BEGIN VAN 3e WÊRELDOORLOG?

Wat sal dit verg om die Derde Wêreldoorlog te begin? Iets relatief klein soos die konfiskering van ‘n Voortrekkerwa was die sneller vir ‘n jarelange oorlog – kan mens dan die ernstige kernaanval in Beirut waarin meer as 25 000 mense nou dakloos gelaat is, duisende beseer is en oor ‘n honderd gesterf het, ignoreer of is dit die begin van die Derde Wêreldoorlog, ‘n oorlog waarvan ons weet dat dit ‘n kernoorlog sal wees?

Israel het nou erken dat hy Beirut met’n kernmissiel op 4 Augustus aangeval het. Daarby het infrarooi fotos van twee verskillende kameras die missiel pragtig blootgelê en word al die leuens dat dit bemestingstowwe was wat aan die brand geslaan het daarmee in die kiem gesmoor. Verder kan mens op films wat van die ontploffing geneem is en bietjie stadiger gespeel word, duidelik die sampioenvormige kernwolk wat in die lug vorm sien. Slegs kern kan so ‘n geweldige ontploffing, hoë hitte en koepelwolk meebring.

‘n Generaal in die Libanese Weermag het in ‘n verslag erken dat Israel taktiese kernwapens op die hawe van Beirut afgegooi het. Die rede daarvoor volgens hom, is om die huidige politieke regime ineen te laat stort en president Hesbollah te verwyder, dit terwyl Beirut steeds gebuk gaan onder bomskade deur Israel in 2006. Die mense van Beirut meen self dat hulle nou genoeg gehad het van die lui en korrupte regering – klink baie soos hier in Suid-Afrika...

Die eerste van die twee ontploffings is deur Israel se Gabriël “anti ship” missiel veroorsaak. Die tweede ontploffing is deur die Israeliese Delilah missiel van F16 veroorsaak. Tans is daar sterk aanduiding van hoë bestraling in die omgewing en sal hierdie ontploffing nog ernstige langtermyn-komplikasiesbring.

Kostelik natuurlik is president Trump wat onmiddellik na die ontploffing beweer het dit is Israel wat Beirut aangeval het, asof hy presies geweet wat gebeur het en ook dat die waarheid wel sou uitkom – dit terwyl die hele wêreld toe nog die leuens oor die kunsmis wat 6 jr lank in die pakhuis gebêre was, geglo het. Net hier word Trump toe skielik ‘n “vyand van Israel”, sommer net so... Gee die man wat hom toekom; hy weet hoe om gelyktydig op verskeie stoele te sit!

Die spanning wat die afgelope maande in die buiteland vinnig aan die opbou is, gaan verseker ‘n plafon bereik waarvan die einde nie anders kan as om in ‘n volskaalse wêreldoorlog te eindig nie. Hierdie kernaanval op Beirut besit die potensiaal om die verwagte sneller daarvan te wees; die tyd sal ons egter leer hoe lank dit nog gaan neem voordat die bomme letterlik spat!