Daar wag 'n baie moeilike tyd vir ons indien die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) toegelaat word om hulle planne deur te voer. Hulle beplan om sover moontlik elke land te laat teken om deel te wees van 'n ooreenkoms waarin uiteengesit is dat die WGO daardie land se gesondheidsbesluite oorneem. Maar dit behels baie meer deurdat hulle hulself in die kontrak alle regte toeëien met betrekking tot wat 'n pandemie is, hoe lank dit sal duur, om virusse name te gee en alleen te besluit hoe dit hanteer moet word ens. Die besturende direkteur van die WGO, Tedros, het diplomatieke immuniteit wêreldwyd en kan dus doen wat hy wil sonder om gearresteer te word. Dit sal verrykende gevolge bring in lande wat onder sy mag staan - en Ramaphosa het reeds geteken!
Luister na die inhoud van die video hieronder om beter te verstaan wat so ooreenkoms behels en tot gevolg sal hê.
https://lovinglifetv.com/world-health-organisation-read-un-planning-to-take-control-of-your-health/