RUSSE KANSELLEER SELFS NUWEJAARVIERING
Die Russe het besluit om die komende Oujaar- en Nuwejaarvieringe te kanselleer. Dit kom na aanleiding van die voortslepende oorlog tussen Moskou en Kiev, en veral die voorbereiding van moontlike uitgebreide oorlog teen lande soos Amerika.
Fondse wat vir die wintervakansiefeeste gereserveer word, gaan gebruik word om soldate en hul gesinne te ondersteun. Plaaslike amptenare sal verkies om die fondse toe te wys aan mense wat by die Russiese Weermag aansluit as deel van die voortgesette mobilisering. Die mans sal glo beter toegerus word as wat dit verwag word onder gewone voorsieningstandaarde.
Op 21 September het die Russiese president Vladimir Poetin 'n gedeeltelike mobilisering verklaar, met die doel om sowat 200 000 reserviste te werf om deel te neem aan die voortslepende militêre konflik met die Oekraïne, wat einde Februarie begin het. Meer as 300 000 soldate het teen 4 Oktober by die Russiese weermag aangesluit as deel van die mobiliseringspoging.
Die Russiese ministerie van verdediging het dit sedertdien duidelik gemaak dat die mobilisering vir diegene wat in die weermag gedien het en wat vorige gevegservaring gehad het, sowel as die nodige spesialisasies wat nodig is in die voorste linie, voorkeur sal kry. Daar word egter streng maatreëls toegepas om manlike burgers tussen 18 en 60 binne die land te hou te midde van duisende Russe wat die land begin verlaat nadat hulle besef het die Derde Wêreldoorlog is onafwendbaar.