SAL BRITTANJE DIÉ HOF SE UITSPRAAK EERBIEDIG?

Dr Danie Theron

Op 25 Februarie 2019 het die Internasionale Geregshof in Den Haag 'n rigtinggewende uitspraak gelewer in die saak wat Mauritius teen Brittanje gemaak het insake die Chagos eilandgroep.

In hierdie Adviserende Opinie met 'n meerderheid van 13 teen 1, het die hof beslis dat die Chagos eilande nie wettiglik geskei is van Mauritius in 1965 nie. Bykans 55 jaar gelede is die inwoners van hierdie eiland afgedwing sonder hulle instemming. Die VSA het daarna een van sy heel grootste militêre basisse, Diego Garcia, daar opgerig.

Die president van die hof, Abdulgawi Ahmed Yusuf, het gestel dat die skeiding van die eilande van Mauritius nie geskied het op grond van die:

"free and genuine expression of the people concerned",

nie en daarom onwettig was. Die volgende opmerking van die hof is van groot belang:

"The United Kingdom is under an obligation to bring an end to its administration of the Chagos Archipelago as rapidly as possible, thereby allowing Mauritius to complete the decolonization of the territory".

Brittanje se optrede was destyds in stryd met VN-resolusie 1514 wat die opbreking van kolonies voor onafhanklikheid verbied.

Mauritius se eerste minister, Pravind Kumar Jugnauth, het gestel dat dat dit 'n geskiedkundige oomblik is:

"Our territorial integrity will now be made complete. And when that occurs, the Chagosians and their descendants will finally be able ro return home".

In 1968 het Brittanje aan Mauritius vier miljoen pond betaal vir die eilandgroep. Die eiland-argipel is sowat 1600 kilometer vanaf Mauritius. Dit het uiteraard besondere strategiese waarde, ook vir die VSA. Voor die verskuiwing van die inwoners het sowat 1500 van hulle daar gewoon.

Wat verder baie interessant is, is dat die VSA destyds nie sy eie burgers oor die toedrag van sake ingelig het nie. Brittanje weer het vir sy burgers gelieg deur die volgende te sê:

"There is nothing in our files about a population and an evacuation".

Die eilandbewoners het al twee beslissings in hulle guns in die Britse Hoë Hof gekry, maar Brittanje het geen ag daarop geslaan nie.

Dit is ook te betwyfel of die VSA 'n vinger gaan verroer om sy militêre basis af te breek.

Beslissings soos hierdie gee hoop dat die beginsel van  soewereiniteit en territoriale integriteit, ten spyte van groot moondhede se vergrype, steeds hoog geag word in die Internasionale Reg.

In 1899 was daar nog nie 'n Volkerebond of 'n Verenigde Nasies nie, en ook nie 'n internasionale hof nie. Die onwettige anneksasie van, en barbaarse oorlogvoering teen die twee Boererepublieke deur die Britte sou verseker nie die toets van enige huidige internasionale regsreël in hierdie verband kon deurstaan nie.

Die soewerein wat in Suid-Afrika regeer het tot en met 26 April 1994, het ook nie die toestemming van sy burgers gehad toe die land aan 'n swart regering oorhandig is nie. Dit is 'n saak wat beslis in die toekoms voor die Internasionale Hof getoets sal moet word.