrika en gladnie toestande in Suid- Afrika nie. Koerante publiseer dikwels hierdie foto's op 'n bladsy waarop, oënskynlik toevallig, ook foto's van glimlaggende Blankes en weelderige huise is, sodat 'n onwillekeurige vergelyking getref kan word.

Aanhoudende aandrang op 'n aandeel in die regering deur die Swart meerheid is 'n arglistige tegniek om skuldgevoelens te skep, asof getalsoorwig owerformule vir gehalte en bekwaamheid is. Die Blanke minderheid in Suid-Afrika word oorreed om hulleself te beskou as 'n wederregtelike mag wat deur die voorouers met vuurwapens verkry is. Toe wyle Robert Kennedy Suid-Afrika besoek het, het hy hierdie soort skuldgevoel probeer opwek deur studente-gehore te vra:

“What if God is black?" Hierdie vraag is met banieropskrifte in koerante sprei. Die koerant kon net sowel gevra het: "En sê die Here is 'n Rooihuid, 'n Hottentot of 'n Boesman?" Die argument is nie net onsinnig nie, maar ook lasterlik.

Die meeste volke het 'n geskiedenis van verowering en/of herowering en dit is belaglik om skuldig te voel oor wat in die verlede gebeur het. Die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika was Hottentotte en Boesmans wat oorwin is deur Neger- (Bantoe-) hordes, wat uit die Kongo en Sentraal Afrika suidwaarts beweeg het. Inderdaad, as die Blanke nie tussenbeide getree het nie, sou daar vandag geen ander Swart stam in Suid-Afrika bestaan het nie. Die Zoeloes het wat voorkom uitgemoor, soos hulle ook in Rhodesië, eers onder Silkaats en daarna onder Lobengula, gedoen het.

Gelykmakende demokrasie is onmoontlik. Logies gesien is selfs 'n volle en 'n regte verkiesing ondemokraties, want dit veronderstel keuse en meerderwaardigheid. As dit die gelykheidsleer eerlik bely, sal 'n demokratiese stelsel in werklikheid sy ampsdraers deur loting aanwys. Slegs 'n kranksinnige anargis so 'n stelsel in die praktyk volg. Wat die demokrasie nodig het, is 'n inspuiting van eerbied vir sedelike en geestelike voortreflikheid. Dit vereis leierskap van uitmuntende eerbare individue. Hierdie leiers moet die oneerbare kenmerke van die samesweerders weerstaan, die gebrom van die gepeupel verontagsaam, die vinnige verval van standaarde en integriteit stuit en sodoende die juk van materialisme van die gemeenskap se skouers lig. Kortliks, terugkeer, deur eie voorbeeld, na Christelike waardes en die verwerping van Mammon en sy verwerplike aksies van korrupsie.

Die pers, soos dit vandag misbruik word, is om die volke vir oorname sag te maak, sodat fisiese botsing tot die minimum beperk kan word. Moderne oorlog word met die verstand en oneerlikheid gevoer. As 'n volk oor 'n lang tydperk oordeelkundig ondermyn kan word, is die oorwinning verseker. 'n Ontmoedigde, verwarde en skuldbewuste volk bied maar swak weerstand. 'n Volk wat van esteskrag, patriotisme en rassetrots beroof is, sal soos ryp koring voor die kommunisme se sekel val. 'n Volk wat in die modder van materialisme en verdorwenheid worstel, struikel, val en sterf.

Die doel van die pers is dus om te ondermyn en te besmet. Die doel is om die Westerse demokrasie te verswak en te ondermyn, terwyl hulle uitbasuin dat hulle kampvegters van vryheid en vyande van totalitarisme is. Met hierdie laaste aanspraak verswyg hulle die werklikhede van totalitêre kommunisme — die bloedigste, onmenslikste en mees absolute diktatuur ooit en rig hulle venyn op "Fascisme" as weerligafleier. Deur die gebruik van sinspeling, smeertegnieke, skeltaal en herhaalde koppeling aan "Nazi'sme", ondermyn die pers die regses en die morele onderbou van 'n volk sodat ferme, korrektiewe optrede teen ondergrawing onmoontlik gemaak word. Die pers ondersteun alles wat liberaal, vuil, vervalle en onsedelik is. Hulle ondersteun elke poging om die doodstraf af te skaf, agiteer vir hervorming van die wette op wapenbesit en -gebruik (voorspraak vir ontwapening van die gemeenskap), publiseer talle artikels waarin verdraagsaamheid en begrip vir buite- en voorhuwelikse seks, gebruik van dwelms, sodomie, lesbianisme en ander perversiteite bepleit word. Hierdie artikels verbloem 'n wellustige genot in afwykings onder 'n paar leë en onoortuigende gemeenplase. Verhale word so geskryf dat meegevoel gewek word vir die misdadiger en nie vir die slagoffer van die misdaad nie. So duur die aftakeling vir gesag en behoudendheid onverpoos voort.

Die pers braak gal teen die regses, terwyl hulle linkse broers met heilige olie gesalf word. Hulle verafgood sommige politici en verguis ander. Hulle lig uit dit wat hulle wil tentoonstel en verberg wat hulle geheim wil hou. Hulle tier histeries of bewaar 'n ondeurdringbare swye na gelang van omstandighede of soos hulle meesters dit wil. Hulle behou 'n skyn van onpartydigheid deur af en toe 'n versigtig beperkte deursnee van menings toe te laat. Hulle kweek skuldgevoelens en verwarring en spits hulle toe op die mens se swakhede.

Die mag van die pers is skrikwekkend en dit dring deur tot die privaatheid van byna elke huis. Die kreet om algehele gelyke onderwys is bedoel om die massa al meer onder die pers se verderflike invloed te bring. Nie sonder rede nie het patriotte en denkers soos Edmund Burke, Disraeli, Chamberlain, Nietzche, Wagner en Goethe wanhopig teen hierdie invloede uitgeroep. Aan hierdie manne is die gawe van profesie gegee, saam met die vloek om nooit geglo te word nie, nes Cassandra van ouds. Napoleon het by 'n geleentheid gese dat hy liewer voor 'n duisend bajonette as voor vier vyandiggesinde nuusblaaie staan. In die lig van wat die pers reeds sedert sy dae aangevang het en bereik het, is sy opmerking vir hierdie eeu sag gestel.

SLOT VOLG...

 


[1] Richard M Weaver, Ideas Have Consequences.

[2]   Resensie oor 'n boek, A Conversation with Ernesto Mulato in The

Citizen 28/6/79.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 524 gaste aanlyn