DIE NUWE “NEW START” – OORLOG OP ONS DRUMPEL

In 2010 het Rusland en Amerika ‘n ooreenkoms aangegaan onder die titel “New START”. In die "New START”-verdrag word die aantal strategiese kernplofkoppe wat deur Rusland en die VSA ontplooi word beperk tot 1 550. Dit beperk ook die twee nasies tot 800 ontplooide en nie-ontplooide interkontinentale ballistiese missiel (ICBM) lanseerders, duikboot-gelanseerde ballistiese missiel (SLBM) lanseerders en kernkrag-bekwame swaar bomwerpers, asook tot 700 ICBMs, SLBMs en strategiese bomwerpers wat toegerus is om kernwapens dra. Dit klink baie ingewikkeld maar die kern van hierdie artikel gaan oor die onbetroubaarheid van die VSA.

Rusland het sy deelname aan die “New START”-verdrag – die laaste oorblywende kernkragooreenkoms met Washington – in Februarie vanjaar opgeskort omdat die Weste versoeke om kernkragfasiliteite te inspekteer geweier het al is dit ingevolge die verdrag toegelaat.

Rusland het die VSA in kennis gestel van sy besluit om deelname aan die "New START"-verdrag in beide mondelinge en skriftelike vorm op te skort, maar Moskou het tot dusver geen sodanige kennisgewing van Washington terug ontvang nie.

Rusland sê hy sal voortgaan om volgens die verdrag, die VSA in te lig oor sy ballistiese missiellanserings ondanks dat Moskou sy deelname aan die “New START”-verdrag opgeskort het: "Dit sal voldoen aan die basiese kwantitatiewe beperkings wat in die “New START”-verdrag vasgestel is, en sal voortgaan om die 1988-ooreenkoms oor die uitruil van kennisgewings oor missiellanserings te implementeer." En dit doen Rusland uit goeie wil.

President Vladimir Poetin het dié stap verduidelik en gesê dat die 2010-ooreenkoms onder ander omstandighede onderteken is, toe Rusland en die VSA mekaar nie as teëstanders beskou het nie.

Dat die VSA sy verpligtinge ingevolge die “New START”-verdrag geskend het toe hy geweier het om aan Moskou vroeër vandeesweek 'n tweejaarlikse verslag oor kernvoorraad te verskaf, is ‘n gegewe en voorspel dit net een ding:  hulle WIL oorlog met Rusland maak.

Ter afsluiting volg hier nog een van Amerika se talle leuens wat hulle hoop die wêreld sal glo: "Aangesien hulle [Rusland] geweier het om te voldoen ... het ons besluit om ook nie daardie data te deel nie." Dit was sommer net as agtervoegsel ingegooi om hulself nie so sleg te laat lyk nie, en hoop hulle om hiermee die wêreld te laat glo hulle is nie aandadig aan die oorsaak van die Derde Wêreldoorlog nie.

Die Woord van God leer ons dat die satan die vader van die leuen is, reg vanaf die begin. As ’n land se regering van leuens aanmekaar gesit is, kan dit mos nie anders as direk deur die satan geregeer word nie? En net soos die VSA deur ‘n sataniese regime oorheers word, word Suid-Afrika deur die duiwel self regeer. Bid dat God hulle sal verwyder sodat ons minstens hier weer ‘n Christenland sal word waarin God welkom sal voel!!