Sjina koop tans die wêreld se GOUD-voorraad op ter voorbereiding van ‘n nuwe wêreldreserwe-geldeenheid.
In die eerste kwartaal van vanjaar het sentrale banke regoor die wêreld 87,7 ton goud gekoop. Dit het gestyg tot 186 ton vir die tweede kwartaal, en in die derde kwartaal is 'n yslike 399,3 ton aangekoop. ’n Skokkende 300 ton goud is deur Sjina alleen gekoop.
Dit beteken Sjina koop die wêreld se beskikbare goudvoorraad op teen 'n tempo wat al die ander lande op die planeet in die skadu plaas. Terwyl die Verenigde State van Amerika triljoene dollars in "mal geld" druk en probeer om met Rusland oorlog te voer deur sy gevolmagtigde staat Oekraïne, is Sjina besig om goud in werklik verstommende hoeveelhede bymekaar te maak.
Intussen berei BRICS-lande voor om hul nuwe globale reserwe-geldeenheid bekend te stel wat dollar-oorheersing sal uitdaag en wêreldwye afhanklikheid van die SWIFT-stelsel sal beëindig.
Dit beteken die dollar se dae is getel en seker dan ook die rand, want Suid-Afrika is een van die BRICS-lande: Brazilië, Rusland, Indië, Sjina and Suid-Afrika.