WIE SWAAI DIE SEPTER? (4)

Dr Michael J. Hurry

Lees reeks by Wie swaai die septer?

The Citizen het darem 'n artikel teen kommunisme gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse pers verwys selde na die werklike toestand in Angola of Mosambiek, maar verkies om te praat oor ekonomiese inter-afhanklikheid ('n eufimisme vir finansiële en tegniese steun vanaf Blank Suid-Afrika), en die noodsaaklikheid van "aanpasbaarheid" en goeie buurskap". Die openbare aandag word nooit gevestig op die soort toestande waarvan Mulato skryf nie. Tog, as sulke toestande in Suid-Afrika sou heers, deur Blankes teenoor Swartes gepleeg, sou die woede, histerie en getjank van die WO en wêreldpers letterlik ongelooflik wees.

Die volgende uittreksel uit 20 Julie 1979 se Pretoria News sal die punt verder belig: (Ons vertaal).

‘n Klein seuntjie wat more drie jaar sou word, is hierdie week doodgeskiet deur 'n alleenlopende terroris, nadat die kind dapper probeer het om sy ouma te red. Die seun, Albertus Smit, het Woensdagaand gesien hoe sy ouma deur terroriste-koeëls afgemaai is. Volgens sy moeder, mev Susanna Smit, het klein Albertus op die Botha-familieplaas na sy ouma, mev Susanna Botha, gehardloop en haar geweer gegryp toe hy sien dat sy geskiet is. Nadat die seun die plaashuis binne hardloop het en die geweer op 'n tafel neergesit het, het hy buite na die terroris gehardloop wat hom ook doodgeskiet het."

Die koerant het geen kommentaar gelewer op die soort mentaliteit van 'n mens wat 'n vrou van 50 jaar en 'n kleuter van drie koelbloedig kon doodskiet nie, want die terroris was Swart en die slagoffers Wit Rhodesiërs. Die openbare gevoel is afgestomp dat daar geen reaksie is nie, tensy skreeuende opskrifte in groot swart letters 'n morele vergryp uitbasuin. Verder word verontwaardiging gestuit deur die kunsmatig gekweekte skuldgevoelens wat daar by die gebreinspoelde Blankes heers.

Stel u egter dieselfde toneel voor met ander spelers. Die ouma en kleuter is nou byvoorbeeld die slagoffers van die Gestapo tydens die Tweede Wêreldoorlog. Teen hierdie tyd sou hulle al vergoddelik en gekanoniseer gewees het. Films sou gemaak word, liedere en ballades gekomponeer, dramas geskryf, gedenkstene opgerig, strate en universiteite na hulle vernoem en die bloedbevlekte klere waarskynlik bewaar gewees het in 'n spesiale heiligdom wat jaarliks deur duisende toeriste besoek sou kon word. Gedenkdienste sou gehou word om die voorval vars in die openbare geheue te hou. Klein Albertus Smit kry egter ‘n paragraaf in die koerant en sal more vergete wees, behalwe deur sy ouers wat die afgryslike gruweldaad aanskou het en seker soveel gely het as wat dit menslik moontlik is om te ly.

In die Verenigde Koninkryk word nagenoeg 90% van alle aanrandings deur Swartes op Blankes gepleeg. Kragtens die rasseverhoudingswet mag koerantverslae nie die kleur van die aanrander noem nie. In Suid-Afrika is dit ook interessant om te sien dat verskeie nuusblaaie 'n beleid begin volg om kleur te begin verswyg waar verkragting, moord en aanranding plaasgevind het, tensy blankes die oortreders is. Die SAUK volg ook al meer die voorbeeld. Dit is natuurlik om te verseker dat veelrassigheid nie gedwarsboom word nie en dat korrelasie tussen gewelddade en velkleur nie onmiddellik so opvallend is soos dit andersins sou wees nie.

Veelrassigheid is nie net 'n liberale ideaal, gebaseer op geloof in die gelykheid van alle mense nie, maar dit is 'n doelbewuste en sataniese program om die Blanke rasse te verbaster en hulle kosbare genesamestelling te verswak, omdat die daaruit voortspruitende mengelmoes makliker sal wees om hok te slaan en te beheer. Slegs een volk sal sy suiwerheid behou en daarmee sy meerderwaardigheid — die volk is die Jode! Ons kan baie van die Jode leer oor die volkseenheidsgevoel, asook die krag wat voortvloei uit 'n identiteitsbesef.

