NASIONALISME LEEF

Nasionalisme is dood, lank leef nasionalisme!

E. van Nantes

Die waarheid het maar net ‘n manier om altyd aan die lig te kom. Neem as voorbeeld Guy Verhofstadt van die EU wie onlangs in sy toespraak die ware kleure van die EU blootgelê het deur te eis dat lidstate hulle soewereiniteit aan die EU moet oordra.[1] Netso het die Franse President, Emmanuel Macron, die stelling gemaak dat ‘n EU weermag in die lewe geroep moet word. Nie lank daarna nie of Kansellier Angela Merkel van Duitsland skaar haar aan die kant van Macron deur te reken dat so ‘n weermag NAVO kan ondersteun.

Die EU het homself geopenbaar as magshonger, met die doel om nasionalisme te vernietig, en dan gesag op die europese populasie af te dwing by wyse van hul nuutgeskepte weermag .... wel dit is die afleiding wat gemaak kan word. Nasionalisme blyk voorwaar ‘n doring in die vlees van die EU te wees. Macron het selfs tydens die onlangse 100-jarige viering van die einde van die eerste wêreldoorlog, in sy toespraak, daar ‘n punt van gemaak om die “euwel” van nasionalisme uit te wys, ten koste van Donald Trump, wie ‘n selfverklaarde nasionalis is?[2]

Iets is aan die gebeur in Europa. Globalisme probeer nasionalisme vernietig, maar nasionalisme baklei terug! So gepraat van die Franse, het jy gesien wat die afgelope paar weke in Parys aan die gebeur is? Die Franse regering het met die aankondiging van hul voorgenome brandstofheffings meer afgebyt as wat hulle kan kou. As gevolg van die feit dat Franse huishoudings reeds onder groot finansiële druk verkeer, was die gevolg van hierdie aankondiging een van totale weerstand deur die bevolking.

‘n Beweging, slegs bekend as die “yellow vests”, wat sonder leier of formele beplanning funksioneer, is besig om Frankryk tot stilstand te dwing.[3] Die ironie is dat Macron nou deur sy eie mense verneder word waar hulle in die strate van Parys uitroep “we want Trump”[4]

Die “yellow vests”-beweging is verder ook besig om oor te spoel na Duitsland, België en Nederland en selfs in Engeland is daar groot protesoptogte teen Theresa May omdat sy poog om die Brexit-proses te vertraag.

Europeërs is besig om in opstand te kom teen hul eie regerings en vermoed ek dat Donald Trump ‘n groot rol daarin te speel het. Sommige vergelyk hom met Kores (Cyrus) van die Bybel en meen dat hy besig is om in diens van God op te tree terwyl ander hom weer haat met ‘n passie. Hoe dit ookal sy, maak dit nie saak wat jou opinie rondom hom is nie, wat wel saak maak is dat hy in Amerika ‘n beweging begin het wat glo in God Almagtig, glo in hul land en glo in hul volk en waarvan die resultaat is dat hulle húl land en húl mense eerste stel, maak nie saak wát die wêreldmagte, regerings, en groot maatskappye daarvan dink of sê nie! Bemoedigend is dit om te sien, hoe hy beklemmende wetgewing en belastings eenvoudig vernietig, weier om verder finansiëel by te dra-, of sy land verder te verbind tot die bedrieglike Paris Climate Accord of toelaat dat sy grense deur sogenaamde assielsoekers vertrap word en nie bang is om alles wat “fake” is, uit te wys nie!

Met ‘n Parys van ons eie en Franse-, Duitse- en Nederlandse bloed wat ook in are híér vloei, kan ek nie help om te wonder of die geel baadjie beweging dalk sy opwagting hier ook sal maak nie siende dat ons situasie nie veel van hulle s’n verskil nie. Ons is per slot van rekening ook ons vaderland ontneem, word ons vertrap, verkrag en vermoor deur volksvreemdes, word ons nasionaliteit aangeval deur gedwonge integrasie en betaal ons die een belasting op die ander aan ‘n regering wie geen belang by ons het nie.

My vraag is dít : “wat het hierdie Regering vir jou as witman oor die laaste 24 jaar beteken?” Is daar enige wetgewing in die lewe geroep om spesifiek die witman te beskerm, ek praat nie eens van hom te bevoordeel nie of het hulle voorkeur gegee aan onderdrukkende wetgewing m.b.t .regstellende aksie, swart bemagtig en grondonteiening?

Of ons dit nou wil weet of nie, húlle speel ons. Húlle gebruik politieke maneuvers, demokrasie, politieke korrektheid, wetgewing en wisselkoerse om ons te hou net waar hulle ons wil hê....op ons knieë..... en sou ons uit hierdie web van hulle probeer ontsnap is daar altyd die polisie, weermag en die howe om ‘n voorbeeld van ons te maak sodat die res weer in lyn gebring kan word!

Miskien het dit tyd geword om dinge te sien soos dit werklik is en hierdie dinge onbeskaamd uit te wys vir wat dit werklik is.

Hier is ‘n “fake” regering aan bewind wat ‘n “fake” SAL, ‘n “fake” SAS&H, ‘n “fake” SAUK, ‘n “fake” EVKOM, ‘n “fake” KRYGKOR, ‘n “fake” SAP, ‘n “fake” SAW en“fake” munisipaliteite bedryf. In die Parlement sit die “Honourables” “fake” toesprake en maak oor die wysiging van Art.25 van die Grondwet ten einde hul diefstal te wettig op die basis van “fake” aansprake op grondgebied.....kortom, hierdie land is ‘n ‘faking” grap wat voortstrompel op ‘n “fake” geldeenheid, waar die bewoording “Made in China”, op die rugkant elke munt en noot, reg onder die afbeelding van “our dear leader”, gedruk behoort te wees.

Sou die “yellow vest”-beweging, wie vreedsame protesoptogte voorstaan, wel sy pad hierheen vind, sal dit interessant wees om te sien hoe die regering daarop sal reageer. Sal dit ook die hulp van die polisie inroep om die optoggangers te beheer en te arresteer of sal hulle gehoor gee aan die hulpgeroep van die bevolking en na hulle belange begin omsien?

Tyd sal leer........óf miskien het die tyd ons alreeds geleer! Dink maar so jaar terug aan die vreedsame “Black Monday” protesoptog waarop die ANC soos volg gereageer het : “The ANC says it condemns what it calls the arrogant and offensive display of the apartheid flag during Monday’s #BlackMonday campaign.”[5] - dit sê alles, om die lig op plaasmoorde te skyn en paaie te versper is één ding, máár om daardie "flag" rond te swaai sal nie geduld word nie (lees daarin, onderdruk nasionalistiese neigings onder die blanke populasie want dít is ‘n baie groter probleem as wat versperde paaie óóit kan wees).

In Parys wapper Franse vlae, in Nederland wapper húlle vlae en hier wapper ons s’n, nie die van die ANC nie. Die Bybel leer ons dat daar ‘n tyd vir alles is en die geskiedenis leer ons dat regerings kom en gaan. Ek sit en wag vir die tyd om ook híérdie een te sien gaan.

 


[1]     https://www.youtube.com/watch?v=h8aSRuXJTkM

[2]     https://www.ft.com/content/e9caeea2-e5bc-11e8-8a85-04b8afea6ea3

[3]     https://www.bbc.com/news/world-europe-46499996

[4]     https://www.express.co.uk/news/world/1056171/paris-riots-donald-trump-emmanuel-macron-paris-protests-gilets-jaunes

[5]     https://ewn.co.za/2017/10/31/anc-condemns-display-of-old-sa-flags-during-blackmonday-protest