‘n Ongekende maar verwagte situasie het in Rusland ontstaan. Alle Russiese TV- en radio-stasies is aangesê om alles te laat vaar en 'n toespraak deur president Vladimir Poetin op 21 Februarie uit te saai. TV- en radio-stasies is ook aangesê om te verwag dat die toespraak ongeveer 'n uur sal duur en dat alle stasies in Rusland die toespraak regstreeks moet dra.
Verskeie bronne glo dat dit waarskynlik die aankondiging van die formele uitbreek van die Derde Wêreldoorlog sal wees.
Daarby spog die Oekraïne se Minister van Buitelandse Sake, Kuleba, dat daar op 23 en 24 Februarie iets gaan plaasvind wat die hele wêreld gaan raak en dat Rusland niks daarvan gaan hou nie.
Uit Rusland is ook gehoor dat hulle geen moontlikheid sien om met die Europeërs oor enige kwessies saam te werk nie.
Volgens Covert Intel wat ook oor die Noorse Intelligensiedienste berig het, het Rusland vir die eerste keer sedert die Koue Oorlog nou taktiese kernwapens na hul Noordelike Vloot oorlogskepe begin ontplooi.
Dit het intussen bekend geraak dat die Amerikaanse weermag ammunisie nl uitgeputte uraan (DU) bestel het wat ontwerp is vir die Abrams-tenks wat Biden na die Oekraïne stuur. In die verlede het hierdie uraan kanker en geboortedefekte in Irak, Afghanistan en voormalige Joego-Slawië veroorsaak. Rusland beskou dit as 'n "vuil bom" en sal dus reageer op 'n "vuil kernbom" presies soos enigiemand hulle sou verwag – met kernbome.
Tans is kernbomme en hul afleweringstelsels op alle vlakke aan die beweeg. Dit word op skepe en trokke oral vervoer en die sigbaarheid daarvan veroorsaak geweldige spanning by die toeskouers.
Die verwagting is dat Poetin in sy toespraak op 21 Februarie die Weste 'n ultimatum en 'n datum sal gee. Daarna sal 'n staat van oorlog met die Weste waarskynlik begin. Talle Russiese skepe het reeds die hawe uitgevaar met vermoedelik aanvalsbevele. Sodra die aanval-sein gestuur word, sal hulle hul kernmissiele ontketen.
Europeërs word voortdurend aangesê om voorbereidings te tref met betrekking tot kos, water, medisyne, kragopwekkers met brandstof, kommunikasietoerusting, 'n plan vir die gesin waarin almal moet weet waar om te ontmoet, hoe om daar te kom en wat om te doen as sommige dit nie maak nie.
Dit lyk of Siener van Rensburg weer eens in die kol was toe hy in verband met die Derde Wêreldoorlog gesê het: “Hierdie keer staan Duitsland by Amerika, en ’n sterk Duitse mag tree op. En die oorlog sal dwarsoor die noordpool gevoer word. Van Ysland na Moskou en van Groenland en Alaska tot in Siberië.”
Suid-Afrika sal in ‘n mate geraak word, waarskynlik deur tekorte aan talle items, maar Goddank dat ons nie in die hoofstroom van die kernoorlog sal wees nie wat sal meebring dat Suid-Afrika weer sal herstel nadat ons plaaslike oorlog verby is, terwyl Europa tot 50 jaar kan neem om in so ‘n mate te herstel om selfs weer enigsins vrugbare grond te hê om op te kan voortbestaan. Die God van ons voorvaders sorg steeds vir sy kinders!