SWAMME

DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES  (3)

SKOOLPROJEK

Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes

Jac Schoonens

Soos beloof praat ons nou oor swamme wat ook onder mikrobes geklassifiseer word omdat dit onder die wêreld se kleinste organismes gereken word.

Hierdie soort mikrobes ken ons in die daaglikse lewe baie goed. Swamme is die eenvoudigste vorm van 'n plantjie. Net soos die plant uit 'n saadjie ontwikkel, ontstaan uit 'n swamspoortjie 'n lang en baie dun draadjie wat hier en daar in sytakkies verdeel. Op hierdie takkies ontstaan die spoorknoppies. As die spoortjies ryp is, van hulle af. Kom hulle op 'n geskikte bodem te lande, dan swel hulle op, ontkiem en vorm opnuut swamdraadjies.

Daar is derduisende soorte swamme. Daar is dié wat in die grond nuttig is en saam met die bakterieë 'n belangrike rol by stikstofverwerking en by die vorming en verbruik van humus speel.

Maar daar is ook swamme in die grond wat vir die landbou baie gevaarlik kan wees. Dit is hulle wat plantsiektes veroorsaak.

Onder die res is daar sommige wat in industrieë gebruik word, byvoorbeeld by die bereiding van kaas, sitroensuur en ander produkte.

Eintlik is daar nie 'n plek waar 'n mens nie swamspoortjies kan kry nie. Hierdie spoortjies – net soos dié van bakterieë  - is baie taai en sterf nie gou nie. Elke soort het sy grootte en eie vorm.

Dis nie so moeilik om 'n paar swamspore te vang en tot volwasse swamme te kweek nie. Al wat daarvoor nodig is, is 'n deurgesnyde gaar aartappel, wat eers 'n oomblikkie in water natgemaak word. Dan word dit op 'n effens vogtige plek neergelê. Na 2-3- dae sien ons hier en daar 'n klein wit kolletjie verskyn. Dit word stadig groter, 'n biejtie pluiserig, en langsamerhand kry dit 'n groen, bruin en 'n swart kleur.  (Moet nooit 'n ertappel eet baie lank nadat dit voorberei  is nie...)

Die swamme word geklassifiseer  volgens die grootte en die vorm van die spoordraers. As laasgenoemde 'n blasie (sporange) is, waarin die spoortjies soos in 'n sakkie sit, bars daardie blasie oop as die spoortjies ryp is en word hulle uitgestrooi.

By ander swamme sit die spore op 'n steeltjie (conidie) en val hulle eenvoudig af sodra hulle ryp is.

Volgende keer meer oor Gisplantjies.