NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.

MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (1)

Klaus Dieter Vaqué

Lees reeks by Misleiding van die volkere

"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog; - skrywer) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is klaar formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende simboliese vorm; ('Kapitalisme of Kommunisme') en in presies gedefineerde vesting ('Amerika' of 'Rusland'). Die prentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie ... Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"

                                                                        Douglas Reed in Behind the Scene.

In hierdie boek is daar nou al baie oor die agtergrond van die huidig onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika geskryf. Die leser word versoek om, op grond van die beskrewe werklikhede, die gebeurtenisse en veral die toekomstige verwikkelinge, self vas te stel of die insigte in hierdie boek strook met die waarheid. Vir miljoene mense lê hierdie waarheid nog altyd verborge in die donker van vyandelike propaganda, wat Pete Simple van die Londense "Daily Telegraph" as ‘n wêreld vol leuens beskryf het.

Die tragiek van hierdie aanslag op Suid-Afrika is nie soseer geleë in die feit dat so baie goedgelowige mense (Christelike organisasies, predikante, studente, professore en welmenende huisvroueverenigings deur protesaksies, boikot-oproepe en massa-demonstrasies, sonder dat hulle dit weet of wil, die vuil werk van 'n internasionale samesweerderskliek ondersteun (en so van hulself die "nuttige idiote" maak volgens Lenin se uitspraak), maar dis eerder daarin geleë dat hulle ywerig help om die tak af te saag waarop hulle self sit.

Indien Suid-Afrika as 'n belangrike hoekpilaar van die Weste moet wegval, sou Amerika en die lande van Europa asook ander Westerse bondgenote 'n selfmoordstap nader wees aan afhanklikheid van verborge magte, wie se doel dit is om alle demokratiese nasionale state te vernietig.

Aan die Rooies, Groenes en Linkses van alle kleure en geure sou 'n mens wel die sosialistiese paradys waarna hulle so verbete strewe van harte gun. Waarvan hulle nie die minste benul het nie is egter die feit dat hulle op die ou end saam met die versmaaide bourgeoisie deur die­selfde "superfinans-monopoliekapitaliste" wat ook die Sowjetse "arbei­der- en boereparadys" opgerig het en oorheers, uitgebuit word. Daar­van sal hulle tog seker ook nie baie hou nie!

Laat ons dus gewaarsku wees dat al die voorgegewe redes vir die huidige vyandskap teen Suid-Afrika valse voorwendsels is. Suid-Afrika is net een van hierdie eeu se slagvelde in 'n stryd waarin alle volkere van die Weste verwikkel is. Die kragte van die wêreldrewolusie werk vandag van albei kante van die ystergordyn af en dit is wat hulle werk so gevaarlik en suksesvol maak.

Dit is ook die rede waarom die KGB-kolonel en leier van die verbode Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SACP), Joe Slovo, in die Weste die allergrootste bewegingsvryheid geniet het; waarom die terroriste van die "African National Congress" (ANC), wat deur kommunistiese state geskool en bewapen is, in Westerse hoofstede amptelike kwartiere en kantore mag onderhou en waar vir die ANC-leier van daardie tyd, Oliver Tambo die rooi tapyt uitgerol is wanneer hy deur hoë regeringsverteenwoordigers ontvang is.

Dit is die rede waarom die barbaarsheid van die brandende "nek­band", wat deur die ANC teen onskuldige Swartes in Suid-Afrika gebruik is, die leidende koerante in die hele Westerse wêreld nie verhinder het om Winnie Mandela as 'n heldin op te hemel nie alhoewel sy hierdie onvoorstelbaar wrede massamoord openlik met geesdrif goedgekeur het. ("Met ons vuurhoutjiedosies en ons halsbande sal ons hierdie land bevry!")

Dit is ook die rede waarom Suid-Afrikaanse “kerkmanne” soos aarts­biskop Tutu, dr. Allan Boesak, dr. Beyers-Naude en andere, wat nooit hulle simpatie vir Marxisties-terroristiese "bevrydingsbewegings" weg­gesteek het nie en nie omgee om hulle preke onder Rooi vlae met die hamer en sekel te hou nie, in die Weste soos helde vereer word en — soos biskop Tutu — selfs met die Nobel-vredesprys bekroon is.

Hierdie "helde" van Suid-Afrika, die lieflinge van alle liberales en van die Westerse pers, geniet in Suid-Afrika self maar min aansien en is volgens meningsopnames aan die meeste Swart Suid-Afrikaners heeltemal onbekend, alhoewel hulle hulle in die buiteland graag voordoen as verdedigers van die "onderdrukte" Swart massas.

