SO EENVOUDIG EN LOGIES

Daar is so baie misverstande omtrent die inval van Rusland in die Oekraïne. En eintlik het dit ‘n eenvoudige oorsaak met ‘n eenvoudige einde as Oekraïne se nar-president net een maal soos ‘n regte president wil optree.

President Poetin wil net vier dinge hê om die oorlog te beëindig. Die 2e, 3e en 4e dinge hieronder genoem is ook die rede vir die oorlog want daarsonder is Rusland in groot gevaar:

  1. Eerstens wil hy dat Oekraïne onmiddellik moet ophou veg.
  2. Tweedens wil hy versekerde neutraliteit van Oekraïne hê, dit wil sê, hulle stem in om nooit by NAVO of die EU aan te sluit nie. Hy wil ook hê dit moet in die Oekraïense Grondwet geplaas word.
  3. Derdens wil hy dat Oekraïne Russiese eienaarskap van die Krim moet erken.
  4. Ten slotte wil hy dat Oekraïne die onafhanklikheid en selfbeskikkingsreg van die Luhansk- en Donetsk-streke moet erken.

As in ag geneem word wat dit vir Rusland se veiligheid sal beteken, sou mens weet dat dit ‘n verantwoordelike leier is wat hierdie vier dinge vra om sodoende sy land en sy mense te beskerm. So eenvoudig en logies is dit.