Dis nodig om die konserwatiewe standpunt weer eens te herhaal. Die konserwatiewe Blanke glo nie in huwelike oor die kleurgrens nie. In die eerste instansie is hy trots op sy ras en die kosbare genetiese erfenis van intelligensie en ondernemingsgees wat aan hom deurgegee is — eienskappe waarmee die Westerse beskawing gebou is. Tweedens glo hy dat die ongelukkige gevolge van rassevermenging oral sigbaar is en dat die gekleurdes verwerp word deur beide ouerrasse, gevolglik dikwels gefrustreerd en ongelukkig is. Die konser­watiewe mens matig hom egter nie vermetele of vanselfsprekende meerderwaardigheid oor alle ander rasse aan nie. Hy respekteer intelligensie en meriete in elke indiwidu wat dit aan die dag lê. Hy het nie beswaar om werklike bekwame mense te bevorder nie, afgesien van kleur of geloof.

Hy maak wel beswaar teen doelbewuste verlaging van standaarde om aan te pas by die massas, 'n soort herleiding na die laagste gemene deler. Hy glo dat gedwonge integrasie is oneindig skadeliker as gedwonge segregasie en as bewys hiervoor het hy die voorbeeld van die chaotiese toestand in Amerika. Omdat die konserwatiewe mens 'n realis is en nie 'n dromer nie, besef hy dat hoe aantreklik die ideaal van gemengde woongebiede ook al mag klink, sulke gebiede onvermydelik agterbuurtes word. Die werklikheid skiet ver te kort by die ideaal en ons woon in 'n werklike wêreld.

'n Belangrike funksie van die pers is op die oomblik om by die witman 'n skuldgevoel te kweek, naamlik dat hy nie geregtig is op die voorregte wat hy geniet nie. Aan die verknorsing van die minderbevoorregtes (en hier byname die Swartes) word aanhoudend publisiteit gegee en klem gelê op die gewete en op Christelike leringe. Hierdie sagmaakproses vergemaklik die instelling van welsynsprojekte en sosialisme waarvolgens die hardwerkende, produktiewe en intelligente elemente in die gemeenskap belas word om fondse te voorsien vir onbekwames en die wat uitgesak het (drop-outs). Die treurige toestand waarin Angelsaksiese Amerikaners of WASFs (Wit Angelsaksiese protestante) verkeer is 'n tragiese illustrasie van die tegniek. Nie alleen lê hulle ‘n land se ekonomie in puin nie, maar hulle het ook bykans vreemdelinge geword die land wat hulle voorvaders beroemd gemaak het. Die vangarms van “Federal Aid" het hulle bankrot gemaak deur hulle te dwing om Puertorikane, Negers, Meksikane en Basters in hulle eie land te ondersteun en om die kommunisme oorsee te subsidieer.

Die tegniek om 'n skuldgevoel in, voorheen gesonde, gemoedere te plant, berus op emosionele skrywery en versigtige keuring van inhoud. Die patrone van beklemtoning en swygsaamheid, woordrykheid en swye is reeds aangetoon en het geen verdere omskrywing nodig nie. Selfs kleiner berigte, soos koerantresensies in nuusblaaie is belangrik. Boeke wat daarop gemik is om die status te ondermyn of wat handel oor onderdrukking deur Blankes, kry altyd maksimum publisiteit. So is "Roots" van Alex Haley, byvoorbeeld, wêreldwyd ingeprys en toegejuig, geresenseer en/of in aflewerings in sommige koerante geplaas. Interessant, en dit is nie in koerante as nuus gepubliseer nie, het die skrywer, Harold Courlander, vir Haley onlangs weens plagiaat gedagvaar en duisende dollar buite die hof as skikking aanvaar. Haley het ook erken dat drie uittreksels wat na die grootvader "Kunta Kinta" verwys, "per ongeluk" van Courlander se boek The African ontleen is. Courlander se advokate het egter 81 nageskrewe uittreksels aangehaal.

Daarteenoor word boeke wat die ander kant van die saak stel glad nie geresenseer nie. Een van die grootste moderne Engelse romanskrywers is Joyce Cary, wat as administrateur in koloniale Nigerië eerstehandse ondervinding opgedoen het. Mister Johnson, Aissa Saved, The African Witch en An American Visitor is vier werklik skitterende en gevoelvolle romans wat in verhaalvorm 'n ewigtige en simpatieke relaas gee van die kultuurbotsings tussen Europa en Afrika. Cary is egter feitlik onbekend by die leserspubliek omdat hy weier om die leerstellige weergawe van Blanke ongeregtigheid te gee. Cary sien beide kante van die prentjie. Hy het dikwels die tragiese/komiese gevolge van vooroordeel en wanbegrip gesien, asook die patos van die afbreek van stamgebonde gemeenskappe en kennis. Hy was egter bereid om aan te toon dat kolonialisme geweldige voordele meegebring het; verlossing uit onkunde van siektes, uit hongersnood en stamslagting; dat dit ook 'n einde gemaak het aan 'n primitiewe afsondering, wat alle vooruitgang verhinder het.

