Die Amerikaners het altwee Rusland se ondersee gaspyplyne opgeblaas. Dit sal baie maande indien nie jare neem om te herstel nadat tonne seewater natuurlik ook in die pype ingespoel het. Hiermee het die VSA oorlog verklaar. Die hele Europa gaan dus hierdie winter onder gaan van koue en honger, geen kunsmis, geen krag, geen kos, dis wat Amerika en die NWO wou hê, miljoene Europese sterftes.
Soos Siener van Rensburg genoem het sal Engeland heeltemal onder die water verdwyn. Vroeër het dit nogal vergesog geklink maar nou is dit heeltemal verstaanbaar. Rusland het reeds aan menige kusgebied van die VSA en Engeland onderwater "kerndrones" gevestig. Dit is elk glo 'n honderd keer sterkter (100megaton) as die Hirosjimabom. Daar word gesê dat dit 'n finale uitweg is indien Rusland dit nodig ag. Dit het die vermoë om amper die hele see om te keer waar dit ontplof. In Lukas 21: 25 het Jesus gesê die mense sal beangs wees vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe.
Daar is die afgelope tyd talle profesieë waar die Here die mensdom waarsku om hulle saak met Hom reg te maak want 'n oorlog is op hande. Hierdie oorlog sal die laaste een wees wat die aarde sal beleef, ook die grootste en mees vernietigende ooit. Openbaring sit dit ook duidelik uiteen. Nadat dit verby is, sal daar nie veel lewende organismes oor wees nie want kern vernietig in so mate dat dit tot 50jaar neem om weer bruikbare grond te verkry. Maar ons sal dit seker nie sien herstel nie want die Here sal kort na afloop van hierdie Armageddon sy kinders kom haal.
Maak reg vir ‘n moeilike tyd vorentoe. Suid-Afrika sal nie in volle mate deur die oorlog geraak word nie maar daar sal groot skaarste aan noodsaaklikhede wees. Maar maak veral u saak met u Skepper reg, want dit kan te laat word...