Eindelik, een monster van die Nuwe Wêreldorde minder! Of is dit dalk soos David Icke skryf dat die Rothschilds en huis van Windsor in reptiele verander as hulle byeenkom om saam te sweer. Dan is Schalk van der Merwe reg as hy op sy Facebookblad skryf: “Die reptiel is dood”.
Dat miljoene mense wêreldwyd nie saam met die klomp Britte sal treur oor die dood van die 96jarige koningin Elizabeth II op 8 September 2022 nie, staan soos ‘n paal bo water. Die Britse koningshuis was nog altyd een groot frontorganisasie en deel van die hele kabaal vir wie die wêreld die afgelope twee jaar beter leer ken het, kop in een mus met die plan om die wêreldbevolking feitlik uit te wis omdat hulle glo die planeet behoort aan hulle. So het Engeland deur eeue heen oorloë teen talle lande gevoer om beheer oor die Aarde te probeer kry.
En so het hulle ook Suid-Afrika meer as een maal probeer annekseer waarvan die bekendste sekerlik die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was waartydens hulle 34,000vroue en kinders vermoor het en nooit daarvoor omverskoning wou vra nie. Die Britte het vir al die ander lande verskoning oor hulle vergrype en wandade van die verlede gevra, behalwe vir die Afrikaner. Milner het immers in 1902 aan die einde van daardie oorlog gesê "The Boer War continues. It is not a war with bullets, but it is a war still". Hulle haat teenoor die Afrikaner staan vandag nog vas, waarom sou ons oor haar rou!
Uit die feit dat die Britse koningshuis nie eers hulle eie afkoms bekend wou maak nie en selfs hulle van verander het om meer aanvaarbaar te wees, weet ons hoe geslepe hulle is. Die familie, oorspronklik bekend as die Saxe-Coburg Gotha-bloedlyn, het hul van na Windsor verander om meer Brits te klink. Hul “ingeteelde” familie word teruggevoer na Vlad die Impaler, andersins bekend as "Dracula" en het verskeie trotse Nazi's in die familie, insluitend prins Philip, die einste man wat gesê het hy wil graag as 'n dodelike virus gereïnkarneer word om die mensdom uit te wis. Sy onderman, Maurice Strong, het saam met Klaus Schwab die Wêreld Ekonomiese Forum gestig. En prins Charles spog dat hy verwant is aan Dracula, medestigter van die Wêreld Ekonomiese Forum se “Great Reset Initiative”.
Die hele koninklike familie is behep met heidense rituele en okkultiese dinge. Daarom kan ‘n christen aanneem dat Elizabeth haar nou tuis bevind waar sy haar voltyds daarmee kan besig hou!