HET ENGELAND ‘N GRONDWET?

Vir interessantheid: dit kan voor kom of Engeland nie werklik ‘n grondwet het nie aangesien hulle wette en reëls nie in een geskrewe dokument gekodifiseer is nie. Die grondwet van die Verenigde Koninkryk is saamgestel uit die wette en reëls wat die instellings van die staat skep. Dit word ook bepaal deur die verhoudings tussen daardie instellings en die staat. Daar word graag gesê dat die verhouding tussen die staat en die individu ook ‘n rol daarin speel maar dit is net ‘n front om die bevolking gemaklik te maak.