Koerante het die woorde "diskriminasie" en "rassisme" negatief gelaai en in betekenlose terme verander. Diskriminasie beteken om tussen goed en kwaad te kies of om 'n sekere rigting te kies uit verskillende alternatiewe. Dit veronderstel gesonde oordeel en goeie smaak. Maar nou het dit nie meer dié betekenis nie, maar het 'n vae sinoniem geword vir partydigheid en vooroordeel, selfs vir 'n soort verguising. Dieselfde het gebeur met rassisme. Dit beteken eintlik om trots op jou ras te wees en sekerlik nie versmading of veragting vir ander rasse nie. Dit is die betekenis wat nou aan die woord geheg word. 'n Voortdurende verbinding van rassisme met Fascisme en die skim van konsentrasiekampe is gebruik om deelname aan regse bedrywighede te ontmoedig. So word maatreëls om die chaos van die twintigste eeu te bekamp, gekortwiek; regse denke lei dan tot mensemoord.

Enige boek wat die bestaan van die gaskamers en die getal van sesmiljoen Joodse slagoffers bevraagteken, soos prof Butz se The Hoax of the Twentieth Century, word wêreldwyd verban. Die boek lyk na 'n sobere, wetenskaplike, versigtig nagevorste en gedokumenteerde verduideliking van die redes waarom die skrywer van mening is dat die syfer van sesmiljoen verkeerd is. As hy dan verkeerd is, waarom word elke bewering van hom nie aan indringende openbare ondersoek onderwerp nie? Weiering om dit te doen en die alternatiewe verbanning van die boek, kan slegs al hoe meer mense daarvan oortuig dat Butz dalk die waarheid beet het. Milton het mos gesê: "Who ever knew truth to be put to the worse in a free and open encounter" (Wie het dit beleef dat die waarheid die slegste daarvan afkom in 'n oop en 'n vry konfrontasie?) As prof Butz se boek nie die waarheid is nie, sal openbare debat en intelligente ontleding gou die waardeloosheid van die boek aantoon. Waarom word so 'n debat nie toegelaat nie? Waarom was daar nie 'n resensie van die boek in enige belangrike koerant van die wêreld nie? Waarom is die boek nie deur die gewone kanale verkrygbaar nie?

Nog 'n belangrike manier om 'n skuldbesef te kweek is deur die behendige ge­bruik van persfoto's. Afgryslike foto's van uitgehongerde swartes, veral baba's en kinders, staar die koerantlesers in Suid-Afrika gedurig in die gesig. Foto's wat oorsee gepubliseer word, toon ontstellende tonele van verhongering en moord, met die opskrifte dat die foto's in Suid-Afrika geneem is. Die liggelowige leser oorsee besef nooit dat, alhoewel die foto's eg is, die plek waar die foto's geneem is, is elders in Afrika. Hierdie tegniek word baie in televisie - dokumentere films — gebruik en kykers sien heeltyd die werklikhede van "onafhanklike" Swart bewind elders in Afrika en gladnie toestande in Suid- Afrika nie. Koerante publiseer dikwels hierdie foto's op 'n bladsy waarop, oënskynlik toevallig, ook foto's van glimlaggende Blankes en weelderige huise is, sodat 'n onwillekeurige vergelyking getref kan word.

Aanhoudende aandrang op 'n aandeel in die regering deur die Swart meerheid is 'n arglistige tegniek om skuldgevoelens te skep, asof getalsoorwig towerformule vir gehalte en bekwaamheid is. Die Blanke minderheid in Suid-Afrika word oorreed om hulleself te beskou as 'n wederregtelike mag wat deur die voorouers met vuurwapens verkry is. Toe wyle Robert Kennedy Suid-Afrika besoek het, het hy hierdie soort skuldgevoel probeer opwek deur studente gehore te vra:

“What if God is black?" Hierdie vraag is met banieropskrifte in koerante versprei. Die koerant kon net sowel gevra het: "En sê nou die Here is 'n Rooihuid, 'n Hottentot of 'n Boesman?" Die argument is nie net onsinnig nie, maar ook Iaslasterlik.

Meeste volke het 'n geskiedenis van verowering en/of herowering en dit is belaglik om skuldig te voel oor wat in die verlede gebeur het. Die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika was Hottentotte en Boesmans wat oorwin is deur Bantoe-hordes, wat uit die Kongo en Sentraal Afrika suidwaarts beweeg het. Inderdaad, as die Blanke nie tussenbeide getree het nie, sou daar vandag geen ander Swart stam in Suid-Afrika bestaan het nie. Die Zoeloes het almal wat voorkom uitgemoor, soos hulle ook in Rhodesië, eers onder Silkaats en daarna onder Lobengula, gedoen het.

