PRINS VAN DIE DONKER

Die man wat homself deesdae graag Koning Charles III van Engeland noem, het weer eens sy swak karakter teenoor sy volk gewys. Waar hy voorheen bekend was as ‘n voorstander van organiese boerdery en daarom soms selfs "Green King Charles" genoem is, het hy pas sy ondersteuners geskok en teleurgestel deur op 23 Maart 2023 toe te stem tot wetgewing van bio-tegnologiese ontwikkeling om die gene van diere en plante te verander. Die klaarblyklike doel hiermee is om nuwe gemanipuleerde spesies en bio-tegnologie-'voedsel' te skep.

Met hierdie stap het Charles 'n openlike daad van verraad gepleeg in die oë van alle bona-fide boere, en natuurlik in veral dié van organiese boere. Die maatskappy en wetgewing daaragter is “Die Genetiese Tegnologie Precision Breeding Act 2023”.

Hierdie stuk wetgewing sal vir eers uniek aan die VK wees, aangesien sulke diere- en plantbio-tegnologie-vervormings nie in die EU en baie ander lande toegelaat word nie. Nogtans onderskryf hierdie prins van die donker dié wetgewing in die wete dat talle ander lande dit as gevolg van sy goedkeuring, mettertyd sal aanneem.

Charles is reeds in konflik met die grondwet van sy land deur skouer aan skouer saam met Klaus Schwab te werk vir die bevordering van die Wêreld Ekonomiese Forum se 'Groot Herstel'. 

Op 6 Mei 2023, tydens sy kroning in Londen, sal Charles amptelik as monarg van die Verenigde Koninkryk en sy Statebond (kolonies) gekroon word. As die middelpunt van die kroningseremonie, sal Charles 'Die kroningseed' sweer, wat in wese sy trou aan die mense van Groot-Brittanje beloof en om die soewereiniteit van die land en sy tradisies te beskerm. Dit lyk of hy sy skynheiligheid met daardie inswering sal voortsit.

Maar as Charles nie sy verhouding met die Wêreld Ekonomiese Forum vóór hierdie datum verbreek nie, sal hy volgens wetgewing 'n daad van hoogverraad pleeg. Die implikasies hiervan is diepgaande en sal dit hom en sy hele land met mening tref. Die Britse volk het nog nie wakker geword van hulle lot nie (soos baie Afrikaners hier plaaslik.) Sou die waarheid van hierdie blatante skynheiligheid bekend raak, sal die toekoms van die Britse monargie inderdaad donker wees.

Die VK word amptelik erken as 'n 'grondwetlike monargie'. Met 'n onherroepbare Gemenereg-grondwet wat terug strek tot die Magna Carta van 1215, lê die ware politieke mag by die mense en nie by die parlement nie. Iets wat grootliks weggesteek is vir openbare kennis...

Die arme mense het 'n monarg nodig met 'n mate van durf en ‘n bietjie wysheid… (en ‘n bietjie kennis sal ook nie kwaad doen nie) net soos die mense van Suid-Afrika!