Die media se hande is propvol bloed. Die tyd toe hulle die waarheid net doodgeswyg het is nou verby; die arrogansie waarmee hulle deesdae openlik lieg oor alles wat die Geldmag hulle voorskryf is duidelik die werk van die satan. Ons kan in die volgende maande geweldige en selfs gewelddadige optrede van hulle verwag soos gister in Amerika duidelik hulle aanvoorwerk was.
Gister in Waukesha, WI, in die VSA, het ’n versteurde Swart man, duidelik deur die linkse media aangehits, sy sportnutsvoertuig teen hoë spoed deur ’n skare Blanke kinders en volwassenes geploeg wat besig was om ’n Kersparade te hou.
Sover is vyf mense dood, 40 beseer en sommige mag ook nog sterf as gevolg van ernstige beserings. Die toneel was glo afgryslik. Dit wys dat CNN en ander linkse media "journo-terroriste" daarin slaag om hulle rasse-oorlog-narratief met mening te dryf. Hulle probeer om Swartes en Blankes te kry om mekaar met geweld aan te val sodat hulle Amerika in massageweld en chaos kan laat uitbars.
Ook hier in Suid-Afrika moet almal versigtig wees om nie daardie aas te vat nie. Ons moet vrede vra terwyl ons hande vat met diegene rondom ons en opstaan teen die tirannie van die linkse media, Big Tech-sensuur en Big Pharma-massamoord soos nou gepleeg word met die sogenaamde vaksiene.
Die hoofstroommedia is eeue gelede deur die Wêreldgeldmag daargestel sodat hulle letterlik met moord kan wegkom. Deur dekades is daar vir die publiek gelieg oor enige saak solank dit die globaliste baat. Tans loop die satan soos ‘n brullende leeu en kyk wat hy kan verslind. Vroeër jare was daar net soveel onheil maar dit was onder dekmantels bedryf. Nou het alles in die ope begin kom en is daar geen remme vir die satan en sy gesante om meer terug te hou nie. Die hele planeet is in gevaar want alles sal aangeval word sodat daar van die ou wêreld niks oorbly nie – daar mag slegs vir die nuwe wêreld plek wees soos deur die Nuwe Wêreldorde beplan. Weet dan dat hierdie toestand die begin van die einde van die wêreld is soos ons dit geken het.
Mag al die kinders van ons Here Jesus Christus vashou aan God se beloftes. Mag ons vasstaan in ons geloof. Mag ons te midde van lyding en verdrukking hier op aarde deurdruk tot Jesus ons kom haal waar ons in ewige vrede en vreugde saam met Hom sal wees terwyl hierdie satanskinders vir ewig in die hel in die grootste lyding ooit sal verkeer!