... LEIERS IN DIE WÊRELD S'N
Telkens praat mense oor wat openbare leiers "verdien".
Die eerste regstelling wat ons moet maak is dat niemand dit verdien nie, veral nie in die Nuwe Suid-Afrika nie. Dat hulle dit ontvang is ook te betwyfel – in die meeste gevalle. Maar dat hulle dit vat, daaroor kan ons gerus saamstem.
CNN het 'n opname gaan maak waaruit ons iets kan leer:
Kom ons kyk na wat Barack Obama, die eerste swart president van Amerika per jaar in sy sak steek: 'n ronde R4,946 040 miljoen – ja, in rand gemeet.
In die tweede plek sien ons dat die Kanadese Eerste Minister, Stephen Harper kortkop agter Obama trek met R 3, 214 926 miljoen per jaar.
Dan volg die Duitse kansellier, Angela Merkel met R 2, 900 946 miljoen per jaar.
En in die vierde plek, raai! Onse Jakob, met 'n stewige R 2, 766 527 miljoen per jaar – nogal 'n sakvol vir 'n 'leier van 'n ontwikkelende land' wat kort-kort bakhand by ander lande bedel. En hierdie bedrag sluit nou nie byvoordele soos Nkandla in nie...
Die vyfde plek word verower deur die Britse Eerste Minister, David Cameron met R 2, 658 375 – nogal snaaks as in ag geneem word dat die Britte amper R19 by Zuma kan kry vir een enkele pond.
Die sesde plek word beklee deur die Japannese Eerste Minister Shinzo Abe met R 2, 508 676 miljoen rand per jaar.
Die sewende plek is die President van Frankryk, Francois Hollande, s'n met R 2, 402, 189. Hy kan natuurlik vir onse Zuma 'n mooi voorbeeld wees as gierigheid nou nie aan die orde van die dag hier in ons land was nie. Hollande het in 2012 'n stewige 30% van sy inkomste uit pure ordentlikheid gesny – iets wat ons hier nie verstaan nie.
In die agste plek staan die Russiese president Vladimir Putin wat onlangs 'n 10% salarisbesnoeiing op homself toegepas het as gevolg van die groot ekonomiese krisis in sy land. Hy neem nou net R 1, 680 232 per jaar vir homself.
Negende pryk die Italiaanse Eerste Minister Matteo Renzi, met 'n salaris R 1, 539 389 per jaar.
Laastens op CNN se lys in die 10e plek is die Braziliaanse President Dilma Rousseff met R 1, 482 096 per jaar.
As daar nog in gedagte gehou word dat hierdie lande se leiers dikwels in die nuus is met dinge wat hulle vir hul land doen en nie in hul paleise gaan wegkruip om die openbare oog te ontkom nie, sou mens reken hulle kom nader aan die punt kom waar hulle dalk 'n deel van hul inkomste verdien.
Maar nou ja, hulle is nie van Afrika nie...