Dit is die rede waarom die bomplanters en massamoordenaars van SWAPO en die ANC in die Weste nie summier gearresteer en uitgelewer word soos vroeër gedoen is nie sodat hulle vir hulle afskuwelike terreurdade gestraf kan word. Vandag word hulle in die vergaderings van die VVO ontvang en deur Westerse regeringsmense gevlei en geëer, ontvang miljoene uit Westerse belastingsgeld en aan die misleide volkere word hulle voorgestel as verteenwoordigers van "bevrydings­bewegings" van suidelike Afrika aan wie alle simpatie, eer en agting toekom. Om die ironie van die saak nog te onderstreep word daar met hulle beraadslaag oor die "probleme" van lande wat hulle maar net nog van hoorsê ken, omdat die meeste van hulle reeds vir tientalle jare uitgewekenes is.

Die liberale Staatspresident P.W. Botha daarteenoor wat soos nog niemand voor hom nie duur hervormings en maatreëls ten gunste van die Swart Suid-Afrikaners deurgevoer het en hom daardeur die wrewel en afval van 'n groot deel van sy Blanke kiesers op die hals gehaal het, wie se populariteit onder die Swartes so groot was dat hy sonder noemenswaardige persoonlike beskerming in Swart woongebiede kon optree waar sy toesprake meesal met dawerende applous en gesing en gedans beantwoord is, — hierdie gematigde Afrikanerleier word deur feitlik alle Westerse regerings vermy, sleggesê en as persona non grata behandel.

Is daar nog meer bewyse nodig vir ons stelling dat een-en-dieselfde wêreldrewolusieprogram gelyktydig deur die Weste en die sogenaamde kommunistiese wêreld uitgevoer word? Dat daar op die hoogste vlak samewerking bestaan? Hoe anders kan die massiewe oordrag van Westerse rykdom en Westerse tegnologie verklaar word, waardeur die Sowjetunie tot die status van 'n belangrike nywerheids- en militêre mag aangehelp is?

Die doel van hierdie onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika is dus 'n omwenteling van dieselfde soort as die wat reeds in Angola, Mosam­biek en Rhodesië deurgevoer is. Daaruit kan 'n mens aflei dat die resultaat wat in daardie lande behaal is, voldoen het aan die verwag­tings van die maghebbers aan albei kante van die "ystergordyn." Kan 'n mens so blind wees om die samewerking tussen "kapitaliste" en "Kommuniste" in hierdie siniese skaakspel nie raak te sien nie?

Dit is tog orals maar dieselfde: Die Weste, d.w.s. die Verenigde State en Wes-Europa voorsien die geld, die voedsel, die materiaal en die toerusting. Die Sowjets lewer die oorlogsmateriaal; die Oos-Duitsers organiseer die geheime diens; die Noord-Koreaners stuur die instruk­teurs; die Israeli’s die tegniese bemanning; die Rooi-Sjinese help waar nodig en die Kubane en Russe stuur soldate waar daar meer geweld benodig word.

Dis nie die kwaliteit van beriggewing nie, maar eenvoudig net die kwantiteit aan disinformasie, wat dit vir die alledaagse mens so moeilik maak — ook hier in Suid-Afrika — om die paar belangrike feite wat bymekaar hoort saam te voeg tot 'n geheelbeeld wat dan alles duidelik maak en verklaar.

Die misleiding van die volkere het in hierdie eeu sulke afmetings aangeneem, dat daar skaars nog iemand is wat nog weet wat hy mag glo of wat nie. In die Oosblok kyk die mense asof gehipnotiseer na die "oorlogstokers" in die Weste aan wie daar duiwelse planne toegeskryf word en by ons in die Weste vertel die politici dieselfde van die Ooste.

Daar steek sin in die verwarring en dit het sy goeie doel, want ons weet mos: "as twee honde veg om 'n been, gaan die derde daarmee heen." Daar word met mening bewapen; die wapenfabrieke in albei dele van die wêreld loop in die hoogste rat. Tussenin word daar op 'n keer ook weer 'n bietjie ontwapen: uitgediende wapens beland op die skrootwerwe en die Pershing-vuurpyle word verwyder net om elders weer opgebou te word. Daarna begin die speletjie weer van voor af. Die laggende derdes is natuurlik die internasionale bankiers wat die wapenindustrieë aan albei kante finansier.

