Beware the Ides of March (Julius Ceasar)
Dr JJ Snyman
Op 15 Maart 44 vC is Julius Ceasar op die trappe van die Senaat deur Brutus en Cassius vermoor. Sowat 60 samesweerders was betrokke. Hy is deur 'n waarsêer gewaarsku, maar het dit afgelag. Sy moord het 'n burgeroorlog ontketen.
Die woord Maart is vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Dit lei die seisoen van oorlogvoering in.
Die VSA kies met enkele uitsonderings Maart uit as die maand waarin 'n oorlog teen 'n staat begin word. Dit hou waarskynlik verband met hulle leiers se bygeloof en aanhang van die okkulte. Hierdie oorloë word haarfyn beplan. Nou is die vraag: Gaan Venezuela in Maart vanjaar en Iran in Maart volgende jaar aangeval word?
Maart lei in die noordelike halfrond die begin van die lente in. By ons gebeur dit September. En September is juis by ons 'n maand van veel betekenis.
Op 8 Maart 1965 begin die Vietnam oorlog op bevel van president Lyndon Johnson.
Op 24 Maart 1999 begin die VSA-beheerde NATO se oorlog teen Joegoeslawië.
Op 20 Maart 2003 begin die VSA met sy oorlog teen Irak op die valse voorwendsel dat Irak wapens van massavernietiging het.
Die oorlog teen Sirië het op 15 Maart 2011 begin. ISIS (die VSA se huursoldate) dood, vermink en laat honderde duisende op die vlug slaan - na Europa toe!
Die oorlog teen Libië het op 19 Maart 2011 begin. Vir 7 maande lank is Libië gebombardeer. 8 jaar later is die land steeds in chaos.
Op 25 Maart 2015 het die VSA se groot bondgenoot Saoedi-Arabië sy oorlog teen Yemen begin. 4 jaar later is die einde nie in sig nie en die land in chaos.
Mike Pence, vise-president van die VSA het wat Venezuela betref reeds verklaar dat daar geen omdraai meer is nie en dat alle opsies op die tafel is.
Dit is bose magte wat VSA leiers noop om ander state te verwoes. En elke VSA leier sedert die val van Kommunisme wil sy merk maak. Hulle doen dit deur oorlog te maak...