...racial consciousness in the 21st century" deur Jared Taylor.
Twee jaar gelede het PRAAG ‘n boek uitgegee wat in skokkende besonderhede die krisis van Amerikaanse rasseverhoudinge uitbeeld: White Identity: racial consciousness in the 21st century, deur Jared Taylor. Die voorwoord is deur dr. Dan Roodt van PRAAG geskryf, waarin hy o.a. sê: “The USA is to South Africa what the USSR was to Cuba. It is our model and intellectual home. In South Africa, the American ideology of multiculturalism has already done as much damage as communism did to Cuba and Eastern Europe, if not more.”
Nadat Michael Brown op 9 Augustus 2014 deur ‘n blanke polisieman doodgeskiet is, heers daar onrus en rasse-onluste in Ferguson, Missouri, wat ook dreig om na ander Amerikaanse stede met groot konsentrasies swartes uit te brei. Volgens Jared Taylor het die Amerikaanse rassebeleid wat swartes bevoordeel en blankes benadeel tot ‘n “intense, veglustige rassebewussyn onder swartes” gelei wat nie anders kan as om tot uitbarsting te kom nie.
Stede soos Detroit en St. Louis is misdaadhole wat in die geval van Detroit tot ‘n uittog van blankes en die ineenstorting van die munisipaliteit gelei het.Weens die plofbaarheid van die inhoud – wat bloot feite is – wou geen boekwinkel in Suid-Afrika White Identity aanhou nie en wou geen koerant boonop die boek resenseer nie. Mnr. Jared Taylor het aan die Yale-universiteit gestudeer en is een van Amerika se bekendste aktiviste vir blanke gelykheid teenoor swartes, asook leier van die beweging American Renaissance.
Maak seker dat u dié belangwekkende boek nóú bestel – terwyl voorraad hou en terwyl die posdiens weer werk!
Die boek van 350 bladsye wat duursaam gedruk en gebind is, kos slegs R200.
Gaan na die aanlynboekwinkel op die webblad Praag by:
http://www.praag.co.za/lists/lt.php?id=MEoIBFZKWwNEVQ9UCA
Of stuur ‘n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Hul aanvaar kredietkaarte, PayPal of direkte betalings na die bankrekening by ABSA.