SENSUUR OP SOSIALE MEDIA DRASTIES VERSKERP

Die Britse regering het besluit om sensuur op die vryheid van spraak nou een van sy grootste uitvoerprodukte te maak want sodra 'n regering begin om spraak te kriminaliseer, beland hy op 'n glybaan van sensuur. Wat alles haatspraak of "kwaadwillige kommunikasie" uitmaak, bly egter 'n hoogs subjektiewe saak maar 'n bestendige uitbreiding van verbode terme en woorde en gebare word nou waargeneem. Selfs om "giftige ideologieë" te hê, is nou 'n misdaad.

Die VSA is nie agter die VK oor hierdie saak nie. Inteendeel, hulle is so ernstig daaroor, dat Elon Musk se belofte om vrye spraak op Twitter te herstel hulle genoop het om hom in te roep om te kom verduidelik wat hy van plan is om te doen. Hulle het selfs gedreig om sy maatskappy bankrot te maak as hy probeer om vrye spraak op die internet te herstel.

Die satanis en kinderdief, Hillary Clinton, het natuurlik ook ‘n oproep aan Europese lande gedoen om sensuurwette deur te voer om sosiale mediamaatskappye soos Twitter te dwing om spraak te reguleer.

Die hoof van die Biden-administrasie se bestuursraad vir disinformasie, die nar met gaan kwalifikasies nie, Nina Jankowisz, het vroeër 'n beroep op Groot-Brittanje gedoen om reëls vir staatsensuur in te stel. Dié oproep het sedert Musk se aankoop van Twitter groot aandag gekry. Tot nou toe was 'n verenigde front van korporatiewe sensors in staat om 'n uitgebreide stelsel van sensuur te handhaaf met die aanmoediging van politici en kenners, insluitend Joe Biden en Demokratiese lede maar sensuur sal nou drasties verskerp.

Soos die EU se sensuurplanne onder die Wet op Digitale Dienste, sal die voorgestelde Wetsontwerp op Aanlynveiligheid staatsensuur instel deur die bevoegdheid van Ofcom (The Office of Communications), die uitsaaireguleerder in Brittanje. Dit sal die maatskappy in staat stel om firmas tot tien persent van hul globale inkomste te beboet indien hulle die swak gedefinieerde "skade"-standaarde oortree. Dit sluit konfiskerende boetes in vir enigiets wat as "erg aanstootlik" beskou word. Die wetsontwerp sal lande soos Groot-Brittanje toelaat om sensuur op die res van die wêreld op te lê.

Ons moet goed verstaan: hierdie verskerping van sensuur het niks te make met skeltaal en persoonlike aanvalle nie. Dit is direk gemik om enige waarheid omtrent die wandade met betrekking tot die Nuwe Wêreldorde onder die mat in te vee. Ons moet weet daar sal van nou af alle hel op ons afdaal indien ons oor die waarheid skryf. Gaan ons toelaat dat die satan sy sin hierin kry of gaan ons ons vrees onderdruk en die wêreld laat weet wat werklik aan die gebeur is?