Gelykmakende demokrasie is onmoontlik. Logies gesien is selfs 'n volle verkiesing ondemokraties, want dit veronderstel keuse en meerderwaarheid. As dit die gelykheidsleer eerlik bely, sal 'n demokratiese stelsel in werklikheid sy ampsdraers deur loting aanwys. Slegs 'n kranksinnige anargis sal so 'n stelsel in die praktyk volg. Wat die demokrasie nodig het, is 'n inspuiting van eerbied vir sedelike en geestelike voortreflikheid. Dit vereis leierskap uitmuntende eerbare individue. Hierdie leiers moet die oneerbare kenmerke van die samesweerders weerstaan, die gebrom van die gepeupel verontagsaam, die vinnige verval van standaarde en integriteit stuit en sodoende die juk van materialisme van die gemeenskap se skouers lig. Kortliks, terugkeer, deur eie voorbeeld, na Christelike waardes en die verwerping van Mammon en sy verwerplike aksies van korrupsie.

Die pers, soos dit vandag misbruik word, is om die volke vir oorname sag te maak, sodat fisiese botsing tot die minimum beperk kan word. Moderne oorlog word met die verstand en oneerlikheid gevoer. As 'n volk oor 'n lang tydperk sielkundig ondermyn kan word, is die oorwinning verseker. 'n Ontmoedigde, verwarde en skuldbelasde volk bied maar swak weerstand. 'n Volk wat van geesteskrag, patriotisme en rassetrots beroof is, sal soos ryp koring voor die kommunisme se sekel val. 'n Volk wat in die modder van materialisme en verdorwenheid worstel, struikel, val en sterf.

Die doel van die pers is dus om te ondermyn en te besmet. Die doel is om die Westerse demokrasie te verswak en te ondermyn, terwyl hulle uitbasuin dat hulle kampvegters van vryheid en vyande van totalitarisme is. Met hierdie laaste aanspraak verswyg hulle die werklikhede van totalitêre kommunisme — die bloedigste, onmenslikste en mees absolute diktatuur ooit en rig hulle venyn op "Fascisme" as weerligafleier. Deur die gebruik van sinspeling, smeertegnieke, skeltaal en herhaalde koppeling aan "Nazi'sme", ondermyn die pers die regses en die morele onderbou van 'n volk sodat ferme, korrektiewe optrede teen ondergrawing onmoontlik gemaak word. Die pers ondersteun alles wat liberaal, vuil, vervalle en onsedelik is. Hulle ondersteun elke poging om die doodstraf af te skaf, agiteer vir hervorming van die wette op wapenbesit en -gebruik (voorspraak vir ontwapening van die gemeenskap), publiseer talle artikels waarin verdraagsaamheid en begrip vir buite- en voorhuwelikse seks, gebruik van dwelms, sodomie, lesbianisme en ander perversiteite bepleit word. Hierdie artikels verbloem 'n wellustige genot in afwykings onder 'n paar leë en onoortuigende gemeenplase. Verhale word so geskryf dat meegevoel gewek word vir die misdadiger en nie vir die slagoffer van die misdaad nie. So duur die aftakeling vir gesag en behoudendheid onverpoos voort.

Die pers braak gal teen die regses, terwyl hulle linkse broers met heilige olie gesalf word. Hulle verafgod sommige politici en verguis ander. Hulle lig uit dit wat hulle wil tentoonstel en verberg wat hulle geheim wil hou. Hulle tier histeries of bewaar 'n ondeurdringbare swye na gelang van omstandighede of soos hulle meesters dit wil. Hulle behou 'n skyn van onpartydigheid deur af en toe 'n versigtig beperkte deursnee van menings toe te laat. Hulle kweek skuldgevoelens en verwarring en spits hulle toe op die mens se swakhede.

Die mag van die pers is skrikwekkend en dit dring deur tot die privaatheid van byna elke huis. Die kreet om algehele gelyke onderwys is bedoel om die massa al meer onder die pers se verderflike invloed te bring. Nie sonder rede nie het patriotte en denkers soos Edmund Burke, Disraeli, Chamberlain, Nietzche, Wagner en Goethe wanhopig teen hierdie invloede uitgeroep. Aan hierdie manne is die gawe van profesie gegee, saam met die vloek om nooit geglo te word nie, nes Cassandra van ouds. Napoleon het by 'n geleentheid gesê dat hy liewer voor 'n duisend bajonette as voor vier vyandiggesinde nuusblaaie staan. In die lig van wat die pers reeds sedert sy dae aangevang het en bereik het, is sy opmerking vir hierdie eeu sag gestel.

Vervolg...