UKRAÏENE EN RUSLAND

KORT BERIG

Baie lesers het die verloop van Rusland se inval in die Ukraïene die afgelope weke gevolg.  Ons hoor nie altyd die waarheid rondom dié gebeure nie, veral nie deur die linkse media nie. Maar soms word daar feite deurgegee wat geglo kan word.

So het die linkse Fox News pas 'n onderhoud met Steve Harrigan, 'n joernalis wat vir Fox News werk en pas teruggekeer het van die Ukraïene, gevoer.  Volgens Harrigan wat pro-Ukraïene en sy verpotte president Zelensky is, is die Ukraïene letterlik platgeslaan en het reeds die oorlog verloor.  Harrigan se haat jeens Vladimar Poetin skyn duidelik in die onderhoud en hy glo Poetin se mense gaan hom uitgooi deur middel van 'n staatsgreep en dat sy dae getel is.  In dieselfde asem vertel Harrigan hoe suiwer en opreg die nar, Zelensky, is. Dalk besef hy nie dat die wêreld daarvan bewus is dat Zelensky 'n komiese akteur was voordat hy met die VSA se hulp president van die Ukraïene geword het en die mees korrupte president ooit was nie.

U wonder seker nou waarom ons dan Harrigan se woord oor die oorwonne Ukraïene glo. Baie maklik; hy sou wat wou gee om tuis te kon rapporteer dat Rusland verloor het maar dit is die een leuen waarmee hy nie sou kon wegkom nie:  die puin van die Ukraïene lê oop vir almal om te sien. 

Laat ons hoop dat daar ook vrede en samewerking tussen Rusland en die Ukraïene sal kom; oorlog is van die mees verwoestende dinge wat met 'n land en sy mense kan gebeur!