DIE NUWE WÊRELD-“ORDE”-CHAOS

Duisende puntenerige onwettige inkommers na Amerika rig nou die oog op Europa

Dit is nie net in Suid-Afrika waar ‘n onbevoegde regering sy burgers verarm en verdruk en die ekonomie vernietig nie, daar is ‘n hele paar lande waar korrupsie hoogty vier waaronder die Spanjaarde, wat tans ernstig daaronder ly.

Sedert die begin van 2020 het meer as 25 000 onwettige vreemdelinge die Kanariese Eilande, 'n eilandgroep voor die kus van Marokko, oorstroom. U sal onthou hoe die Marokkane Nederland oorspoel en die land so onveilig gemaak het dat Nederland se meisies en vroue nie meer in die publiek kon verskyn sonder om gemolesteer te word nie. Nederland se liberale regering was die oorsaak hiervan deur sy grense oop te stel en aan die eise van die Marokkane gehoor te gee.

Nou het 'n groot groep, ongeveer 1,200 onwettige vreemdelinge en aktiviste weer op Tenerife op die Kanariese eilande betoog en geëis dat die Spaanse regering hulle na die vasteland van Europa moet verplaas. Hulle het deur die strate van San Cristóbal de La Laguna opgeruk en by die stadsaal geëindig. Die plaaslike polisie het nie eers probeer ingryp in die proteschaos wat die migrante veroorsaak het nie ondanks wydverspreide oortredings van streng COVID-maatreëls.

Die migrante beweer die omstandighede van die kampe waarin hulle tans woon, is 'ondraaglik' en eis die 'wegtrek van die Kanariese Eilande'.

Hordes migrante word deur die regering gehelp deur aan hulle eise te voldoen terwyl hulle alle wette oortree te midde van totale straffeloosheid. Hulle dra niks by tot die land se vooruitgang nie, inteendeel, hulle teer op die Spanjaarde. Owerhede het selfs sover gegaan om sekere dele van die eilande as verbode terrein vir sy burgers te verklaar sodat die migrante daar kan woon.

Die Eerste minister, Pedro Sánchez, word daarvan beskuldig dat hy die grense vir die vreemdelinge geopen het terwyl hy die afgelope jaar drakoniese tirannie op burgers en sake-eienaars uitgeoefen het. Die Spanjaarde is deur hulle regering opgesluit en verarm. Die onwettiges, wie se teenwoordigheid deur die regering aangemoedig word, beset die strate en skep ‘n onveilige toetand. Sánchez word deur sy eie mense gesien as‘n stoomroller wat wet en orde verpletter. Die ekonomie is ook deur sy toedoen op die knieë gebring..

Die meeste van die migrante beplan om uiteindelik die Europese vasteland te bereik, hetsy deur asiel te eis, of mensehandelaars te betaal om die reis moontlik te maak.

Die landsburgers verstaan nie waarom hierdie onreg toegelaat word nie en is in groot opstand daaroor.  Dat die Nuwe Wêreldorde daarby baat om chaos in elke land te skep is blykbaar nie algemene kennis nie. Hoe hulle hul protes oor dié onreg gaan oordra is nog nie duidelik nie maar ‘n volk kan seker ook net sóveel verduur en nie meer nie!

In Duitsland is die volk se opstand teen die regering van Merckel egter duidelik. Die spanning daar groei by die dag en miljoene Duitsers betoog gereeld in die strate. Selfs die polisie is teen Merckel se regering en beskerm die Duitse volk deur hulle nie te arresteer tydens protesoptogte nie. Dat ‘n staatsgreep daar ‘n sterk moontlikheid is, is iets om oor opgewonde te raak.

Dit laat mens wonder of die Afrikanervolk wat nie oor die getalle beskik soos die Duitsers nie, enige uitweg sien om sy misnoë met die onwettige ANC-regime te kenne te gee. Of sal die Duitsers wel soos Siener van Rensburg voorspel het, ons tot hulp kom wanneer die tyd aanbreek?