Dr Nicholas M Butler, eerstydse President van die Columbia Universiteit het die wêreldpolitiek korrek opgesom toe hy gesê het:
“Die wêreld bestaan uit drie mensegroepe:
- 1.‘n Baie klein groepie wat met opset die dinge laat gebeur wat gebeur;
- 2.‘n Ietwat groter groep wat sien dat daar iets gebeur;
- 3.En die groot massa wat nie agterkom dat daar mense is wat die dinge laat gebeur nie.”
Met die huidige probleme in die wêreld, of dit nou ‘n dreigende 3e wêreldoorlog is, en of dit die Geldmag van die wêreld is wat poog om die hele wêreld met mag onder ‘n Eenwêreld Regering in te trek met pogings soos virusse en entstowwe, daar is nog steeds net hierdie drie groepe mense:
- die wat agter die sluiers werk;
- die wat daarvan bewus is;
- en die wat geen benul het wat aangaan nie.