VERREGAANDE VALS MEDIA-NUUS!

Indien u self wil sien hoe vals die hoofstroommedia is, kyk gerus na die video by die skakel hieronder.  The Telegraph, sogenaamd 'n gerespekteerde koerant, gaan so ver soos om 'n video wat in Augustus 2013 op YouTube geplaas is, te gebruik om nou gif teen Rusland te strooi deur die onderskrifte op die video te verander en voor te gee dat Rusland nou 'n mobiele lyksverassingsdiens doen om van al die "baie" lyke ontslae te raak. In werklikheid is die trok gebou om effektief van vullis in strate ontslae te raak wat 'n baie groot deurbraak was vir die probleem.

Wanneer 'n "gerespekteerde" koerant tot sulke uiterstes moet gaan om mense 'n rat voor die oë te draai, kan mens maar weet dat die teenoorgestelde waar is.  Poetin word om elke draai belaster en belieg; tog so jammer dat mense oral in die wêreld, net soos hier in Suid-Afrika, vas voor die TV sit en na al die vals nuus oor die radio luister - en dit glo!  Die menslike vee-trop wat alles volg wat aan hom voorgehou word sonder om self ondersoek in te stel - so noem die kommuniste ons terwyl hulle ons uitlag omdat ons nie vir onsself kan dink nie..

https://lovinglifetv.com/the-biggest-long-term-casualty-in-war-is-fake-news-by-the-mainstream-media-the-proof/