DIE WÊRELD SE ‘INTELLEKTUELE PROSTITUTE’

Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.
Die stand van die media is in 1914 deur John Swinton, toe hoofredakteur van die New York Times, in ‘n toespraak by die jaarlikse banket van die American Associated Press, so beskryf:

“Van ‘n onafhanklike pers... kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele van julle waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente en vasalle van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons tyd, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne – ons is intellektuele prostitute.”

Dit is duidelik dat sekere persmanne nie baie geneë is met hulle onderdanige posisie nie. Het hulle al ooit gedink watter mag in hulle hande lê om soos een man op te staan vir die waarheid! Natuurlik staan hulle ook onder die mag van geld en is bevrees om hulle werk te verloor, en natuurlik is daar nooit eenheid onder enige groot groep mense nie. So jammer dat hulle nooit eers sal besef dat hulle die mag gehad het om die hele wêreld se “Korona-krisis” te ontbloot vir wat dit werklik is nie, en dat daar geen pandemie sou wees as hulle vir die waarheid sou opstaan nie!

Wat noem John Swinton hulle, homself ingesluit, intellektuele prostitute?