Amerikaanse hulp aan Oekraïne word belê in korrupte Crypto FTX-skema.
Waar daar geld te maak is, is daar skurke en skelms. Elke land het sy eie hoeveelheid daarvan in verskillende vorme en gedaantes. Maar soms werk hulle skelmstreke ten goede vir hulle opponente uit soos nou weer gebeur het met ‘n skielike ineenstorting van 'n kripto-uitruil gekoppel aan die Demokratiese Party in die VSA. Rusland het beslis hierby gebaat!
Dit het aan die lig gebring dat FTX tans tot $50 miljard se laste en feitlik geen bates het nie. En onder daardie aanspreeklikhede is "beleggings" wat deur die Oekraïne se leierskapskliek gemaak is. In plaas daarvan om die beweerde fondse te gebruik om Rusland te beveg, is die geld eerder in die FTX Ponzi-skema belê. Uit die bankrotskap-indiening is dit duidelik dat hierdie geld nou verdwyn het.
Die maatskappy FTX het in sy bankrotskapaansoek bevestig dat hulle blykbaar tientalle miljarde dollars Amerikaanse “militêre hulp” van die Oekraïne gehad het.
"In plaas daarvan om Amerikaanse militêre hulp te gebruik om Rusland te beveg, het die Oekraïne 'n gedeelte of alles daarvan 'belê' in FTX, en op die oomblik lyk dit of al die geld weg is," het Hal Turner, 'n bekende Amerikaanse radiogasheer, gesê.
Die kripto-geld van niksvermoedende kliënte is ook gebruik om die Demokratiese Party in die Verenigde State te finansier. Meer bewyse het opgeduik wat daarop dui dat die fondse moontlik gesteel is.
Die HUB van FTX, Sam Bankman-Fried, was een van die topskenkers aan die Demokrate, met net George Soros wat beter as hy presteer het. Onlangs het hy ook 'n podium gedeel met die verstokte globaliste Tony Blair en Bill Clinton.
Volgens Turner blyk dit dat die Oekraïne geld van die VSA ontvang het, en dit toe aan FTX gestuur het, en FTX het dit aan dieselfde Demokrate gestuur, wat oorspronklik ingestem het om dit na die Oekraïne te stuur.
"Op hierdie stadium lyk dit vir sommige waarnemers na ‘n kriminele geldwassery en sameswering wat die wette oor veldtogfinansiering oortree," het Turner gesê.
Reuters het eksklusief berig dat die stigter en uitvoerende hoof van FTX $10 miljard se kliëntefondse van FTX na die handelsmaatskappy Alameda Research, wat deur sy vriendin Caroline Ellison bestuur word, oorgedra het. En ons het gedink dis net die ANC wat boeties vir baantjies speel...