KORTNUUS

Weet u dat Nieu-Seeland pas nuwe wetgewing uitgebring het wat hulle owerheid toelaat om kinders van ouers weg te neem wat nie die gifinspuiting wou neem nie? Watter onmenslike ding om te doen! Daarmee bevestig die globaliste weer ‘n keer hoe ernstig hulle met hul duiwelsplanne is.

In Brittanje gaan dit nie veel beter nie; een van die provinsies, Oxfordshire, het besluit om hulle inwoners in sones toe te sluit kwansuis as gevolg van klimaatsveranderingredes. Dit weet ons, is ‘n verskoning vir ‘n kriminele daad. Oxfordshire County Council sê hulle doen dit om “die planeet te red van aardverwarming”! Verbeel jou dit! Hulle beplan ook om elektroniese hekke op sleutelplekke te plaas sodat inwoners binne hulle eie woongebiede moet bly.

Onder hierdie skema wanneer inwoners hul sone wil verlaat, sal hulle toestemming van die Raad nodig hê wat kan besluit wie vryheidswaardig is en wie nie – mens kan aanneem dat ingespuite persone voorkeur sal kry. Volgens die nuwe skema sal inwoners toegelaat word om hul sone 'n maksimum van 100 dae per jaar te verlaat, maar om selfs dit te kry sal elke inwoner hul motorbesonderhede by die raad moet registreer wat dan hul bewegings deur slimkameras rondom die stad monitor.

Dit kan en sal beslis in ander provinsies en ander lande herhaal word.

Kom ons net weer kyk wie is die twee leiers van hierdie twee lande: Jacinda Ardern, Eerste Minister van Nieu-Seeland, en Rishi Sunak, Eerste Minister van Brittanje, en hulle is albei skoliere van Klaus Schwab (WEF), Academy for Young Global Leaders (YGL). Die WEF se Akademie vir Jong Wêreldleiers.

In een van sy onlangse selfverheugende stellings, het Klaus Schwab gesê hoe trots hy was dat die WEF regerings regoor die wêreld kon deurdring en beheer. Ja, ook Suid-Afrika se swart korrupte regering.