NUWE WÊRELDORDE WIL POETIN VERMOOR

Dit het aan die lig gekom dat agente van die Nuwe Wêreldorde gereed staan om president Poetin van die gras af te maak. Nee, dit is nie 'n soort samesweringsteorie nie. Dit is ook nie wetenskapfiksie nie. En as jy so dink, sal jy moet gaan sit met 'n voormalige senior intelligensie-agent wat betrokke was by 'n geheime operasie vir Frankryk se Algemene Direktoraat vir Eksterne Veiligheid. En as jy nie daardie geleentheid kry nie kan jy bietjie wyer lees oor gesprekke wat hieroor gevoer is.

Daar was ‘n agent wat naamloos wou bly. Hy het gevra: "Kan president Poetin werklik vermoor word?"

Die ander agent wou ook nie sy naam bekend maak nie, heeltemal verstaanbaar as mens na sy antwoord luister; ons weet net hy is die senior intelligensie-agent:

“Wel…die operasie is op elke intelligensie-agentskap se ontwerptafel. Ek weet dit omdat ek hulle voorheen beplan het.”

Republikeinse speldekoppe soos Marco Rubio en Lindsey Graham het dieselfde mening uitgespreek:

"O, sal dit nie wonderlik wees as iemand intern net hierdie ou uithaal en hom uitskakel nie!"

Natuurlik het die logiese vraag ontstaan oor watter metode van moord die beste sal wees. En mens moet sê, dit is deksels goed beredeneer. Die senior intelligensie-agent het geantwoord dat dit die beste sou wees om Poetin te vergiftig. Waarom? Baie eenvoudig my liewe Watson:

“Die poging sal van binne die Kremlin wees. Dit is nie 'n buitewerk nie.” Dus kan daar geen vingers gewys word nie!

Dit sal beslis nie die eerste poging wees om 'n sittende Russiese leier te vermoor nie. Terug in 1866 het die revolusionêre nihilis Dmitri Karakozov probeer om tsaar Alexander II in St. Petersburg te vermoor, maar nie daarin geslaag nie. Hy is tereggestel vir sy moeite.

Nuwe Wêreldorde-agente is noukeurig en metodies besig om samesweringskomplotte te beplan, maar dan draai hulle om en kap enigiemand wat dit selfs waag om te sê dat hulle diaboliese komplotte beplan. Dít is nie te moeilik om te verstaan nie – natuurlik sal hulle nie openlik erken waarmee hulle besig is nie! Dan waardeer mens die keer wanneer ‘n fluitjieblaser intree...

Waarom wil hulle Poetin vermoor? Daar is meer as een rede, veral op hierdie tydstip, maar een bepaalde rede is omdat Poetin hul sataniese ideologie uitdaag.

Nou wat is die beskrywing van ‘n moordenaar? Christus verklaar dat die dief kom om te steel, dood te maak en te vernietig. As Hy reg is, dan is agente van die Nuwe Wêreldorde mos moordenaars en sataniste want kinders van die Here doen nie sulke dinge nie. Of die satanskinders daarvan hou om so bekend te staan of nie, hulle hele werkswyse kom ooreen met wat Christus ‘n moordenaar noem.

Miskien is dit een rede waarom Poetin en mense met 'n greintjie gesonde verstand daardie mense nie kan verdra nie...