Hoe groot die oorlogsgevaar van die kunsmatig opgeboude kommu­nistiese imperium vir die Weste werklik is, kan 'n mens soms aflei uit 'n toevallige opmerking van "ingewydes" in 'n oomblik wanneer hulle nie op hulle hoede is nie en die aap uit die mou laat. So word daar vertel dat die eertydse Buitelandse Minister van die VSA, Henry Kissinger, in 'n seldsame gier van diplomatieke vrymoedigheid gesê het: "Die supermoondhede maak nooit oorlog teen mekaar nie; die Europese sosialiste is te dom om dit te verstaan. Die Sowjetunie is daarvoor veels te swak bewapen ...”

'n Merkwaardige aanduiding van die Sowjet se tegnologiese vermoë i.v.m. verdediging en lugafweer het ons gekry deur die destydse vlug van die Duitse jongeling Mathias Rust wat dit sonder enige afleidings­maneuvers reggekry het om met sy klein sportvliegtuig oor 800 km van "sterk bewaakte" Sowjetgebied te vlieg en op die Rooi Plein in Moskou te land. Die verleentheid wat hierdie voorval meegebring het, kon ook nie uit die wêreld gemaak word deur die onmiddellike ontslag van die verantwoordelike Russiese militêre leier nie.

Die ondersoek na die neerstorting van die Mosambiekse diktator, Samora Machel, se Russiese presidentsvliegtuig oor Suid-Afrikaanse grondgebied het betekenisvolle aanduidings verskaf oor die ongeloof­lik eenvoudige en verouderde toerusting van 'n Russiese vliegtuig wat darem immers beskikbaar gestel is aan die staatshoof van die land saam met die Russiese bemanning. Waar dit 'n Russiese vlieënier was wat sonder bedenkings die vliegtuig hanteer het, moet mens aanneem dat die vliegtuig die normale "kwaliteit" van Russiese kwaliteit gehad het.

Dieselfde gebrek aan kwaliteit is al vasgestel by vliegtuie wat oor die Westerse gebied neergestort het of deur oorlopers na die Weste geneem is in Amerika, Taiwan, Suid-Korea en ander lande. Hierdie feite word vir die bevolkings van die Weste egter tot 'n groot mate weggesteek om die mite van kommunistiese gelykwaardigheid met die veel verder ontwikkelde tegnologiese en wapenkundige stand van die Weste te bewaar. Die geheime heersers duskant en anderkant die Ystergordyn weet dat die samesmelting van die twee sisteme tot 'n kollekwistiese wêreldstaat slegs dan verkry sal word as die kunsmatig verwekte vyandskapsbeeld tussen Oos en Wes die massas van die wêreld in voldoende mate met onrus vervul, sodat hulle uit vrees vir die dreigende "holocaust" hulle inwilliging vir 'n wêreldregering gee.

Dit beteken nou nie dat die Sowjetunie met die wapensisteme waaroor dit beskik, nie in staat sou wees om die Weste skrikwekkende skade aan te doen nie. Al wat ek wou aandui, is dat die Sowjets nooit van hulle kant af sou aanval of 'n wêreldoorlog aan die gang sit nie omdat hulle — soos Kissinger reeds gesê het — op die einde nie die geringste vooruitsig vir 'n oorwinning oor die veel hoër Weste sou hê nie en dus net hulle eie totale selfvernietiging met ‘n oorlog sou bereik. Hulle atoomwapenarsenaal se enigste doel is vreesaanjaging van die Westerse lande se bevolkings en dit is skrikwekkend genoeg om enige aanvalsavontuur op die Rooi imperium van die internasionale bankiers te verhinder.

Om die Sowjetunie sterk te maak, was dan ook een van punte van die Tweede Wêreldoorlog se oorlogsaanhitsing. Daarvoor moes Duitsland doodbloei en gebuk gaan onder die leuen van skuldigwees waardeur dit gedwing sou word tot 'n ewige plig van boetedoening en skadevergoeding. Maar die hoofskuldiges, die moordenaars van Dresden, Hiroshima, Nagasaki, Katyn, Bromberg ander plekke, die verraaiers van Pearl Harbour en die Wlassow-leër, dié het die klugspel van die Nürnbergse hof voor die wêreld laat afspeel met verkragting van elke reël wat tot dusver vir hofsake gegeld het, hulle was terselfdertyd aanklaers, regters en vonnisvoltrekkers.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2497 gaste aanlyn