Die Vierde Industriële Revolusie: Die toekoms van KI, die verlede van Homo Sapiens?
“Moet ons toelaat dat masjiene ons inligtingskanale met propaganda en onwaarheid oorstroom? Moet ons al die werke outomatiseer, insluitend die vervullende? Moet ons nie-menslike gedagtes ontwikkel wat ons uiteindelik kan oortref, uitoorlê, ons uitgedien laat en ons vervang? Moet ons die verlies van beheer oor ons beskawing waag? Sulke besluite moet nie aan onverkose tegnologieleiers gedelegeer word nie ... Daarom doen ons 'n beroep op alle KI-laboratoriums om die opleiding van KI-stelsels wat kragtiger is as GPT-4 onmiddellik vir ten minste 6 maande te onderbreek.” – Future of Life Institute (22 Maart 2023)
Stel jou 'n wêreld voor waar jy nou jou probleme na 'n rekenaar kan neem en vind dat dit die beste terapeut is wat jy ooit gehad het! Waar die persoon aanlyn op grond van jou private gesprekke, die liefde van jou lewe kan wees maar in werklikheid nie menslik is nie! Waar elke professor, elke prokureur, elke skrywer, elke kunstenaar, speurder, geneesheer en argitek wat jy ooit ontmoet het, teen hierdie nuwe program opstaan want dit bedreig omtrent elke hoër inkomste-werk wat bestaan!
Dames en here, dit blyk dat hierdie oomblik uiteindelik aangebreek het ...
Die Kunsmatige Intelligensie-navorsingslaboratorium ‘OpenAI’, wat op 'n nie-winsgewende basis bedryf word, het die vrystelling van ChatGPT, 'n KI-kletsbot op 30 November 2022 aangekondig. Twee maande later is dit deur 100 miljoen gebruikers gebruik! En sedertdien het die getalle steeds uitgebrei.
Toe het Microsoft in Februarie 2023 aangekondig dat hy KI-tegnologie op dieselfde fondament as ChatGPT bou en dit in Microsoft Bing, Edge en ander produkte inkorporeer. Toe in Maart het die Future of Life Institute die handtekeninge van verskeie mense wat spesialiseer in kunsmatige intelligensie, gewerf en vir 'n "pouse vir ten minste 6 maande" in die ontwikkeling van post-GPT-4 KI-stelsels te vra.
Die vermoë om ons media verder aan te blaas met verkeerde inligting en disinformasie, die ontwrigting van die Arbeidslandskap en ja, selfs 'n aanval teen of ondermyning van die hele mensdom deur 'n kunsmatige stelsel wat deur ‘n mens se brein ontwerp is, is van die primêre bekommernisse. Of dit gekeer kan word is onwaarskynlik. Wat anders bly oor as om ons Skepper van hemel en aarde te pleit om ons in hierdie gevaar te beskerm?